01.05.2013 Views

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

68

Tot op hede was daar nog geen gesaghebbende aanduiding van 6f die verandering 6f die behoud

van die taalkundige bedeling soos dit tans daaruitsiennie. Verskeie akademici, kultuurgroeperinge,

politieke leiers, asook moedertaal- sowel as niemoedertaalsprekers van Afrikaans het hul

standpunte oor die posisie van Afrikaans in 'n "post-Apartheidsera" gestel. By gebrek aan die

verkonkretisering van enige van die gestelde standpunte word die status quo dus nog steeds

gehandhaaf. Du Plessis (1991: 56 - 179) wys op die verskil tussen taalbeleid en taalbeplanning

en bespreek dit aan die hand van verskeie teoriee,

Daar kan dus oor die toekomstige status en funksies van Afrikaans slegs gespekuleer word. Die

standpunte vanuit 'n wye spektrum van die talegemeenskap fokus die aandag op die persepsie wat

daar oor Afrikaans bestaan. Ongegronde profesiee daarenteen dui (volgens ondersoeker ) op

subjektiwiteit en politieke voorkeur.

Combrink (1991 : 101) meen dat die tipe uitspraak wat in 1990 deur min. Gerrit Viljoen gemaak

is, naamlik:

"Ek sien nie dat Afrikaans as 'n verhandelbare bedingingsinstrument op die tafel geplaas

gaan wordnie ... Die TaaiAfrikaans, dierol van Afrikaans endiemense watAfrikaans praat,

is te groot in ons geskiedenis dat 'n mindere posisie selfs oorweeg kan word",

die taalgemeenskap met skeptisisme vul. Die destydse minister van Onderwys, min. Piet Claase,

was nog enger in sy uitspraak oor die toekoms van Afrikaans. Vir hom was die status van Afrikaans

"ononderhandelbaar". (Combrink, 1991 : 101)

Ongegronde profesiee was nie almal ten gunste van die status quo van Afrikaans nie. Combrink

(1991 : 101) wyS ook op die standpunt van Fanie Olivier jr., naamlik:

"Reali sties beskou, is daar geen twyfel dat Suid-Afrika uiteindelik net een amptelike taal

gaan be nie, naamlik Engels."

Ook Neville Alexander (1989 : 26) spreek hom, in die sterkste taal moontlik, uit teen die

aanbeveling van dr. K. Prinsloo (Direkteur van die RGN se Instituut vir Linguistiese en Kulturele

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!