N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
i

Opsomming

Hoofstuk Een is 'n historiese oorsig van hoe die verwerping van koloniale oorheersing elders in Afrika

diekontaken verhouding tussen die "wit" en "swart" inwoners van Suid-Afrika onder die soeklig geplaas

het. Die talle probleme wat uit die kontaksituasie spruit, kan gereduseer word tot die identiteitskrisis wat

"wit" en "swart" in 'n multitalige land beleef. Die Suid-Afrikaanse gemeenskap het In dringende

behoefte aan die normalisering van die verhoudings, vera! deur middel van kommunikasie, tussen die

kulturele- en taleverskeidenheid.

In Hoofstuk Twee word daar gekyk na die historiese agtergrond, linguistiese eienskappe, gebruik en

funksies en die verspreiding van die tien vemaamste tale waaruit die Suid-Afrikaanse talegemeenskap

bestaan. Die diversiteit van tale genereer en kompliseer die debat wat tans oor 'n taalbeleid vir 'n

toekomstige nierassige Suid-Afrika gevoer word.

Die geografiese, sosiale, historiese en kulturele faktore wat taalverspreiding bevorderof teenwerk, word

in Hoofstuk Drie belig. In 'n veranderende Suid-Afrika, waar op regstellende aksies aangedring word,

kan daar verwag word dat Afrikaans as gevolg van sy bevoorregte posisie onder politieke druk geplaas

sal word.

Vir die Afrikaanssprekende Afrikaners, as een van die hoofrolspelers in die polemiek oor die

voortbestaan en status van Afrikaans in 'n "post-Apartheidsera", het dit 'n pynlike proses van

selfondersoek gebring. In Hoofstuk Vier word daar gekyk hoe die "blanke", "anderskleurige", "swart"

en "Asiatiese" Afrikaanssprekende Afrikaner sy moedertaal tot op hede ervaar het. Die argumente vir

en teen, sienings van, en pleidooie vir 'n hereniging van Afrikaanssprekende Afrikaners tot 'n groter

mags basis word belig.

Die moontlike toekomstige status en funksies van Afrikaans word in Hoofstuk Vyfvanuit die huidige

status, funksies en houdings geprojekteer. Die standpunte oor bogenoemde sake word vanuit 'n wye

spektmm van akademici, kultuurgroeperinge, politieke leiers sowel as niemoedertaal-sprekers van

Afrikaans van die talegemeenskap van die RSA op 'n moontlike scenario gefokus.