03.05.2013 Views

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Woensdag

13 Maart

Het jy al ooit die krag van gebed gevoel? ’n Vriendin

wat vir jou bid. Sommer net. Of dalk ’n hele

gemeenskap wat bid in krisistye. ’n Wonderlike

tinteling en rustigheid wat hier oor jou hele lyf kom lê

as jy hoor hoe iemand vir jou pleit by God. Pleit vir

krag en wysheid. Vir genesing of hoop. Dalk vir heilige

antwoorde op jou vrae. Of dalk vir berusting en vrede.

Wat alle verstand te bowe gaan.

3 ’n Ander engel het toe gekom en by die altaar gaan

staan met ’n goue wierookbak. Daar is baie wierook aan

hom gegee om dit saam met die gebede van al die

gelowiges op die goue altaar voor die troon te offer. 4

Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is,

het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg

voor God. 5 Toe het die engel die wierookbak geneem,

dit met die vuur van die altaar volgemaak en dit op die

aarde uitgegooi. Daar het donderslae, dreunings,

weerligstrale en ’n aardbewing gekom. (Openbaring 8)

As God soveel waarde aan die gebede van gelowiges

heg, hoeveel waarde dan nie aan die gebede van sy

geliefde Seun nie?

31 “Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan

het daarop aangedring om julle soos koring te sif.

32 Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie

begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy

jou broers versterk.” (Lukas 22) En ook sy gebed in

Johannes 17: 11 … “Heilige Vader, bewaar hulle in u

Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net

soos Ons een kan wees… 15 Ek bid nie dat U hulle uit die

wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die

Bose moet bewaar… 20 “Ek bid egter nie net vir hulle

nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof

in My sal kom… 22 Die heerlikheid wat U My gegee het,

het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees

BID

net soos Ons een is: 23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle

volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat

U My gestuur het en hulle lieRet net soos U My lieRet.

Die gedagte aan Jesus wat vir mý bid, is hartroerend!

Dit sit my op ’n plek waar ek veilig voel. Dit gee my

nuwe moed. En hoop. Dit laat my geliefd voel. So of

ek wel saak maak. Al is ek hoe nietig en my wêreld

hoe klein. Al sondig ek en is ek soms liggelowig. Al

stel ek Hom hoeveel maal bitter teleur. Al laat ek my

soms deur versoeking van die pad af lei. Jesus pleit en

bid vir my. Daar waar Hy op die troon langs sy Vader

die wag hou.

En die Heilige Gees het Jesus se gebed kom voortsit.

Nou al meer as 2 000 jaar volhard Hy. Sonder om

moed op te gee. Al gee ek Hom dikwels rede. Die Gees

staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en

hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir

ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word

nie. (Romeine 8:26)

Ek het al baie gewonder hoe hierdie versugting klink.

Dalk soos ’n ou woudreus wat liggies kraak in die

wind? Of miskien die geluid wat ’n orkaan maak. ’n

Harde, bonatuurlike skreeu? … Dalk soos ’n

kaggelvuur wat in die skoorsteen opfluit … Ek hoop

dat die hemel eendag vol sal wees van hierdie

wonderlike versugting!

Gebed is een van die mees effektiewe wapens in die

heilige oorlog. Oorwin die kwaad deur die goeie.

Oorwin die kwaad deur gebed. Want daar kan net een

ding uit ’n opregte, gelowige gebed voortkom, en dit

is die goeie. En hoe anders kan ek keer dat die kwaad

my nie sal oorwin nie? Deur gebed. Deur gesprek met

my Here.

Gesels oor wat presies van julle ’n gesin maak. Hoekom noem ons mense wat soos julle saam is ’n gesin?

Waarom, dink julle, is dit belangrik dat gesinslede vir mekaar moet bid? Nie net die pa en die ma vir die kinders

nie, maar ook die kinders vir die ouers en vir mekaar. Wat, sou julle sê, gebeur as gesinslede vir mekaar bid?

Bid nou vir mekaar. Ernstig.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!