02.05.2013 Views

*Distell Afr Ð Accounts

*Distell Afr Ð Accounts

*Distell Afr Ð Accounts

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

verantwoordelikheidsvestiging. Finansiële beheer sluit

ook standaard koste- en begrotingsbeheermaatreëls en

omvattende bestuursverslaglewering in.

Die groep se tesourie-afdeling is verantwoordelik om

blootstelling aan risiko’s wat verband hou met rentekoerse,

likiditeit en valutatransaksies te beheer en te verminder.Tesourie-funksies

en besluite daaroor word gerig

deur skriftelike beleid en prosedures asook deur duidelike

goedkeuringsvlakke en vasgestelde perke vir risikoaanvaarding.

Hoewel afgeleide instrumente periodiek

gekoop word om bepaalde blootstellings aan rentekoerse

of valuta te verskans, gaan die groep se tesourie-afdeling

nie spekulatiewe finansiële transaksies aan nie.

Gereelde monitering, met inbegrip van formele bestuursbeoordeling

van beheer, interne oudittoetsing en eksterne

oudits, word toegepas om die doeltreffendheid van hierdie

stelsels en die nakoming daarvan, te bepaal. Die resultate

van hierdie beoordelings word aan bestuur en die

ouditkomitee vir oorweging gerapporteer en, waar nodig,

word regstellende stappe gedoen.

Bedryfsbeheermaatreëls

Die groep het ’n gepaste infrastruktuur geskep om risiko’s

wat met bedryfsaktiwiteite verband hou pro-aktief te

bestuur, binne aanvaarbare risikoperke. Dit maak

voorsiening vir toepaslik gekwalifiseerde persone, stelsels,

prosedures en beheermaatreëls, goedkeuringsvlakke, die

verdeling van pligte, toesighouding en bestuursverslagdoening.

Die bestuur van bedryfsrisiko’s maak voorsiening vir

besigheidshervatting, gebeurlikheidsbeplanning en

voorkomende maatreëls.

Die doeltreffendheid van hierdie beheerstelsels en die

nakoming daarvan word deur gereelde bestuurstoesig,

deur middel van kontrolelyste en interne oudittoetsing,

bepaal.

Risikobestuur

Risikobestuur in Distell is daarop gerig om alle

bekende vorms van risiko regdeur die groep te

identifiseer, te beoordeel, te bestuur en te moniteer.

Bestuur, bygestaan deur onafhanklike kundiges, is

betrokke by ’n voortdurende proses waarvolgens

omvattende risikobestuurs- en beheerriglyne (vir die

identifisering en bestuur van risiko’s) ontwikkel en

uitgebrei word.

Wesenlike risiko’s geniet die deurlopende aandag van die

direksie en word aangespreek in jaarlikse besigheidsplanne,

wat deur die direksie goedgekeur word.

’n Sentrale risikobestuurskomitee, wat aan die ouditkomitee

verslag doen, is verantwoordelik om beleid en

prosedures in verband met risikobestuur en risikofinansiering,

met inbegrip van eie-versekering, te bepaal.

Die komitee hou toesig oor die bedrywighede van

gedesentraliseerde risikobestuur- en verliesbeheerdepartemente.

Die bestuur van bedryfsrisiko’s, ’n lynfunksie,

vind plaas ooreenkomstig die beleid en standaarde wat die

komitee bepaal. Prestasie word op gereelde grondslag

bepaal, by wyse van onafhanklike risiko-oudits wat deur

’n sentrale risikobestuursfunksie, bygestaan deur

onafhanklike kundiges, uitgevoer word.

Die belangrikste risiko’s waaraan die groep tans

blootgestel is, hou verband met wetgewing, die voorsieningsketting,

die fisiese omgewing, vaardighede en

menslike hulpbronne, tegnologie en valuta- en rentekoerse.

Hierdie risiko’s word in aanmerking geneem in

die groep se geïntegreerde risikobestuursprogram.

Direkteure se verantwoordelikhede vir finansiële

verslagdoening

Die Maatskappywet, 1973, vereis van direkteure om

finansiële jaarstate vir elke finansiële jaar op te stel wat

die stand van die maatskappy en die groep, en die wins

en verlies vir die periode, redelik weergee.

Klipdrift Premium

brandewyn

verpersoonlik jare-

oue vakmanskap,

kennis en tradisie –

’n gepaste beloning

vir en erkenning van

wat jy in die lewe

bereik het.

13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!