02.05.2013 Views

*Distell Afr Ð Accounts

*Distell Afr Ð Accounts

*Distell Afr Ð Accounts

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

nou verband hou met prestasie volgens ooreengekome

planne en doelwitte.

Die stelsel geniet die steun van alle bestuurders in die

groep en gedurende die eerste jaar van die implementering

daarvan het almal geesdriftig daaraan deelgeneem.

Inligtingstegnologie

Na die samesmelting en die geslaagde implementering

van eenvormige IT-stelsels, infrastrukture, toepassings en

standaarde, kon Distell bedryfsdoeltreffendheid verbeter

deur sekere basiese funksies aan die IT-dienstemark uit te

kontrakteer. Dit het bestuur die geleentheid gebied om

hul op belangrike besigheidsbehoeftes toe te spits en dit

het buigsaamheid verleen deur bepaalde IT-dienste,

vaardighede en hulpbronne te bekom slegs wanneer dit

benodig word en soos vereis deur die ontwikkelende

besigheidsbehoeftes van die organisasie.

Terselfdertyd ontwikkel die groep, as ’n afsonderlike

projek, doeltreffende bestuursinligtingstelsels om besluitneming

en beheer te ondersteun. Hierdie projek toon

bevredigende vordering.

Die groep se IT-strategie is ook ontwerp om sy

E-besigheid inisiatief te ondersteun, wat deur ’n

toegewyde span, in noue samewerking met verskaffers,

klante en internasionale agente, ontwikkel word.

Bedryfsprestasie

Resultate

Omset het met 6,7% tot R4,9 miljard toegeneem ten

spyte van ’n 5,3% afname in totale verkoopsvolumes.

Die voordele van gefokusde verkoops- en bemarkingsstrategieë,

met groter klem op produkwinsgewendheid,

word weerspieël in ’n gunstige verkoopsmengsel teen

verbeterde marges.

Distell het volumegroei in die meeste belangrike

produkkategorieë in die plaaslike mark behaal. Sleutel

spiritualieë-handelsmerke het sterk groei van 5,4% in

volumes getoon.Verkoopsvolumes van natuurlike wyn

het met 2,4% toegeneem, hoofsaaklik as gevolg van ’n

beter vertoning deur meer winsgewende premium

handelsmerke. Distell se markaandeel en verkoopsvolumes

in alkoholiese vrugtedranke het egter onder

toenemende druk van mededingers verkeer.

Internasionale omset, Afrika uitgesluit, het met 37,4%

toegeneem. Amarula Cream het ’n wesenlike volume

toename van 14,0% behaal. Omset van natuurlike

wyne, wat ook deur ’n gunstige verkoopsmengsel

bevoordeel is, het met 33,5% toegeneem.

Omset vanuit Afrika lande het met 3,3% afgeneem.

Die toename van 24,3% in bedryfswins is behaal deur ’n

toename in omset, beter bruto marges en ’n

vermindering in bedryfsuitgawes. Dit word weerspieël

deur die verbetering van 7,2% tot 8,4% in netto marges.

Die samevoeging van produksie-aanlegte en distribusiesentrums,

sowel as die herstrukturering van die verkoopsen

bemarkingsafdelings, is gedurende die jaar voltooi. Die

beplande samesmeltingsvoordele, deur middel van

kosteverminderings, het reeds begin realiseer. Die volle

voordele hiervan sal in die volgende finansiële jaar behaal

word. Terselfdertyd is addisionele besteding, ooreenkomstig

gewysigde bemarkings- en verkoopstrategieë,

aangegaan om handelsmerke te bevorder.

Die groep het lenings aangegaan om ’n toename in

finansieringsbehoeftes te befonds. Gevolglik het netto

finansieringskoste met R11,3 miljoen toegeneem.

Internasionale omset het ook verbeter weens die

wesenlike verswakking in die waarde van die Rand

gedurende die verslagdoeningstydperk. Die invloed van

enige verandering in die wisselkoers tussen die

transaksiedatum en betalings- of verslagdoeningsdatum

word afsonderlik in die inkomstestaat openbaar in

Esprit se

kontemporêre reeks

van eksotiese,

maklik-drinkbare

vrugte gegeurde

drankies is die

katalisator vir

opwinding en pret

vir die wat op soek

is na plesier.

19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!