02.05.2013 Views

*Distell Afr Ð Accounts

*Distell Afr Ð Accounts

*Distell Afr Ð Accounts

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die samesmeltingsproses is nou ooreenkomstig voorafbepaalde

doelwitte voltooi.

’n Filiaalmaatskappy,Westelike Provinsie Kelders Groep

Beperk, wat die kleinhandelsbelange van die groep verteenwoordig,

het ook ’n rasionalisering en herstrukturering

van sy bedrywighede voltooi. Hierdie maatskappy

voorsien ongeskiktheidsvoordele aan sy werknemers

deur middel van ’n bystandsfonds. Ooreenkomstig

die reëls van die fonds, en op advies van sy

aktuaris, is oortollige bates ten bedrae van R3,0 miljoen

na die werkgewer oorgedra. Ander uitsonderlike items

voortspruitend uit hierdie rasionalisasie het ’n surplus

van R2,4 miljoen op die vervreemding van eiendom

ingesluit.

Vooruitsigte

Ten einde ’n geloofwaardige rolspeler in die internasionale

drankbedryf te word, wat aantreklike opbrengste

aan sy beleggers bied, moet Distell hom op

waardeskeppende geleenthede toespits en ooreenkomstig

gestelde doelwitte presteer.

Met die voltooiing van die samesmelting en die

implementering van belangrike strategiese inisiatiewe is

die bestuur vol vertroue dat die grondslag vir

toekomstige groei gelê is.

Die suksesvolle herstrukturering van die verkoopsafdelings,

om beter bemarkings-kanaalfokus te bewerkstellig,

ons verbruikersegmenteringstrategie en ’n fokus

om die inkomstebydraes van ons kern handelsmerke te

vergroot, behoort by te dra tot ’n toename in inkomste

in alle produkkategorieë in die plaaslike mark.

Die doelwitte van die internasionale wynafdeling berus

op doelgerigte strategieë in nege markte en is daarop

gerig om ’n kern handelsmerkportefeulje in elke

belangrike mark te vestig. Die implementering van

nuwe spesialis funksies sal bydra om ons diens aan

Mnr Hunter’s,

Paul Elliot,

Steutelrekening-

bestuurder,

Hoofkantoor,

Stellenbosch.

Hunter’s, met

sy kraakvars

appelsmaak en

avontuurlustige

persoonlikheid wat

kenmerkend is van

die gees en energie

van die jeug, verfris

soos niks anders

op aarde nie.

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!