02.05.2013 Views

Studiegids

Studiegids

Studiegids

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Eerste toetsweek: 18 – 25 Augustus 2012

Tweede toetsweek: 8 – 13 Oktober 2012

Datums, tye en lokale sal aangekondig word sodra die roosters beskikbaar is. Bevestig altyd die datum

en tye van toetse en eksamens met minstens een van u vriende een of twee dae voor die geskeduleerde

toets of eksamen en verifieer dit teen die amptelike roosters.

Enige afwesigheid van klas- of semestertoetse en die eksamen moet deur 'n amptelike en geldige

verklaring (bv. 'n mediese sertifikaat) gestaaf word en dit moet binne 7 dae by mev. C. Freishlich

ingedien word. Een spesiale semestertoets vir alle wettige afwesiges sal aan die einde van die

semester afgeneem word. Die presiese datum hiervan sal op 'n latere datum aangekondig word.

5.4 Toelating tot eindeksamen

Ten einde toelating tot die eindeksamen te verkry, moet die student aan die volgende voldoen:

'n Semesterpunt van minstens 40% moet behaal word om toelating tot die eindeksamen te verkry.

'n Subminimumpunt van minstens 40% moet vir praktikumwerkopdragte behaal word. Alle

geskeduleerde praktika moet bygewoon word.

5.5 Samestelling van semesterpunt

Die semesterpunt word soos volg saamgestel:

1. Semestertoetse:

1.1 Semestertoets 1: 40%

1.2 Semestertoets 2: 40%

2. Praktika: 10%

3. Klastoetse: 10%

5.6 Samestelling van eindpunt

Die semesterpunt en die eksamenpunt dra 50% elk tot die eindpunt by.

6. ALGEMEEN

6.1 Laat verslae

Geen verslag wat laat ingedien word, sal aanvaar word nie. 'n Nulpunt sal toegeken word.

6.2 Gedrag in die klas

Geselsery tydens lesings sal nie geduld word nie. Dit is baie ontwrigtend vir studente wat wil

konsentreer en onbeskof teenoor die persoon wat die lesing aanbied.

6.3 Grieweprosedures

Enige probleme in verband met enige aspek van die module en/of dosent en/of onderrigassistent moet

eers so gou moontlik met die dosent bespreek word. Indien daar steeds nie aan die probleem aandag

geskenk word nie, kan die klasverteenwoordiger die voogdosent raadpleeg wat die saak met die

betrokke dosent sal bespreek. Die departementshoof of dekaan moet slegs as laaste uitweg geskakel

word.

6.4 Aanbring van amptelike kennisgewings

Alle amptelike aankondigings en kennisgewings sal op die modulewebwerf verskyn. Daar word van

studente vereis om minstens eenkeer per dag na die module se webwerf te kyk vir nuwe aankondigings

en beskikbare materiaal.

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!