N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
3

Hoofstuk 1

Kommunikasie en die (moontlike) toekomstige kommunikatiewe rol van Afrikaans

1.1 Die historiese aanloop tot die 1993-situasie

Gedurende die twintigste eeu het die wereld vinnig verander en veral mi die Tweede Wereldoorlog,

het die Afrikascenario dramaties verander; onder andere is kolonialisme verwerp. Die koloniale

moondhede hethul Afrikakolonies ongeveer 'n eeu lankop 'n byna ongelooflikemanier gehandhaaf

deur slegs 'nklein blanke bevolking (gemiddeldminder as een persent van die inheemse bevolking)

daarop te plant. Die koloniale magte het hulself egter mettertyd aan Afrika onttrek en in die plek

daarvan het talle onafhanklike Mrikastate ontstaan en begrippe soos selfbeskikking,

meerderheidsregering, menseregte, een-mens-een-stem het nuwe betekenis gekry. Die Afrikaan

was ook nie langer tevrede met sy lot nie, nasionale ontwaking het oral plaasgevind en byna oornag

het 'n nuwe Afrika as deel van 'n Derdewereld te voorskyn gekom.

Die ontwaking van Swart Nasionalisme en die eis om gelyke regte het ook in Suid-Afrika

momentum gekry. Die politieke toneel was sedert die koms van die Engelse gedurende die

Napoleontiese tydperk totaal oorheers deur Engels-Afrikaanse rusies en konfrontasies en swart

wit verhoudings is grootliks verontagsaam.

Suid-Afrika het in 'n dilemma verkeer: dekolonisasie soos in die res van Afrika (onttrekking van

die blanke bewind of oorheersing) was onmoontlik omdat die +/- 5 miljoen blankes (en by verre

die kleinerpersentasie van die totale bevolking) deurdie loop van die eeue los van Europa ontwikkel

het. Belangrike kontak met Europa is weens die geografiese afsondering belemmer. Die blankes

in Suid-Afrika het onskeidbaar deel van Afrika geword. Die tradisionele patroon van die

kontaksituasie tussen wit en swart identiteite blyk vandag nie meer aanvaarbaar te wees nie. Dit

beteken dat nuwe aanpassings in die kontaksituasie, waarvoor nie een van die bevolkingsgroepe

in Suid-Afrika voorberei was nie, betreklik vinnig gemaak moes word.

Op geen ander terrein is die dilemma so intens as op die politi eke gebied nie. Die blanke Westerse

identiteit is polities gefundeer op, en deurweef met die demokratiese stelsel, terwyl die swart

identiteit dit nooit geken het nie. Nogtans word daar geweldige interne, sowel as wereldwye druk