03.05.2013 Views

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Donderdag

21 Februarie

’n Mens is ’n selfsugtige wese. Ek raak vies en temerig

as dinge nie verloop soos wat ek graag wil hê nie. As

dinge nie oor my gaan nie of ek uitgesluit word uit die

geselskap, voel ek vinnig afgeskeep en depressief.

Kinders in ’n huishouding is ’n goeie voorbeeld. Een

van die eerste woorde wat ’n peuter skreeu, is

“myne!” En as die een 101 ml sjokolademelk kry, moet

die ander ook 101 ml kry. As die een se pêl kom speel,

is die ander een vir drie ure lank verveeld, moeilik en

dikbek. Ek wonder of dit ooit verander soos ons ouer

raak? Ek voel tog so vinnig onvergenoegd en

ingedoen. En verkondig dit dan wyd en syd. Kyk maar

na inskrywings op Facebook.

En eintlik is dit glad nie waaroor dit hier op aarde gaan

nie! Dit gaan oor God, sy almag en sy Goddelike visie.

Ek is ’n egoïs wat te lekker in my menslike natuur baai.

En om ’n kopskuif van my na God te maak, is makliker

gesê as gedaan! Ek praat uit ondervinding. Max

Lucado het ’n boek geskryf. ’n Netelige boek. Wat in

die begin ’n gruwelike rebelsheid oor my laat kom

het. Eish! Gelukkig het ek vasgebyt en die boek klaar

gelees. En daarna nog ’n hele paar maal. He’s the

source; we are the glass. He’s the light; we are the

mirrors. He sends the message; we mirror it. We rest in

his pack awaiting his call. And when placed in his hands,

we do his word. It’s not about us; it’s all about him.

(It’s not about me)

Die nare selfgesentreerde rebelsheid wil alweer kop

uitsteek. Hoe strook hierdie woorde met God se

belofte dat Hy Vaderlike liefde vir sy kinders voel?

Lucado het goeie insig: But how does God’s love

square with the theme of this book? After all, ‘it’s not

about me.’ If it’s not about me, does God care about

me? God’s priority is His glory. He occupies centre stage;

I carry props. He’s the mesagge; I’m but a word. Is this

love? No doubt. Do you really want the world to revolve

DIE SFEER SIRKEL OM GOD

around you? If it’s all about you, then it’s all up to you.

Your Father rescues you from such a burden.

En my antwoord op die vraag of ek die

verantwoordelikheid van die heelal op my ellendige

skouertjies wil dra? Nee. Nee! Nee!! Ek hou miskien

daarvan om koning op my eie mishoop te kraai, maar

ek kan definitief nie die gramskap van die hele

skepping balanseer nie. Daar is soveel wat verborge

is. Soveel dinge wat ek nie ken nie. Die dowwe spieël

waarvan Paulus praat. Ek is maar ’n bittere klein

deeltjie in die groot heelal. Wat nog te sê in die

verloop van tyd?

En tog skryf Dawid in Psalm 8 oor God en die groot

verantwoordelikheid wat Hy op ons menseskouers

geplaas het: 4 As ek u hemel aanskou, die werk van u

vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee

het, 5 wat is die mens dan dat U aan hom dink, die

mensekind dat U na hom omsien? 6 U het hom net ’n

bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met

aansien en eer gekroon, 7 U laat hom heers oor die werk

van u hande, U het alles aan hom onderwerp: 8 skape en

beeste, alles; selfs die diere in die veld, 9 die voëls in die

lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis.

10 Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die

hele aarde!

Die heelal draai in ’n sfeer om God. Hy handhaaf die

balans en hou die struktuur veilig in sy hande. Hy laat

los nie vir ’n oomblik nie. My wêreld is maar ’n baie

klein deeltjie van die groot prentjie. Dalk selfs minder

as ’n enkele beeldelement (pixel). En tog het Hy my

met eer en aansien gekroon. Ek heers oor die werke

van sy hande. Hy het alles aan my onderwerp. As ek

hierdie beeld behoorlik begryp, kan ek met eerlikheid

sê dat die tweede gedeelte van Romeine 12:2 inslag

vind: Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van

God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Gesels oor die groot taak van God om die wêreld en die heelal, sy hele skepping te beheer. Wat is die mens se rol

hierin? Hoe kan ons vir God help? Moenie vergeet om saam te bid nie!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!