01.05.2013 Views

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

36

e) Ook die vaktale het gegroei en daar het alreeds ongeveer 100 vakkundige woordeboeke die

lig gesien. Van Rensburg, Du Plessis en Klopper (1989: 144) is van mening "( ... ) die skep

van 'n Mrikaanse vaktaal - wat nog steeds voortduur - bly een van die grootste prestasies

en uitdagings. Dit is terselfdertyd ook een van die sterkste verskansings teen die moontlike

verdwyning van Afrikaans."

1) Die publikasie van verskeie woordeboeke en vera! die W oordeboek van die Afrikaanse Taal,

waaraan al sedert 1926 gewerk word, standaardiseer die gebruik van Afrikaans.

g) Die gebruik van Afrikaans oor die radio en televisie bring die taal oraloor in kontak met

sprekers sowel as nie-sprekers.

h) Afrikaans is 'n volwaardige taal van die onderwys, godsdiens, ekonomieen die wetenskappe.

As gevolg van die standaardisering van Afrikaans het die taal 'n hoe graad van aanvaarbaarheid

in 'n wye veld in Suid-Afrika behaal.

2.1.5 Die verspreiding van Afrikaanssprekendes

(Gebaseer op inligting vervat in Language Atlas of South Africa: 1990)

Die meeste gebiede in die Kaapprovinsie waarmeer as 80% van die inwoners Afrikaans as huistaal

gebruik, kom in die Weskaap voor. In die Kaapse Skiereiland self wissel die persentasies tussen

20% en 80%. Die sentrale, noordoostelike en oostelike dele van die Kaapprovinsie vertoon

dieselfde patroon, maar die streke oos van Port Elizabeth vertoon 'n baie lae konsentrasie

Afrikaanssprekendes.

In die Oranje-Vrystaat is tussen 20% en 80% van die inwoners van Bloemfontein en omstreke

asook die gebiede suidwes van Bloemfontein (Edenburg, Bethulie, Philippolis, Fauresmith,

Koffiefontein, Jacobsdal, Petrusburg en Jagersfontein) se huistaal Afrikaans, terwyl in die res van

die Vrystaat minder as 20% van die inwoners Afrikaans as huistaal gebruik.

In die hele Natal is tussen 0,1% tot 20% van die inwoners se huistaal Afrikaans, met die

uitsondering van die Newcastle-area waar tussen 20% en 40% Afrikaanssprekendes woonagtig is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!