03.05.2013 Views

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dinsdag

5 Maart

1 Omdat julle kinders van God is en Hy julle lieRet, moet

julle sy voorbeeld volg. 2 Lewe in liefde, soos Christus

ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n

offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God

aanneemlik was. (Efesiërs 5)

’n Offer wat vir God aanneemlik was. Die woorde lui ’n

klokkie. Iewers in my agterkop. ’n Padaanwysers op

ons Roete 12. Een van die moeiliker onderwerpe

waarna ons in die afgelope weke gekyk het. Romeine

12:1: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers

wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die

godsdiens wat julle moet beoefen.

Om die deel oor die offer wat vir God aanneemlik is

beter te verstaan, moet ons konsentreer op die

eerste deel van Efesiërs 5:2. Dit is eintlik die wesenlike

voorloper tot die heilige offer. Lewe in liefde. Net soos

Christus. Want die liefde soos Christus dit beoefen

het, het ’n heilige offer tot gevolg. ’n Heilige offer wat

vir God aanneemlik is. Dit is die liefde wat vir God

aanneemlik is. Dieselfde liefde waarmee Hy sy Seun

aarde toe gestuur het om in vernedering te sterf.

Dieselfde liefde waarmee sy Seun gehoorsaam was en

gesterf het. Dieselfde liefde wat ek moet mimiek. Die

New King James Version van die Bybel sê dit so mooi:

1 Therefore be imitators of God as dear children. 2 And

walk in love, as Christ also has loved us and given

Himself for us, an offering and a sacrifice to God for a

sweet-smelling aroma. (Ephesians 5).

Wees ’n nabootser van God en wandel in die liefde.

Ek het al die dagstukkies klaar geskryf voordat die

Pinkster begin het. Maar om die een of ander rede

kon ek nie vandag en môre se oop bladsye vul nie. Die

MIMIEK

bladsye voor en hierna het baas gekry, maar hierdie

twee het bly loer. Die woorde wou net nie kom nie. Ek

het na die skerm sit en staar maar die blanko het wit

teruggestaar. Sonder selfvoldaanheid of spot. Eerder

so asof die wit weet wat wag. Dat die sleutels

uiteindelik die regte boodskap sal vind. Ek het solank

die res van die stukkies vertaal. En steeds het die wit

tussendeur geskreeu. Ek het moedeloos geraak en in

die nag wakker gelê oor hierdie twee steeks bladsye

wat so daarvan hou om hand-aan-hand in die witheid

te baai.

Tot vanoggend toe. Dr. Johan Pienaar het hierdie jaar

die Pinkster in ons gemeente gelei. Sy derde

boodskap vir die week het my diep aangegryp. Die

teksvers: Efesiërs 5:1-2. En nou het hierdie bladsye hul

wit status verloor. So hier op ’n oggend in 2012. Hulle

het huis gekry. Want ek is doodseker dat die twee

blanke blaaie in spanning gewag het vir hierdie enkele

boodskap oor die liefde. Die liefde waaroor Dr.

Pienaar vertel het. Die liefde waarvan Paulus in

Efesiërs 5 praat. En die liefde waarna hy in Romeine

12:10 verwys: Betoon hartlike broederliefde teenoor

mekaar.

13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die

grootste hiervan is die liefde! (1 Korintiërs 13) Die liefde

bly die een enkele wesenlike komponent van ’n

Christen se lewe. Die basis waarop geloof en hoop

gebou word. Die liefde definieer my. Aan liefde word

ek gemeet. En ook mét liefde. Dit is die skaal waarop

ek geweeg word. En dit is die enigste gesindheid wat

geluk kan bring.

Dit is die offer wat vir God aanneemlik is.

Lees weer saam Efesiërs 5:1-2. In die Nuwe Testament vir kinders, lees die gedeelte so: Julle is kinders van God.

Hy is baie lief vir julle. Daarom moet julle net doen waarvan God hou. Vra altyd vir julleself wat Jesus sou doen

as Hy in julle plek was. Wees lief vir Jesus en wees lief vir ander mense. Kyk net hoe lief het Jesus ons gehad.

Jesus was selfs bereid om in ons plek aan ’n kruis te sterf. So het ons vriende van God geword. Gesels oor al die

aspekte van hierdie gedeelte. Oor elke sinnetjie. Dit is ’n kort opsomming van hoe ons op aarde moet leef.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!