02.05.2013 Views

*Distell Afr Ð Accounts

*Distell Afr Ð Accounts

*Distell Afr Ð Accounts

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.6 Geweegde gemiddelde prys betaal per

aandeel verhandel

Die totale waarde van aandele verhandel, gedeel

deur die getal aandele verhandel op die JSE

Sekuriteitebeurs Suid-Afrika (JSE).

2.7 Kontant en kontantekwivalente

Vir die doeleindes van die kontantvloeistaat

verteenwoordig dit kontantsaldo’s, kontant op

deposito en beleggings in geldmark instrumente,

netto van oortrokke banksaldo’s. In die balansstaat

word oortrokke banksaldo’s getoon onder

korttermynlenings.

2.8 Kontantvloei per gewone aandeel

Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite voor dividende

betaal, gedeel deur die getal gewone aandele

uitgereik. Hierdie basis identifiseer die kontantstroom

werklik behaal in die periode onder oorsig.

2.9 Bate-omsetsnelheid

Omset gedeel deur die netto batewaarde op

jaareinde.

2.10 Netto batewaarde per gewone aandeel

Totale ekwiteit gedeel deur die getal uitgereikte

gewone aandele.

2.11 Omset

Omset bestaan uit verkope in die normale gang

van bedrywighede, netto van Belasting op

Toegevoegde Waarde en Algemene Verkoopsbelasting,

maar ingesluit aksynsbelasting gehef op

die plaaslike verkoop van wyn en spiritualieë.

2.12 Opbrengs op ekwiteit

Wesensverdienste gedeel deur ekwiteit op

jaareinde.

2.13 Prysverdienste verhouding

Die sluitingsprys per aandeel op die JSE op

jaareinde gedeel deur wesensverdienste per

gewone aandeel.

2.14 Rentevrye verpligtinge op totale bates

Rentevrye verpligtinge, uitgesluit na-aftrede

mediese voordele, gedeel deur totale bates

(uitgestelde belasting in beide gevalle buite

rekening gelaat).

DISTELL

2.15 Toenamekoers in aandeelhouerswelvaart

Dit verteenwoordig die interne opbrengskoers

oor ’n sewejaar periode. Dit is bereken deur die

aandeelprys van ’n Distell gewone aandeel sewe

jaar gelede as ’n kontantuitvloei te beskou, die

kontantdividende sedert daardie datum en die

sluitingsprys op jaareinde as invoer te beskou,

en om dan die verdiskonteringskoers eie aan

hierdie kontantvloeie te bepaal. Die ekwivalent

van die markprys van ’n Distell gewone aandeel

sewe jaar gelede is bereken deur die totale

markkapitalisasie van beide Distillers en SBW

op daardie datum te deel deur die aantal

gewone aandele in uitreiking op 30 Junie 2002

(195,6 miljoen aandele).

2.16 Verdienste per gewone aandeel

Toeskryfbare verdienstebasis

Verdienste toeskryfbaar aan gewone aandeelhouers

gedeel deur die geweegde gemiddelde

getal gewone aandele uitgereik.

Wesensverdienstebasis

Verdienste toeskryfbaar aan gewone aandeelhouers

na inagneming van aansuiwerings soos in

aantekening 23.2 uiteengesit, gedeel deur die

geweegde gemiddelde getal gewone aandele

uitgereik.

Ekwivalente kontantverdienstebasis

Verdienste toeskryfbaar aan gewone aandeelhouers

na inagneming van aansuiwerings soos in

aantekening 23.3 uiteengesit, gedeel deur die

geweegde gemiddelde getal gewone aandele

uitgereik. Hierdie basis erken die potensiaal

van die inkomste-stroom om kontant te

genereer.

2.17 Verdienste-opbrengs

Wesensverdienste per gewone aandeel gedeel deur

die sluitingsprys op die JSE op jaareinde.

2.18 Voorbelaste opbrengs op ekwiteit

Wins voor belasting as ’n persentasie van die

ekwiteit op jaareinde.

2.19 Vuurproefverhouding

Bedryfsbates min voorraad, gedeel deur

bedryfslaste.

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!