N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
N POST-APARTHEIDSERA IN SUID-AFRIKA MET SPESIFIEKE ...
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
52

meganismes, net 'n paar moontlike strategiee wat aangewend kan word. Hierdie strategiee sal dan

ook in verskeie tale in die wereld voorkom. Volgens Downes (1984 : 21) openbaar histories

onverbonde en geografies verwyderde tale soms dieselfde patroonmatighede. Downes noem in

hierdie verband die gelyksoortige morfologiese en sinstrukture wat daar in Eskimo, in die meeste

aboriginese tale van Australie en in die taal van die Kaukasiers van Kaukasie voorkom. Die

postmorfeme van die woorde in hierdie tale hou verband met die wie wat doen. In die RSA kom

dieselfde verskynsel in sommige Kintutale voor.

3.3 Geografiese/sosiale en historiese aard van taal

3.3.1 Geografiese/sosiale aard van taal

'n Volgende rede vir die variasies watin tale voorkom, is histories en sosiaal van aard. Spraak word

voortgebring deur lede van sosiale groepe wat geografies geskei is, en verwant is binne ruimte en

tyd. Volgens Downes (1984 : 21) is ruimte en tyd onontbeerlik ten opsigte van die groei van 'n taal.

Om sy standpunt ten opsigte van die geografiese gebondenheid en ook die geografiese afsondering

van 'n dialek van 'n taal te illustreer, maak hy gebruik van 'n grafiese kontinuum. (Sien Bylaag

5). Hierdie kontinuum is ook van toepassing op die verspreiding van tale en hul dialekte in Suid

Afrika. Veral die Afrikaanse spreektaal en sy dialekte is geografies en histories intensief nagevors.

M. van Rensburg (1990 : 68) verwys na die driedeling van Vroee Afrikaans, naamlik Kaapse

Afrikaans, Oosgrens-Mrikaans en Oranjerivier-Afrikaans. Hoewel Standaardafrikaans

normgewend ten opsigte van die gesproke taal in Suid-Afrika funksioneer, is daar tans meer

herkenbare spraakverskille ten opsigte van geografiese gebiede as watdie gemiddelde taalgebruiker

van bewus is, naamlik:

Oosgrens-Afrikaans

Oranjerivier -Afrikaans

Boland-Afrikaans

Oranje-Vrystaat-Afrikaans

Transvaal-Afrikaans

Namakwaland-Afrikaans

Kaapse Afrikaans

Richtersveld-Afrikaans, ens.