02.05.2013 Views

Studiegids

Studiegids

Studiegids

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AANHANGSEL

UITGANGSVLAKUITKOMSTE VIR INGENIEURSWESE-BACCALAUREUSGRADE

(Uittreksel uit ECSA Document No. PE-61: Standards for Accredited University Bachelor's Degrees)

Vereiste Uitkomste:

"Die vereiste uitkomste van 'n geakkrediteerde universiteitbaccalaureusgraad in ingenieurswese word

in deel 2.1 tot 2.10 omskryf.

2.1 Ingenieursprobleemoplossing

Die B.Ing./B.Sc.(Ing.)-gegradueerde is bekwaam om

konvergente en divergente ingenieursprobleme kreatief en innoverend te identifiseer, assesseer,

formuleer en op te los

2.2 Toepassing van fundamentele en spesialiskennis

Die B.Ing./B.Sc.(Ing.)-gegradueerde is bekwaam om

kennis van wiskunde, basiese wetenskap en ingenieurswetenskappe uit eerste beginsels toe te pas om

ingenieursprobleme op te los wat die volgende aksies behels:

1. Pas wiskundige, numeriese analise en statistiese kennis en metodes toe op ingenieursprobleme

deur 'n toepaslike mengsel te gebruik van:

a) Formele analise en modellering van ingenieurskomponente, stelsels of prosesse;

b) Kommunikering van konsepte, idees en teorieë met behulp van wiskunde;

c) Redenering oor en konseptualisering van ingenieurskomponente, stelsels of prosesse deur

wiskundige konsepte te gebruik;

d) Hantering van onsekerheid en risiko deur die gebruik van waarskynlikheid en statistiek.

2. Gebruik fisiese wette en kennis van die fisiese wêreld as 'n fondasie vir die

ingenieurswetenskappe en die oplossing van ingenieursprobleme deur 'n toepaslike mengsel van:

a) Formele analise en modellering van ingenieurskomponente, -stelsels of -prosesse deur

beginsels en kennis van die basiese wetenskappe te gebruik;

b) Redenering oor en konseptualisering van ingenieursprobleme, -komponente, -stelsels of -

prosesse deur beginsels van die basiese wetenskappe te gebruik.

3. Gebruik die tegnieke, beginsels en wette van ingenieurswetenskap op 'n fundamentele vlak en in

minstens een spesialisgebied om:

a) ope ingenieursprobleme te identifiseer en op te los;

b) ingenieeurstoepassings te identifiseer en op te volg;

c) oor ingenieursvakgebiedgrense heen te werk deur kruisdissiplinegrense en gedeelde

fundamentele kennis.

2.3 Ingenieursontwerp en -sintese

Die B.Ing./B.Sc.(Ing.)-gegradueerde is bekwaam om

Kreatiewe, prosessessuele en nieprosessuele ontwerp en sintese van komponente, stelsels, werke,

produkte of prosesse uit te voer wat die volgende aksies behels:

1. identifiseer en formuleer die ontwerpprobleem om aan gebruikerbehoeftes, toepaslike

standaarde, praktykkodes en wetgewing te voldoen;

2. beplan en bestuur die ontwerpproses: fokus op belangrike kwessies, herken en hanteer

knelpunte;

3. verwerf en evalueer die vereiste kennis, inligting en hulpbronne: pas korrekte beginsels toe,

evalueer en gebruik ontwerpinstrumente;

4. verrig ontwerptake met inbegrip van analise, kwantitatiewe modellering en optimalisering;

5. evalueer alternatiewe en voorkeuroplossing: lê oordeel aan die dag, toets implementeerbaarheid

en doen tegno-ekonomiese analises;

6. assesseer impakte en voordele van die ontwerp: sosiaal, wetlik, gesondheid, veiligheid, en

omgewing

7. kommunikeer die ontwerplogika en inligting.

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!