03.05.2013 Views

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Maandag

11 Februarie

Hoe kan ek die genade van God verduidelik? Hoe kan

ek dit definieer? Die GROOT ontferming. Hoe kan ek in

die spieël kyk? En verstaan dat God’s genadevingers

selfs aan mý kan vat? Hier aan die anderkant van die

kontinuum. Om my vas te druk teen sy groot

genadebors. En my skoon te was met genadebloed.

Sagwit soos ’n pasgebore lam. En die fluistering in 2

Korintiërs 12:9: “My genade is vir jou genoeg. My krag

kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”

Paulus het die genade van sy Here goed verstaan. God

het die enorme kennis daar op die pad na Damaskus

aan hom openbaar. 9 Ek is immers die geringste van die

apostels en is nie werd om ’n apostel genoem te word

nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. 10 Maar deur

die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my

was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek

het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek

nie, maar die genade van God wat by my is. (1 Korintiërs

15:9-10)

Genade, onbeskryflik groot. Paulus is deeglik bewus

van die strekking van sy woorde in Romeine 12:1: “En

nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van

die groot ontferming van God…” Hy doen ’n beroep

op gelowiges. Teen die agtergrond van die GROOT

ontferming. Die GROOT genade. Die GROOT grasie.

Van ons Here wat so gemaklik daar op sy genadestoel

sit en links en regs vergifnis uitdeel. Die tipe vergifnis

wat tog so teen my menslike grein indryf. Menslike

genade is soveel enger as die genade van God. Die

idee om te vergewe maar nie noodwendig te vergeef

nie, byvoorbeeld. Ek is sonder ’n genade-bril gebore.

En dit vat baie moed om die bril op te sit en met ander

oë na veral die ménse om my te kyk. Nie net na

geliefdes nie, maar ook na ander.

Die GROOT ontferming

Hoe verstaan ek dit?

Dit is juis hierdie ongenadige menslike natuur wat my

grootste hulp is om die strekking van my Here se

genade beter te begryp. God se genade is alles wat

wêreldse genade nié is nie. Henry Newton het dit

mooi verstaan. ’n Slawesmous. ’n Wreedaard wat min

genade betoon het teenoor die mense wat hy so

sonder grasie gevange geneem, per skip vervoer en

verkoop het. Hy laat my baie aan Saulus dink. Tog het

die nuwe Henry, gebore uit die oue, iets van Jesus

Christus gesien. Amazing grace! How sweet the sound /

That saved a wretch like me! / I once was lost, but now

am found; / Was blind, but now I see… How precious

did that grace appear / The hour I first believed! Bykans

300 jaar gelede.

Ek staan steeds voor die spieël. En sê eers sagter en

dan al harder vir Paulus na: “Deur die genade van God

is ek wat ek is!” Die verwronge, onbevredigende

beeld van ’n mens verander. En uit die waas verskyn

’n helder beeld. Van ’n Here aan ’n kruis. Kompleet

met spykers deur ledemate en ’n doringkroon op die

kop gepers. Die spies wat skuins uit die sy hang en die

water wat drup. En dan die wonderlike lig as Hy die

doodskleed afgooi en die graf in oorwinning verlaat.

God se genade strek sover as Jesus Christus. Die

GROOT verbondsgenade. Dei Gracia. Deur die guns

van God. The fountain of grace.

And grace means there is nothing I can do to make God

love me more, and nothing I can do to make God love

me less. It means that I, even I who deserve the

opposite, am invited to take my place at the table in

God’s family. (Philip Yancey in What’s so Amazing

about Grace?)

Gesels as gesin saam oor die genade van God. Noem dinge in jul lewens op waar God se genade sigbaar is.

Gesels ook oor die feit dat ons ook teenoor ander mense genade moet betoon. Wat beteken dit? Lees saam die

gelykenis van die ongenaakbare skuldeiser in Matteus 18:21-35. Sê wat dit vir julle beteken.

Bid saam en vra dat die Heilige Gees ons sal help om genade teenoor alle ander mense te betoon.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!