02.05.2013 Views

Marisa de Villiers

Marisa de Villiers

Marisa de Villiers

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.4.1.4 Coping

Volgens Endler en Parker (1990) speel copingstrategieë- of style 'n belangrike rol in 'n

individu se fisiese en sielkundige welstand wanneer hy/sy gekonfronteer word met

negatiewe of stresvolle gebeure. Coping word gedefinieer as 'n individu se konstant

veranderende kognitiewe en gedragspogings om spesifieke eksterne en/of interne

eise wat hoë eise aan die individu se hulpbronne stel of dit oorskry, te hanteer

(Endler & Parker, 1990; Lazarus & Folkman, 1984; Lazarus & Launier, 1978). Daar is drie

sleutelkwessies saamgevat in hierdie definisie. Eerstens is dit prosesgeoriënteerd wat

beteken dat dit fokus op wat die individu in der waarheid dink en doen in 'n stresvolle

situasie en hoe dit verander namate die situasie ontvou. Tweedens word coping as

kontekstueel gesien - dit word beïnvloed deur die persoon se taksering van die werklike

eise in die situasie en die hulpbronne om dit te hanteer. Die klem op konteks dui daarop

dat die bepaalde individu en die situasie se veranderlikes gesamentlik die copingpogings

bepaal. Derdens word geen aannames gemaak ten opsigte van wat goeie of swak coping

behels nie. Coping word slegs gedefinieer as die individu se pogings om eise te hanteer,

ongeag of die pogings suksesvol is of nie (Folkman, 1984; 1991; Folkman, Lazarus,

Dunkel-Schetter, DeLongis & Gruen, 1986; Lazarus, Kanner & Folkman, 1980).

Coping het twee hooffunksies: om stresvolle emosies te reguleer (emosie-gefokusde

coping) en om die problematiese individu-omgewingsverhouding wat die stres

veroorsaak, te verander (probleemgefokusde coping). Daar bestaan bewyse dat beide

soorte coping in stresvolle situasies gebruik word. Die relatiewe proporsie van elkeen word

bepaal deur die taksering van die situasie. Coping word dus as 'n kritiese faktor in die

verhouding tussen stresvolle gebeure en aanpassingsuitkomste, soos depressie,

sielkundige simptome en somatiese klagtes beskou (Folkman, 1984; 1991; Folkman,

Lazarus, Dunkel-Schetter, DeLongis & Gruen, 1986).

Lazarus en Folkman (1984) se probleem- en emosiegefokusde formulering van coping is

wyd bekend en nagevors. Hiervolgens verwys probleemgefokusde coping na pogings wat

50

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!