03.05.2013 Views

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DIE SKILD VAN GELOOF

2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word

nie,… (Romeine 12:2) Ek word elke dag gebom-

bardeer met die wêreld. In die vorm van versoeking.

Die brullende leeu slaap mos nie. En die aakligheid het

vele jasse. Hy trek die een aan wat die beste in ’n

situasie pas. Versoeking is ’n nare ding. Die ideaal is

om nee te sê as ek moet. Maar die gras lyk dikwels

groener aan die anderkant van die draad. En oorklim

is so maklik. Veral met ’n bietjie hulp… Om nie aan die

sondige wêreld gelyk te word nie, beteken om

versoeking te weerstaan. Dit beteken om die sondige

wêreld te oorwin. Nie so maklik soos dit klink nie!

4 … want enigeen wat ’n kind van God is, kan die

sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor

die wêreld behaal het, is deur ons geloof. 5 Wie anders

is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die

Seun van God is? (1 Johannes 5)

Die braaivleisvuur is ’n lekker plek. Veral as jy ’n

Afrikaner is. Hier in die laatsomer, skemeraand,

windstil. Met die eerste sterre wat kop uitsteek en die

natuur in die agtergrond. Party verkies houtskool.

Ander lekker harde hout. Een maak ’n besadigde klein

vuurtjie — net genoeg vir lekker kole. ’n Ander maak

’n reuse “bonfire” — as óns dit doen, doen ons dit

ordentlik. Ons staan lekker gesellig en gis. Malema wil

die boere skiet. Tutu is vir Zuma kwaad. En Zuma gee

nie om nie, want hy het… hoeveel nou weer?…

vrouens… Sy kraal is vol. Voller as Swaziland s’n…

Botswana is verontwaardig oor Little Julius se GROOT

mond en Mugabe hand om die blaas met Zuma.

Bloedbroers van die struggle se dae af… Verlede

week is die Van Der Merwes in Kiewietstraat se huis

leeg gedra en die Bothas van Sewende Laan met

gewere aangehou in hul oprit. En wat gaan gebeur as

Mandela sterf? Die oë rek groot en die tonge klik. Hier

kom moeilikheid. GROOT moeilikheid. (Sonder om my

mening oor die politiek te lig, maar dit is hoe ons

Vrydag

22 Februarie

praat!) En so kan ek tot vervelens toe aangaan. Ek

was daar. Ek weet. En ek het saam gesaai. ’n Eier gelê.

My kop geskud. Vir ’n oomblik die skild van geloof

daar langs die braaier neergelê. Die ding raak swaar.

En ons is mos nou lekker rustig. Die Satan is nêrens in

sig nie. Sekerlik bang vir vuur! As jy die vent se

toekoms in ag neem… Aan die einde van die aand

brand my lyf én my gemoed. Ek voel hooploos,

moedeloos, depressief, angstig, sommer net in die

algemeen aaklig. Waar is God in hierdie wêreld van

ons? Ek kan nie verstaan wat nou aangaan nie.

Die Satan is toe nou nie so bang vir vuur soos ek

gedink het nie. Hy het skelm nader gekom en

giggelend pyle van ongeloof geskiet. Elkeen het ’n

teiken getref en ’n merk gelos. Hy kraai van lekkerte.

Die braaivleisvuur is ongelukkig een van die plekke

waar daar soms ongeloof en hopeloosheid broei. Die

wêreld vlei hom lekker knus langs die warmte. Net

soos verskeie ander plekke. As ek alleen en eensaam

in my huisie sit. As ek moeg op die bank lê – die

kinders na ’n lang dag in die bed. Agter my lessenaar –

die lêers hoog opgestapel. Alles lyk donker. Hoe gaan

ek deur hierdie week kom? Waar is die lig aan die

einde van die tonnel waarvan almal praat?

Die Satan val gelowiges aan deur brokkies ongeloof in

die lug te strooi. Dit val oral. Soms te klein om te

besef wat dit is. Veerligte vlokkies. ’n Kragtige wapen

in die hand van die aanvaller. En dan staan die wêreld

reg met skynbaar wonderlike oplossings en afleiding.

Die vlokkies lê wit op jou arme, arme skouers en die

ongeloof borrel. Die vyand roer die pot om en om.

Waar is die lig? Staan op uit die as! Tel jou skild op, my

vriend! Voel die Goddelike gewig. Bewonder die

vakmanskap. Hou hom hoog en trots. Gebruik hom!

Hy is spesiaal ontwerp om die brandende pyle van

ongeloof af te weer. Die skild van geloof.

Lees Efesiërs 6: 16. Waarom, dink julle, is geloof belangrik? Kan ek in ongeloof en as ek gedurigdeur bang is, die

Here ten volle dien? Bid dat julle huis ’n huis van geloof sal wees.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!