01.05.2013 Views

historiese perspektiewe op die verhouding tussen die nederduitse

historiese perspektiewe op die verhouding tussen die nederduitse

historiese perspektiewe op die verhouding tussen die nederduitse

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

die drieparty-alliansie, poog dikwels om politieke besluite te beïnvloed met die oog op ‘n

meer gebalanseerde verspreiding van hulpbronne. Sosiale en ekonomiese ongelykheid lei

dikwels tot groot kritiek teenoor die spandabelrigheid van leiers. Godsdienstige leiers

word veral gekritiseer wanneer daar gevoel word dat hulle lewenswyses nie ‘n simpatieke

beeld na armlastiges uitstuur nie. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is onder andere die

bekende pastoor Ray McCauley van die Rhema Kerk in Suid-Afrika wat veral vanweë ‘n

spandabelrige lewenswyse en ‘n berugte voorliefde vir peperduur wyn en kossoorte

gekritiseer word. 61

Alhoewel Marxistiese filosofie baie krities teenoor die rol van godsdiens in samelewings

staan, is sekere eienskappe van veral die antieke Christelike kultuur sterk in ooreenstemming

met Marxisme, soos die byna anti-kapitalistiese lewenswyse van die eerste

Christene. Die filosoof Karl Marx (1818-83) het weinig oor godsdiens geskryf, maar het

die Christelike geloof in die konteks van die onderdrukkende aard van kapitalisme

verklaar. Die boodskap van saligheid na die dood wat deur Christene verkondig word, is

daarvolgens ‘n suksesvolle filosofiese meganisme waarmee ‘die massas’ onderdruk

word. Die kapitalisitiese stelsel laat die armstes glo dat aardse voorspoed onbelangrik is

en sodoende word die arm werkersklas uitgebuit vir winsbejag. Vandaar die gevolgtrekking

dat godsdiens ‘n spreekwoordelike ‘dwelmmiddel’ is. Marx het godsdiens met

opium vergelyk. Dit staan dus in verband met ‘pynverligting’ van ‘n terminale ideologie,

naamlik die kapitalisme. 62

Die filosoof Friedrich Engels (1820-95) het ooreenkomste in antieke Christene se

lewensbeskouinge en kommunisme gesien. 63 Die gedagte dat antieke Christene ‘n antikapitalistiese

lewensbeskouing gehandhaaf het, is nie vergesog nie. ‘n Bekende uitspraak

wat Christene aan Jesus toedig, is dat Jesus na bewering gesê het dat dit “makliker vir ‘n

kameel (is) om deur die oog van ‘n naald te beweeg as vir ‘n ryk man om die koninkryk

61

R. van Rooyen, “‘Bail Rhema’s Ray out of debt’”, , 24.08.2009.

62

D. Turner, Marxism and Christianity, p. 1; A. Scarfe, “Communism and Christianity” in A. Scarfe en

P. Sookhdeo (reds.), Christianity and Marxism, pp. 31-36.

63

Scarfe en Sookhdeo (reds.), p. 35. ‘n Bekende voorbeeld van die byna anti-kapitalistiese uitsprake

van Jesus is te vind in die bergprediking, soos dit in die evangelie van Matteus, hoofstukke 5 tot 7,

beskryf word. Jesus word aangehaal waar hy na bewering die mense geleer het dat hulle moes ophou

bekommerd wees oor wat hulle moes eet, drink en aantrek en slegs op die genade van God staatmaak.

Alhoewel hierdie lewensingesteldheid die klem op die Christen se vertroue in God plaas, is die

uitvloeisel daarvan dat die strewe na aardse oorvloed nie God se wil vir die mensdom is nie.

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!