31.10.2019 Views

Wildland Oktober 2019

• No tags were found...

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Magasyn

Die verwyderbare magasyn is van

die tipe waar die patrone nie presies

opmekaar gelaai word nie, maar halfpad

opmekaar. Dit maak dus van gesteierdestapeling

gebruik om meer spasie

aan die binnekant van die magasyn

te bewerkstellig, dus kan daar meer

patrone in die magasyn gehou word. Die

M18 wat ons getoets het kon vyf rondtes

in die magasyn hou, plus een in die loop.

Vir normale jagomstandighede in die

bosveld is ses rondes sekerlik genoeg. Ek

het nog nooit in my lewe meer as vier

skote agtermekaar in die bosveld geskiet

nie. Wanneer jy egter op die oop vlaktes

jag, is dit ‘n ander storie.

Mauser het met die magasyn van die

M18 ook ‘n interessante ding gedoen

deur die agterkant van die magasyn vir

korter kalibers soos die .308 Win, dikker

te maak en vir langer kalibers dunner.

Dit verseker dat die patrone mooi in

die magasyn pas en reg in die kamer

gevoer word.

Veiligheidsmeganisme

en sneller

Die veiligheidsknip is op die regter

agterkant van die romp geplaas en is

drie posisioneel, wat ‘n meer veilige laaien

ontlaai van die geweer bevorder.

Die sneller is verstelbaar en kan tussen

ongeveer twee tot vier pond verstel

word. Dit is egter ‘n tradisionele sneller

wat ver agter in die snellerbeuel geplaas

is. Ek verkies hierdie tipe van snellers

omdat my vinger makliker die regte plek

vind as daar vinnig geskiet moet word.

Die M18 is in die volgende kalibers

beskikbaar: .243 Win; .270 Win; 7mm

Rem Mag; .308 Win; 30-06 Springfield en

.300 Win Mag.

14 WILDLAND Oktober 2019

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!