03.05.2013 Views

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Sondag

3 Maart PAISLEY-KRUL

Die sirkel netjies in twee verdeel met so ’n paisley-

krul. Die een helfte swart met ’n klein wit kolletjie. Die

ander oorwegend wit met ’n swart kolletjie. Almal van

ons ken die Yin Yang. Bejeën die heidense teken met

agterdog. In antieke Sjinese filosofie beteken dit dat

daar twee komplimentêre magte in die heelal

bestaan. Yang verteenwoordig alles wat positief en

manlik is, terwyl Yin alles verteenwoordig wat

negatief en vroulik is. (Jammer, dames. Dit is mans

wat dit uitgedink het!). Volgens Sjinese filosowe is die

een nie beter as die ander nie. Beide Yin en Yang is

nodig om die geheel te vorm en ’n balans tussen die

twee skep die ideale omgewing.

Het jy al opgemerk dat elke positief ’n skootjie

negatief ook by het? Daardie swart kolletjie wat so

seer-oog daar sit. En elke negatief ’n skootjie positief.

Niks in hierdie wêreld is volmaak rein nie. Alias die

Sjinese, in elk geval.

Hoe kan ’n mens rein wees? Hoe kan ’n sterfling

onskuldig wees? Die mens is verdorwe. Die wêreld het

ontaard in iets pervers en onrein. So anders as wat die

Skepper bedoel het. Ek kan my natuur so maklik swaai

tussen die twee susters Yin en Yang. Ek is mos slim én

slinks. En meer kere as nooit is dit Yin wat sensueel

fluister. Yin wat met beloftes van ’n heuningsoet

uitkoms lok. Yin wat die stryd wen. Yin wat my in die

skuld dompel. En baie maal het ek die vermetelheid

om myself te troos met die minuskule stukkie Yang

wat in die Yin wegkruip. Daar is darem ’n stukkie goed

in my, Here. Kyk en wees trots!

Die verhewe Sjinese filosowe van ouds het nog nie mý

God ontmoet nie! Daar is een wonderlik

ondefinieerbare Wese wat verhewe is bo Yin en Yang.

’n Wese wat wél reinheid definieer. ’n Wese wat

volmaak goed is. En wat ’n wonderlike balans skep die

rein sirkel nie! Geen Yin in hierdie Yang! Geen Yin, om

die waarheid te sê! Rein en sondeloos balanseer Hy

met gemak die geheel van sy skepping in sy een hand

terwyl Hy my met die ander koester. Deur die rooi van

Sy bloed kan ook ék nou strewe na wit volmaaktheid.

Ongeëwenaard rein.

My gebed is dat my liefde opreg sal wees. Rein en

sonder vooroordeel. My gebed is dat ek alles wat Yin

Yang en wêrelds is sal verafsku. My gebed is dat ek sal

vasklou aan die wonderlike belofte van hoop wat daar

in my Here se volmaakte reinheid en goedheid is.

AMEN

9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en

hou vas aan wat goed is. (Romeine 12)

Hier is voorstellings van die wêreld en van God se beelde van reinheid en balans. Gesels saam oor wat die verskil

is en waarom God se beeld beter is.

Bid saam as gesin vir die wêreld se beeld van reinheid. Bid dat God julle sal gebruik om die wêreld ’n beter, reiner,

meer gebalanseerde plek te maak soos dit sy wil is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!