02.05.2013 Views

*Distell Afr Ð Accounts

*Distell Afr Ð Accounts

*Distell Afr Ð Accounts

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Distell se primêre belanghebbers is nie tot beleggers

beperk nie, maar sluit ook werknemers, klante,

verbruikers, verskaffers, die regering en gemeenskappe

landswyd in. In die verslagjaar het kontant wat vir uitkering

aan belangegroepe beskikbaar was, met 4%

gestyg tot R4 800 miljoen, waarvan R1 100 miljoen

aan belasting aan die regering, R3 000 miljoen aan

verskaffers en R500 miljoen aan werknemers betaal is.

Die opbrengs vir beleggers het met 42% gestyg tot

R150 miljoen.

In die daadwerklike strewe om rykdom te skep, erken

ons die nodigheid daarvan om ’n ewewig te handhaaf

tussen die verwagtinge van ons primêre belanghebbers

en die breë gemeenskap, sodat ’n positiewe netto

uitwerking op die gemeenskap verseker is.

Ons het ’n direksiebeleid en -program oor etiese

gedrag aanvaar wat op uitvoerende direksievlak bestuur

word ten einde strategiese fokus en ’n verbintenis tot

goeie korporatiewe burgerskap te verseker. Inisiatiewe

word geïdentifiseer wat die belange van die breë

gemeenskap dien, volhoubaar is en logies inpas by

Distell se bedrywighede, terwyl dit terselfdertyd waarde

vir aandeelhouers toevoeg.

Kuns en kultuur

Suid-Afrikaanse kultuur word ten dele omskryf deur

die diversiteit van artistieke uitdrukking van sy baie

gemeenskappe.Terwyl die kunste geen regverdiging vir

hul bestaan nodig het nie, is dit nietemin ’n werklikheid

dat hulle sonder korporatiewe ondersteuning krag sal

inboet. Baie van Distell se produkte het oor ’n lang

tydperk ’n rol daarin gespeel om sowel die uitvoerende

as die beeldende kunste in Suid-Afrika te bevorder.

Aan die kern van ons program is egter ondersteuning

vir die uitvoerende kunste deur middel van die Distellstigting,

wat besondere klem op ontwikkelingsprojekte

plaas.

In die somer bied die Oude Libertas-amfiteater

geleenthede aan nuwe uitvoerende kunstenaars en

moedig die ontwikkeling aan van inheemse werke soos

die veelgeprese toneelstuk Vatmaar deur AHM Scholtz.

Kruisbestuiwing van verskillende kulture word

bevorder in werke soos Ons Kruis Paaie, waar

kunstenaars uit Nederland en Suid-Afrika saam

opgetree het by Oude Libertas en ook in Amsterdam.

Athol Fugard se toneelstuk Sorrows and Rejoicings is

geborg vir produksies plaaslik en in Londen, en het

groot byval gevind.

Distell borg produksies by die meeste kultuurfeeste in

Suid-Afrika. ’n Hoogtepunt was die borgskap van die

Boogprojek, met die tradisionele boog (mbira) en

klassieke strykinstrumente in musiek van inheemse en

Europese oorsprong. Die New Africa Theatre

Association, die Cape Town Theatre Laboratory en die

Ikhaya-kultuurfees word ondersteun omrede die

opwindende ontwikkelingsgeleenthede wat hulle bied.

Jazzart Dance Theatre ontsluit talent in landelike

gebiede, waar die heersende armoede so dikwels dit

moeilik maak om potensiaal te verwesenlik.

Opera en musiek word ondersteun deur borgskappe vir

die Kaapse Filharmoniese Orkes, klassieke musiekkonserte

en meesterklasse, asook vir uitvoerings deur

internasionale uitvoerende kunstenaars soos Angela

Gilbert en Cesaria Evora. Die jaarlikse Fleur du Capteatertoekennings

gee broodnodige aanmoediging en

erkenning aan talent in die plaaslike teater.

Transformasie

Distell aanvaar die verantwoordelikheid om ’n leidende

rol daarin te speel om die Suid-Afrikaanse wyn-enspiritualieëbedryf

te omvorm tot ’n internasionaal

doeltreffende mededinger wat ten volle verteenwoordigend

van alle Suid-Afrikaners is. Ons het dus ’n aantal

projekte onderneem wat daarop gemik is om historiese

wanbalanse op ’n doeltreffende, volhoubare wyse reg te

stel.

Op Papkuilsfontein, die wynplaas van 1 000 hektaar

naby Darling aan die Weskus, doen die wingerde hul

vroeë belofte gestand om druiwe van hoogstaande gehalte

vir Distell-handelsmerke te lewer. Terselfdertyd

oes Papkuilsfontein se eie Tukulu-handelsmerk steeds

plaaslik en internasionaal lof in, veral met Tukulu

Pinotage. ’n Program vir die oordrag van vaardighede

sal daartoe lei dat die aandeelhouers uit die

Maatskaplike verslag

Klipdrift Export

is een van

daardie dinge

wat dit lekker maak

om Suid-Afrikaans

te wees –

die weer,

die sport,

die braai,

die mense . . .

die gees.

25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!