31.10.2019 Views

Wildland Oktober 2019

• No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Drie nuwe jagters en nog drie

Braam senior en junior by jong Braam se

eerste bok

Nog n nuwe jagter word ingelyf in die

jagtersgemeenskap...

Deur Jan de Man

Goeie dag jagmaters ouer en jonger. Ja die jaar stap aan en

ons rerige jagseisoen is vir nog ‘n jaar iets van die verlede.

Ek weet nie van daar by julle

nie, maar hier by ons is

baie gejag – ook baie eerste

bokke; veral in en rondom

die winter- skoolvakansie! Behalwe vir

ons geborgde Wildland-kinderjagte

vir maters wat waarskynlik andersins

nooit so ‘n geleentheid sou kon kry nie,

neem ons ook baie ander kinders uit op

hulle eerste bok jagte; kinders wat wel

in jagtershuise grootword en van kleins

af leer van die natuur en skiet en jag.

Dis ook vir my ‘n spesiale voorreg om

dan saam met so ‘n gesin deel te wees

van hierdie kind se eerste eie jag! Ek het

besluit om vandag net drie van hierdie

jong maters se stories met julle te deel.

Al drie van hulle het hulle eerste bokke

saam met my op ‘n amperse stukkie

bosveldplaas tussen Vanderbijlpark

en Potchefstroom gejag…en soos

gewoonlik gaan ek hulle aan de woord

stel om die meeste self te vertel. Dis

immers hulle stories…stories wat hulle

vir altyd gaan onthou en koester. Kom

ons geniet hulle stories saam met hulle

en verlang dalk ook sommer weer ver

terug na ons eie eerste bokke en daardie

adrenalien…

Eerste aan die beurt is die 15-jarige

Braam Bence wat met sy eie presiese en

saaklike styl vertel van sy eerste bok wat

hy gejag het:

“Ek en my pa (Braam) en my

oom (Waldó) het op die 8ste

Junie 2019 na ‘n plaas toe gegaan

naby Lindequesdrift om my eerste

bok te skiet .

Ons het so 8 uur se kant daar

aangekom . Daar ontmoet ons vir

oom Jan, die gids, wat saam met

my sou uitgaan om my eerste

bok te gaan soek en jag . So by

9:30 se kant het oom Waldó ‘n

takbok geskiet . Ek en my pa sou

ook elkeen ‘n takbok skiet, My pa

het gesê dat ek die eerste een kan

skiet .

Ons het begin om die takbokke

te agtervolg, maar hulle wou net

nie saamwerk en iewers lank genoeg

stilstaan dat ons ‘n skoot kon

inkry nie . Toe besluit ons dat ek

‘n rooibok sou jag . Ons het hulle

kort-kort in die bos raakgeloop .

62 WILDLAND Oktober 2019

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!