N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

26

Dit werk verde lend omdat multikulturalisme groepsverskille beklemtoon en in die proses' n

soort omgekeerde rassisme aanwakker.

Politiek oorheers alles. Daar is geen konsensus oor standaarde van byvoorbeeld die estetiese

nie. Tekste word net weens hul politieke relevansie bestudeer.

Multikulturalisme suggereer dat net swartes die "swart" ervaring kan verstaan, ens.

Prof. Elwyn Jenkins (Eastern Province Herald, 22 Augustus 1992 : 2) het in sy Dugmore

gedenklesing die vraag gestel of taal in die toekoms sinoniem vir ras sal word. Hy (prof. Jenkins)

glo nie dat kultuurgroepe hul eie identiteit kan behou sonder om ander kulture te bedreig nie. Die

status wat tale in 'n "post -Apartheidsera" gaan beklee, kan daartoe aanleiding gee dat" ... racism

could be replaced by lingualism."

Sover dit Afrikaans in 'n multikulturele Suid-Afrika betref, moet daar veral aandag gegee word

aan die negatiewe faktore wat die onderrig van Afrikaans beperk. Die Komitee vir die Vernuwing

in die onderrig van Mrikaans het bevind dat die gefragmenteerde taal- en letterkundestudie,

gebrekkige taalgebruiksvaardighede, onvoldoende ontleding van leerders se werklike

kommunikasiebehoeftes en negatiewe oorbeklemtoning van eksamens van die oorsake is wat vir

die gebrek aan entoesiasme vir Afrikaans as skoolvak verantwoordelik is. Die komitee beveel dus

aan dat: "Afrikaans .,. onderrig (behoort) te word met spesifieke verwysing na sy plek en rol binne

Suid-Afrika se veeltalige en multikulturele werklikheid. 'Korrekte' Afrikaans behoort teen

'gepaste' Afrikaans opgeweeg te word." (Oosterlig, 8 Oktober 1992 : 5)

Afrikaners sal vorentoe met kleurlose brille na mekaar moet kyk en wat die toekoms van Afrikaans

betref sal daar nie net vir die huidige met mede-Afrikane gekommunikeer moet word nie. Tereg

beweer Van Niekerk (1988: 217): "Communication must be for the present as well as for the

future."