31.10.2019 Views

Wildland Oktober 2019

• No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die skietbaan

Op die skietbaan van die jagplaas

Doornrand naby Baltimore in Limpopo

het ons die Mauser met die Minox op

sy rug, intensief getoets. Ek wou seker

maak dat die Mauser M18 sy roemryke

embleem gestand doen. Nadat ek

die eerste skoot geskiet het, was dit

duidelik dat die M18 pure Mauser is,

meer bekostigbaar ja, maar verseker is

dit ‘n produk uit die Mauser fabriek.

Nadat ons twee goeie groeperings van

ongeveer 27mm en 22mm geskiet het,

het ons aandag na die Minox verskuif.

Ek het die geweer se kolf hard op die

grond gestamp, geskiet en weer gestamp.

Die impakpunt het dieselfde gebly.

Ons het ook die verstellings van die

teleskoop getoets en dit het met elke

kliek min of meer verstel soos wat die

vervaardigers sê, naamlik ¼ MOA. Na

die verstellery, wat op die hoogte sowel

as op die windas gedoen is, het ons die

totale aantal klieks terug getel en weer

geskiet. Die eerste skoot en die laaste

skoot was ongeveer 15mm uitmekaar.

Ek was tevrede met die skietbaan

resultaat en het kans gesien om die wild

van Doornrand aan te durf.

Laaste Skoot

1 ste Skoot

27 mm Groepering

4 de Skoot

21 mm Groepering

2 de Skoot

3 de Skoot

Die jag

Doornrand is een van daardie jagplase

wat jy self moet beleef om dit ten volle

te waardeer. Ek is ‘n bosveld jagter. Ek

hou daarvan om in die bos te loop en

jag, maar ongelukkig moet ek erken dat

my aktiewe jag dae verby is. Ek is beslis

nie meer so ‘skerp’ soos in die verlede

nie. Ek los dus die jagwerk aan die seuns

oor, tot ek weer op Doornrand kom.

Dan is dit my beurt om die sneller te

trek. Een van hulle kan dan maar die

kamera hanteer.

Afgesien van die talle spesies, en baie

daarvan, wat op Doornrand voorkom,

is die akkommodasie uitstekend. ‘n

Moderne grasdakhuis met ses kamers en

vier badkamers is smaakvol ingerig. Dit

laat jou onmiddelik tuis voel. Die lapa

met sy swembad is die ideale kuierplek

na ‘n warm dag in die jagveld, of in die

aande om ‘n gesellige kampvuur. Hier in

die doodse stilte van die bosveld voel

die sterre so naby jou dat jy aan hulle

kan vat. Hier voel mens absoluut veilig.

Die hele huis word deur ‘n buffelkamp

met 80 buffels, wat ‘n ‘attitude’ het,

omring. Bewaar die een wat probeer om

ongenooid by hierdie huis op te daag.

Doornrand is sowat 12 kilometers

van Swartwater waar daar ‘n uitstekende

restaurant en pragtige golfbaan is.

Oppad na Swartwater is een van die

grootste kremetartbome in Suid-Afrika.

Dit is beslis die moeite werd om ‘n draai

18 WILDLAND Oktober 2019

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!