03.05.2013 Views

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KEN DIE VYAND

Hy was van die begin af ’n moordenaar. En hy staan nie

aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen

waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is

dit volgens sy aard, want hy is ’n leuenaar en die vader

van die leuen. (Johannes 8:44)

’n Middelslag mannetjie oortrek met lang, stekelrige,

swart hare. Geniepsige horinkies op die kop. Hoewe

waar jy voete sou verwag. ’n Gevaarlike vurk in die

hand. En natuurlik ’n vieslike stert. ’n Ware

aapskeloeder. Die duiwel van my kindertyd. Reg uit

die Sprokies van Grimm. Ek sou hom sien aankom.

Genoeg tyd om hard en aanhoudend om hulp te

skreeu. En as die engel in sy goue glorie verskyn, ’n

swart roetstof wat ruik na vrees en nederlaag.

Hmmm… Na ’n paar jaar op aarde is ek nou bietjie

slimmer. Eintlik ontnugter. Hy besoek my in ’n heel

ander kleed. Soms net ’n fluistering in die wind. Sagte

gedagtes van aanmoediging. Of miskien

ontmoediging. ’n Briesie wat sade van twyfel,

mismoedigheid en wanhoop fluister. En dikwels vind

hierdie sade ’n vrugbare lêplek in my siel. Hy kom

soms in die kleed van my eie gedagtes. En sy stem het

sterk oortuigingsvermoëns. Dit klink so al asof dit die

waarheid kan wees… Maar hy was en is en bly die

donker vader van die leuen. Boos en wispelturig. Daar

is geen waarheid in hom nie. Al kleur hy die

leuenkleed hoe mooi in. Hy saai angs, wanhoop,

ongeloof, vrees, moedeloosheid, haat,

onvergewensgesindheid, jaloesie. Alles wat boos is.

Wie is die Satan? Hy is ’n swart, hopelose boosheid

wat oor die donker vermoëns beskik om mense saam

met hom die afgrond in te trek. ’n Stuk negatiewe

energie. ’n Parasiet. Hy is ’n hartseer realiteit. En hy

teer op mense se ongeloof in God. Hy teer op die

vrugte van die sade van boosheid wat hy saai.

Sondag

10 Maart

Hy is die vyand en hy werk met ’n spesifieke,

weldeurdagte plan. 14 En geen wonder nie! Satan self

doen hom voor as ’n engel van die lig. (2 Korintiërs 11)

Satan en sy trawante het uit die hemel geval.

Uitgeskop. Tot op die aarde. Wat ’n plek om te land?

Ons sit nou met hom en moet leer om sy planne te

verstaan. Ons moet ons vyand ken!

Jesus Christus het hulle ontwapen en hul nederlaag in

die openbaar vertoon (Kolossense 2:15). Maar onkruid

vergaan nie. En veral nie onkruid wat verneder en

kwaad is nie. Christus se vernedering op aarde het vir

Hom oorwinning gebring. Maar Satan is nie tot iets

positiefs in staat nie. En definitief nie tot berou en

bekering nie. By hom het vernedering ’n ewige,

skryende behoefte aan wraak gebring. Wraak en

haat. En die uiterste bevrediging? Om soveel moontlik

aanhangers met hom saam te neem warmplek toe.

Die hel is ’n aaklige werklikheid waarmee ons almal

moet saamleef.

En steeds is daar selfs Christene wat sy bose bestaan

ontken! Ons moenie die duiwel onder elke bos

probeer uitkrap nie, maar ons moet die vyand ken! Sy

grootste moderne wapen is dat ons hom nie meer

sien nie. Hy het homself so in die wêreld ingewurm

dat hy deel geword het van ons daaglikse bestaan. Hy

is op ’n baie gerieflike plek. Hy het nes geskrop. Sy

mag het gegroei. Hy het verskans geraak in ons

lewens. In die dinge wat ons teëkom. Hy teer op

slegte dinge waarvan desensitasie een is. En veral die

desensitasie van Christene. Hy teer ook op paranoia

of vervolgingswaansin.

Hy is die GROOT oëverblinder. Die GROOT leuenaar.

Die GROOT versoeker.

Ken die vyand!

Niemand van ons wil te veel aandag aan die Satan gee nie. Maar dit is tog belangrik om iets te weet van hoe hy te

werk gaan hier op aarde. Gesels oor julle beeld van die duiwel en hoe hy werk in die wêreld. Ons moet hierdie

week aanhoudend bid dat God ons teen sy aanslae sal beskerm!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!