06.05.2013 Views

Lekaanvulling en kafeteriastelsel - Landbou.com

Lekaanvulling en kafeteriastelsel - Landbou.com

Lekaanvulling en kafeteriastelsel - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

vanaf die weiding onderskeidelik 0.08, 0.11 en 0.13 % van die weidingsinname is (McCosker & Winks,

1994).

‘n Dier het ‘n sekere basiese hoeveelheid fosfor nodig vir onderhoud wat verhoog soos die dier groter

(swaarder) word. Groei verhoog die behoefte vir fosfor en daar is ‘n direkte verband tussen die

groeitempo en die hoeveelheid fosfor benodig (McCosker & Winks, 1994). As ‘n duimreël word in

Australië aanvaar dat jong groeiende vleisbeeste daagliks 3.3 g addisionele fosfor benodig vir elke

250 g toename in liggaamsmassa en geen addisionele fosfaat van beenmineralisasie afkomstig is nie

(McCosker & Winks, 1994). Dragtigheid verhoog die fosforbehoefte van die koei veral die laaste drie

maande voor kalf weens die groei en ontwikkeling van die ongebore kalf en die plasenta (nageboorte)

(McCosker & Winks, 1994). Volgens Australiese navorsing moet dragtige koeie daagliks 4 g fosfor

addisioneel per koei (dit is bo en behalwe dit wat hulle vir onderhoud nodig het) gedurende die laaste

drie maande van dragtigheid gevoer word.

Laktasie lei tot ‘n drastiese verhoging in die aanvraag van fosfor weens die hoë fosforinhoud van melk

(± 0.95 g/liter). Vleisbeeskoeie kan maklik ses tot sewe liter melk per dag in pieklaktasie produseer

wat na twee tot drie liter afneem in laatlaktasie. Australiese voedingstabelle beveel aan dat

lakterende koeie addisioneel 1.2 g fosfor per dag per liter melk geproduseer, gevoer word. Hierdie

aanbevelings neem in ag dat diere ook ekstra fosfor uit hulle bene bekom deur middel van

beenmineralisasie (McCosker & Winks, 1994). Australiese navorsing toon verder dat diere vir tot drie

maande 80 % van hulle fosforbehoeftes gevoer kan word sonder enige effek op hulle bloedfosfor of

liggaammassatoename, maar dat betekenisvolle beendemineralisasie dan kan plaasvind (McCosker &

Winks, 1994).

Die aanvulling van fosfor op groenweiding wanneer diere in massa toeneem is 'n gegewe. ‘n

Daaglikse fosforaanvulling van 6 g vir droë beeste, 9 g vir jong groeiende diere en laatdragtige koeie

en 12 g vir koeie met kalwers word algemeen in Suid-Afrika op groenweiding aanbeveel. In akute

fosfortekortgebiede soos by Armoedsvlakte beveel De Waal et al. (1996) 16 g fosfor per koei van

laatdragtigheid tot laatlaktasie (September tot Februarie) en 9 g fosfor per koei per dag vir die res

van die jaar aan.

Heelwat meningsverskille bestaan of fosfor gedurende die droë seisoen aangevul moet word. Daar is

egter al meer 'n neiging om fosforaanvulling gedurende die droë seisoen aan die fisiologiese stadium

van die dier te koppel. Die meeste navorsingsresultate toon dat die aanvulling van fosfor die laaste

drie maande van dragtigheid noodsaaklik en ekonomies geregverdig is, mits dit saam met proteïen

gevoer word, terwyl verskeie navorsers fosforaanvulling vir die volle duur van die droë seisoen

aanbeveel. Fosforaanvulling gedurende die droë seisoen kan as volg gemotiveer word:

♦ Die laatdragtige koei benodig ekstra fosfor gedurende die laaste drie maande voor kalf weens die

snelle groei en ontwikkeling van die ongebore kalf.

♦ Aangesien melk 0.95 g fosfor per liter melk bevat, moet die lakterende koei addisionele fosfor op

droë weiding gevoer word. Weens die hoë fosforbehoefte tydens laktasie wil dit voorkom asof die

koei nie genoeg fosfor kan inneem om in haar behoeftes vir melkproduksie te voorsien sowel as

om haar fosforreserwes ten volle aan te vul nie. Hoewel diere fosfor uit hulle bene kan onttrek in

tye van tekorte wil dit voorkom dat indien die periode te lank is te veel of al die fosforreserwes

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!