02.05.2013 Views

Studiegids

Studiegids

Studiegids

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2.4 Spreektye

Die spreektye van die dosent sal op die web aangekondig word. Studente mag die dosent slegs tydens

die spreektye, soos aangedui, of per afspraak per e-pos spreek. Hierdie beleid geld ook voor toetse en

eksamens. Met ander woorde die dosent en tutors is op die dag voor 'n toets of eksamen slegs tydens

hulle normale spreektye beskikbaar. Hierdie beleid is daarop gemik om studente aan te moedig om

hulle werk te beplan en deurlopend te werk.

U uitgewerkte probleme, of pogings daartoe, van al die werk tot op datum sal dien as u

toegangskaartjie om die dosent te spreek. Dosente sal nie studente help wat nie bereid is om self

te werk nie.

3. STUDIEMATERIAAL EN AANKOPE

3.1 Voorgeskrewe handboek

(Hierdie boek moet aangekoop word)

[1] B.P. Lathi, Linear systems and signals, Second Edition, Oxford University Press, 2010

[2] Toegang tot Matlab-sagteware is in die laboratoriums by die Universiteit beskikbaar.

3.2 Aanbevole materiaal

(Hierdie boeke hoef nie aangekoop te word nie aangesien hulle in die gereserveerde versameling van

die Akademiese Inligtingsentrum beskikbaar is.)

[3] G.E. Carlson, Signals and Linear System Analysis, Second Edition, John Wiley & Sons, Inc.,

1998

[4] B. P. Lathi, Modern Digital and Analog Communication Systems, 3rd Edition, Oxford

University Press, 1998. ISBN: 0-19-511009-9

[5] E.W Kamen en B.S. Heck, Fundamentals of Signals and Systems. 3rd edition, 2007, Pearson,

ISBN 0-13-168737-9

3.3 Studiemateriaal op die ELI220-webwerf

Bykomende aantekeninge oor materiaal wat deel uitmaak van die materiaal wat u vir die module moet

bestudeer, sal van tyd tot tyd op die webwerf geplaas word.

4. LEERAKTIWITEITE

4.1 Kontak- en leertyd

Getal lesings per week: 4

Praktika wat nie vir praktiese demonstrasies gebruik word nie, kan vir oefenklasse gebruik word.

Praktika: 2 geskeduleerde sessies van 3 uur elk. Daar sal tyd nodig wees om vir die praktikum voor te

berei. 'n Simulasiewerkopdrag sal die eerste praktikum vervang.

Hierdie module dra 'n gewig van 16 krediete wat daarop dui dat 'n gemiddelde student ongeveer 160

uur daaraan moet bestee om die vereiste vaardighede te verwerf (dit sluit voorbereiding vir toetse en

eksamens in). Dit beteken dat u gemiddeld 10 uur studietyd per week aan hierdie module moet bestee.

Die geskeduleerde kontaktyd is ongeveer vyf uur per week wat beteken dat u nog vyf uur per week eie

studietyd aan die module moet bestee.

4.2 Lesings

Lesings word in 'n styl van samewerkende en studentgerigte leer aangebied. Die studiemateriaal word

tydens die lesings kortliks verklaar en verduidelik. Studente word aangeraai om tydens lesings

aantekeninge af te neem. Klasaantekeninge en enige bykomende aantekeninge wat beskikbaar gestel

word, word as 'n deel van die studiemateriaal beskou. Die hoeveelheid werk wat in hierdie vak gedek

moet word, is veel meer as waaraan die gemiddelde tweedejaarstudent gewoond is. Die hoeveelheid

tyd wat in die klas beskikbaar is om elke onderwerp te behandel, sal dus minder wees as waaraan u

gewoond is. Gevolglik sal u vordering veel meer van u eie pogings en selfstudie afhang. Die aard van

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!