01.05.2013 Views

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

14

Hierdie aspekte van kommunikasie is die hart en siel van 'n taal, want sonder taal is die mens se

kommunikasie beperk en staties. Met taal kom alles in beweging, maar is daar ook nog 'n groot

grysgebied: die taal agter die woorde (metataal). Metataal is 'n taal wat binne ons gewone

taalgebruik verskuil is en wat by die hoorder 'n intuttiewe aanvoeling, die vermoede dat die spreker

nie regtig bedoel wat hy se nie, wek.

1.4 'n Perspektief op die (moontlike) toekomstige kommunikatiewe rol van Afrikaans

Binne die raamwerk van wat oor die toekoms van Afrikaans en die toekoms van Suid-Afrika geglo

word, kan 'n scenario geskets word. Omdat 'n scenario op hoop en vermoede gegrond is, en nie

op die werklikheid nie, beteken 'n toekomsprojeksie natuurlik nie dat dit die enigste moontlikheid

is nie.

lohan Vosloo (Rapport, 11 Augustus 1991 : 11) se aktuele artikel oor kommunikasieprobleme in

die "Nuwe" Suid-Afrika, naamlik: "Wag nog 'n geslag van die Nooitverstaan?", spreek die

grondliggende probleem van apartheid, andersheid, afsydigheid en bevooroordeeldheid van al die

inwoners van die land aan. Kan daar met die uitgangspunt van" ... sal hulle tog nooit verstaan nie."

en" ... dis anderste mense, die. Vergeet verstaan. Hulle verstaan jou buitendien ook nie.", werklik

kans gesien word vir gelyke verkeer met die anderskleurige? Of wedersydse begrip haalbaar is, bly

debatteerbaar.

Binne die siening van taal as 'n kommunikasiemiddelle die sleutel, naamlik "verstaan" tot die

beswering van die "Groot Misverstaan" deur 'n wedersydse grondiger kennis van die betrokke

tale.

1.4.1 Afrikaans: die brug en brugbouer tussen tale en kulture in 'n "post-Apartheidsera"

1.4.1.1 Afrikaans kan dien as brug tussen tussen taal-, kultuur- en etniese groepe

Mnr. H.O.Terblanche van die Departement Geskiedenis aan die Universiteit van Port Elizabeth

skryf in 'n artikel (Oosterlig, 11 November 1992 : 4) onder die opskrif" Afrikaner moet uitreik oor

politieke en kleurgrense" dat daar van die "blanke" Afrikaners" ... verwag word om skakeling te

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!