03.05.2013 Views

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Dinsdag

19 Februarie

8

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles

wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat

prysenswaardig is — watter deug of lofwaardige saak

daar ook mag wees — daarop moet julle julle gedagtes

rig. 9 En wat julle van my geleer en ontvang het, en

gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat

vrede gee, sal by julle wees. (Filippense 4)

Ek sien. Hoor. Ruik. Voel. Proe. Neem in met my

sintuie. My elke aksie aan sintuiglike waarneming

gekoppel. Elke emosie deur ’n sintuig aan die gang

gesit. Ek ruik ’n geurige winterbredie en dink aan my

ouma se kombuis. Kleintyd toe sy my op haar skoot

getel het by die kombuistafel terwyl sy wortels kap.

Ek voel die hitte van haar lyf en hoor die neurie “in die

skadu van die berge…” En dan kom die hartseer en

verlang.

Ek sien iets en reageer met ’n emosie of aksie. ’n

Positiewe waarneming word met ’n positiewe aksie

beloon. En andersom. Hoe reageer ek positief op

beelde van geweld, pornografie of boosheid? Maak

nie saak hoe hard ek probeer om die naarheid te

verbloem of weg te bêre nie. Wêreldse aakligheid

vlieg na my in prentjies. Ek sien dinge wat ek nie moet

sien nie. Hoor goed wat ek nie moet hoor nie. Dinge

wat nog lank wegkruip in die voue van my brein. ’n

Beeld het ’n manier om op die onmoontlikste tye uit

die niet te verskyn. En betrap my meestal onkant. ’n

Ontstellende koerantopskrif terwyl ek met deernis vir

my slapende kind kyk. En dan volg ’n nag van angs,

kommer en worsteling.

Die lamp van jou liggaam is die oog. As jou oog goed is,

is jou hele liggaam ook verlig. Maar as jou oog sleg is, is

RYP KORINGLAND

jou hele liggaam ook sonder lig. Pas dus op dat die lig in

jou nie donker is nie. As jou hele liggaam verlig is en nie

’n enkele donker plekkie het nie, sal dit heeltemal verlig

wees soos wanneer ’n lamp jou met sy skynsel verlig.

(Lukas 11:33-36)

Die “delete” knoppie op my rekenaar is ’n wonderlike

ding. Eintlik. Ek wens dit was vir my ook so maklik om

met een beweging my gedagtes skoon te vee. Was dit

maar so eenvoudig om met een aksie die swart uit te

wis. Ek wil tog my verstand met goeie dinge vul. Met

die Here van die dinge én met die dinge van die Here.

Here, wees U die Meester van my gedagtes. Ek is

moeg om self te stoei. Dan sal ek hoor wat U wil. Sien

wat U wil. Proe en ruik wat U wil. Die oorvloed goeie

dinge in my hart sal te voorskyn kom.

Here, my gebed is dat U my sintuie sal oppas. Gee dat

ek nie in die versoeking kom om my honger gedagtes

met onreinhede te voed nie. Want dit plaas ’n vlek op

die wit wat ek ontvang het deur Jesus se bloed.

Swaarverdiende reinheid. En Here, nog meer is ek

bekommerd oor die swart wat so maklik uit my

binneste bars. My kop hang in skaamte oor ek

telkemale so maklik terugkeer na die sonde. So al of

dit die laaste strooihalm is.

En as ek omkyk met daardie enkele onreine

strooihalm in my hand, dan is ek in verwondering oor

die vars, ryp koringland van wonderlikhede wat U vir

my geplant het. Die ellendige strooihalm vergete op

die grond.

AMEN

Gesels oor sintuie: gehoor, gevoel, smaak, reuk, sig. Lees Lukas 11:33-36 hierbo wat na die oog verwys.

Hoe moet ek dit wat ek sien en my ander sintuie oppas sodat my verstand skoon en rein kan bly vir die Here.

Gesels oor God se koringland van mooi goed wat Hy vir ons op aarde geplant het. Ons hoef nie ons verstand met

lelike dinge vol te maak nie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!