Desember 2008 - Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Desember 2008 - Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Desember 2008 - Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
teologiese diskussie

Prof. Hans van Deventer (Vaaldriehoekkampus, NWU)

’n Wonderende weerwoord

• in gesprek met proff. Jordaan, J van Rensburg en dr. Breed •

Die redaksie is deeglik bewus daarvan dat die twee artikels wat onder die subhoof TEOLOGIESE DISKUSSIE

verskyn, vir sommige lesers moeilike leesstof sal uitmaak. Tog het ons geoordeel dat lesers ook sal kennis

neem van die belangrike debatte wat deur teoloë gevoer word, te meer wanneer dit oor so ’n belangrike

saak gaan as die juiste verstaan van die Woord van God, ons bron en norm vir die kerk en teologie. – Red.

Indien almal binne akademiese konteks oor alles

(moet) saamstem, bestaan daar bitter min ruimte vir

die uitbou van die wetenskap. Daarom is ek dankbaar

dat my leermeester-kollegas, proff. Jordaan, J van Rensburg

en dr. Breed in Die Kerkblad van November 2008

breedvoerig gereageer het op ’n bydrae wat hulle jonger

kollega oorspronklik as brief vir Die Kerkblad aangebied

het.

Alhoewel ek nie op elke punt saamstem met hulle interpretasie

van wat ek neergepen het nie, gaan ek nie

daarop in nie. Ek wil eerder wys hoe hulle die punt wat

ek probeer maak het, self deur hulle bydrae illustreer.

Ek het in my aanvanklike skrywe kritiek uitgespreek

teenoor teoloë wat apologeties “die bestaande verklaringstradisie

teenoor (ander metodes) as die beter alternatief

voorhou”.

Uit hulle “antwoord” op my brief blyk hierdie gesindheid

so duidelik soos daglig. Waar ek in my bydrae pleit vir

inklusiwiteit binne akademiese konteks (m.a.w. die gebruik

van meerdere metodes), lyk dit asof hulle eerder

metodologiese eksklusiwiteit voorstaan (gebruik van net

die grammaties-historiese metode).

Die vraag bly: Is dit akademies verantwoordbaar? Buiten

dat hulle patroniserende opmerking (p. 32) onvanpas

is, is dit ook onjuis: my gepubliseerde werk getuig dat ek

heel tuis is binne ’n wye verskeidenheid verklaringsmodelle

(insluitend die grammaties-historiese). Die strekking

van hulle argument is eerder op hulleself van toepassing.

Hulle verduideliking van grammaties-historiese eksegese

toon verder bepaalde gebreke, wat verband hou met my

aanvanklike opmerking dat hierdie verklaringstradisie

bloot onkrities aanvaar word. Het daar al ooit ’n studie

verskyn waarin ons die filosofiese en historiese grondslae

van hierdie tradisie grondig en krities (= “ontledend”)

uitgeklaar het? Dit terwyl ’n baie behoudende Ou-Testamentikus

soos Walter C Kaiser (jr.) al aangetoon het dat

“grammaties” in grammaties-histories in die 19de eeu

eerder na “letterlik” as na “taalkundig” verwys.

Kan ons in akademiese konteks sommer op klankekse-

gese af ’n hele klomp goed oor hierdie metode aanvaar

wat nie deur Bybelwetenskaplike navorsing ondersteun

word nie?

Dan praat ek nie eers van Hans Frei (1974) se indringende

studie oor hermeneutiese ontwikkelings in die

18de en 19de eeue nie (’n werk wat op elke teologiese

biblioteek in die land se rakke is, behalwe in Potchefstroom

– ’n leemte waarvoor ek gedeeltelik verantwoordelikheid

aanvaar). Daarin toon hy onder andere aan dat

die Reformatore se beskikbare hermeneutiese modelle

baie van ons s’n verskil. ’n Onderskeid tussen die teks

enersyds en byvoorbeeld historiese konteks of outeursbedoeling

andersyds was ondenkbaar binne die 16deeeuse,

hermeneutiese denkklimaat. Die teks bevat gewoon

die historiese konteks of outeursbedoeling.

In daardie konteks beteken grammaties-histories dus

letterlik-histories. Dit is juis om hierdie rede dat Calvyn

in sy kommentaar op Genesis 3:15 ’n Christologiese interpretasie

van hierdie vers afwys!

My aanvanklike opmerkings is egter nie aangewakker

deur hierdie vorm van teoretiese redenasie nie, maar

deur die praktiese lees van Genesis 1 en 2 in die konteks

van evolusieteorieë. Die drie kollegas het nie aangetoon

dat die grammaties-historiese metode ons insigte in hierdie

verband verbreed het nie.

So kan die grammaties-historiese metode ook nie ’n

ontstaanskonteks in die tweede eeu vC vir die boek Daniël

ondersteun nie – iets wat algemeen onder Ou-Testamentici

aanvaar word. Dit is juis die konsekwente gebruik

van daardie metode wat lei tot die volgende afleiding:

“Daarom word daar met redelike sekerheid aanvaar dat

die Ou Testament tot en met die boek van Josua teen

1100 vC alreeds as versameling bekend was en gebruik

is” (prof. Jordaan, Die Kerkblad Maart 2008, p. 20).

Ek weet van nie een publiserende Ou-Testamentikus wat

met hierdie stelling sal saamstem nie. Ek twyfel dus sterk

of die kosmetiese veranderinge wat hulle aan die gram

� na bl. 40

32 • Die Kerkblad • 2008

desember