01.05.2013 Views

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

61

Afrikaanssprekende 'n pleidooi om vergifnis, aanvaarding, rekonsiliasie en hoop vir die toekoms

binne 'n breer Suider-Afrikaanse verband. Teen die tyd weet die "blanke" Afrikaners seker wat

hulle van hulself en van mekaar dink.

In die artikel "Hoe sien ander die Afrikaner", (De Kat, Januarie 1991 : 59) word daar nie altyd te

lofwaardig en admirerend na die aard van die (blanke) Afrikaner verwys nie. Vol gens die artikel

verwys Arthur Conan Doyle in sy hoek, The Great Boer War, na die boer as 'n produk van sy

Hollandse en Franse-Hugenote-herkoms as: ''The product must obviously be one of the most

rugged, virile, unconquerable races ever seen upon the earth." - 'n aanhaling wat in latere jare vir

die (blanke) Mrikaner 'n innerlike "motto" ten opsigte van sy voortbestaan. Ian Flemming

daarenteen, is minder vleiend teenoor die Afrikaner in een van die boeke in sy James Bond-reeks,

getiteld, Diamonds are Forever. "He despised all Afrikaners ... they are a bastard race, sly, stupid

and ill-bred." Selfs Andre P.Brink noem die Afrikaner in 'n artikel, ''The Afrikaners", in die

National Geographic, ''The stubborn white tribe." (Brink, 1988: 564)

Die "blanke" Afrikaner openbaar in baie gevalle 'n natewe laertrekmentaliteit wanneer hy van

buite sy kultuurof geografiese grense bedreig word. Om hierdie rede is Harrison (1990: 3) se"( ... )

attempt to tackle the Afrikaner on his home ground, to probe some of his attitudes by going back

to the events which helped form them and to the people who understand them.", met wantoue en

onwilligheid om die "Bloody British Communists" te woord te staan, begroet.

Vincent Crapanzalo, (1986 : x) 'n antropoloog, som die Afrikaners op as "( ... ) not ( ... ) people who

suffer domination but people who dominate." Hy se verder dat hy bekommerd is oor "( ... ) social

entrapment - with the way in which a people's understanding of themselves, their world, their past

and their future limits their possibility."

4.2 Die "anderskleurige" Afrikaanssprekende Afrikaners

Volgens Grobler, Prinsloo en Van der Merwe (1990 : 9) was daar met die 1980-sensus 2,2 miljoen

bruin mense, 77 duisend swart mense en 15 duisend Indiers wat Afrikaans as huistaal gebruik. Tot

onlangs toe is daar nie juis veel erkenning gegee aan die bydraes in Afrikaans deur die

"anderskleurige" Afrikaanssprekende Afrikaners nie. Steyn (1980 : 60) wys juis daarop dat die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!