15.11.2012 Views

Desember 2008 - Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Desember 2008 - Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Desember 2008 - Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

en dat Hy saam met hulle reis. God

se hier-wees in Jesus Christus is dus

nie ’n ontkenning van die swaar omstandighede

wat aanleiding gee tot

’n Weg-kultuur by mense nie. Die

Seun se “kom woon” beteken juis

ook nie gearriveerheid of ’n finale bestemming

nie. God identifiseer Hom

in die Seun met sy kinders en gaan

SAAM met hulle op pad na ’n beter

toekoms. Dis juis God se saamgaan

met die volk wat hulle so uniek gemaak

het (Eks 33:15). In Christus

doen Hy dit nou weer vir ons wat vandag

lewe.

God hou sy VERBOND

Die bou van die tabernakel volg op

die verbondsluiting (Eks 24). In die

Nuwe Testament word die tabernakel

dan ook “die verbondstent” genoem

(Heb 8:9). God se besondere genade-ooreenkoms,

waarin Hy Homself

aan sy mense verbind, het vir die Israeliete

sigbaar geword in die tabernakel

daar by hulle.

Dieselfde (en méér) gebeur in die

Seun se koms. In die “kom woon”

van sy Seun sê God dat Hy sy verbond

hou. Die Seun kom inderdaad al die

verbondseise in ons plek vervul, sodat

God se seënryke en reddende teenwoordig-wees

by almal wat Hy gekies,

’n werklikheid kan wees.

God in BEHEER

Die tabernakel van God was die middelpunt

van die reisende Israeliete

se kamp en lewe. Die opslaan, afbreek

en reis van die hele laer het

ordelik rondom die tabernakel plaasgevind

(Num 2:17). Vanuit die tabernakel

is die Israeliete se leefstyl bepaal.

In die diepste van die tabernakel,

die allerheiligste, was immers die

ark met die Tien Gebooie.

Wanneer Jesus Christus in hierdie

wêreld kom “tabernakel”, kom Hy

dus nie bloot as ’n passiewe medereisiger

nie. Hy en sý wet (Gal 6:2) moet

inderdaad in die sentrum staan, en

alles moet ordelik vanuit Hom en vir

Hom bestuur word.

2008

desember

uit die Woord

ONTMOETING

Die tabernakel was ook bekend as “die tent van samekoms”. In daardie

tent was daar voortdurend lig (Eks 27:20-21). God was dus in sy “woon”

onder die Israeliete dag en nag toeganklik. Die Israeliete kon God in die

tabernakel ontmoet en al hulle behoeftes aan Hom stel. Daar waar God sy

kinders ontmoet, ontmoet sy kinders ook mekaar. Hulle liefde vir en afhanklikheid

van God smee ’n kosbare eenheid tussen hulle. In Christus se koms

stel God Hom weer toeganklik in hierdie wêreld en begin Hy ’n nuwe eenheid

en vrede tussen mense.

Die verhouding met God vra OFFERS

Die tabernakel was die plek waar soggens en saans ’n lam as offer gebring

is (Eks 29:38-46). Daarin lê die erkenning dat die ontmoeting tussen God

en mens nie vanselfsprekend is nie. Die heiligheid van God en die sondigheid

van mense roep om offers en offergawes. Wanneer Jesus Christus onder

ons kom “woon”, voorsien God self in Hom die volmaakte Lam wat die

ewige verhouding met God moontlik maak.

God maak sy HEERLIKHEID sigbaar

Die tabernakel was ook die plek waar God se heerlikheid sigbaar geword

het. Die wolk van God het die tabernakel gevul (Eks 40:34-35) en dit oordek

(Num 9:16). Daarom was die tabernakel ook die plek van die liturgie, van

die erediens, van die verheerliking van God. In Christus word die heerlikheid

van God weer sigbaar (Jh 1:14b). Dit roep ons tot aanbidding en verheerliking

– ja, tot die liturgie van die lewe.

God openbaar die WAARHEID

By die tabernakel is die volk ook onderrig in die waarheid. Waarheid, nie

alleen as kennis nie, maar as die kern van die verbond, die persoonlikintieme

verhouding met God. In Christus het die heerlikheid en genade van

hierdie waarheid tot by ons gekom (Joh 1:14b). Deur by ons te “tabernakel”,

dui God aan dat Hy op ’n intiem-persoonlike verhouding met al die uitverkorenes

mik. In Jesus Christus maak Hy hierdie verhouding van waarheid

moontlik. Hy is die weg, die waarheid en die lewe (Joh 14:6).

Gelowiges in Suid-Afrika vandag mag nie maar gedagteloos die Weg-kultuur

aanvaar of toelaat dat dít hulle lewensbesluite bepaal nie. Kersfees roep

ons tot nadenke, besinning en verwondering oor die God wat hier by ons

kom woon. Hierdie besinning verdiep met die insig dat my fisiese hier-wees

vandag alles te doen het met God se “kom woon” in die wêreld. My fisiese

hier-wees, my liggaam, is immers vandag God se woonplek, sy tempel (1

Kor 6:19). God woon in hierdie land, in my en ander gelowiges se fisiese

teenwoordigheid. So verteenwoordig die gemeente waarvan ek deel is Christus

se liggaamlike konkrete hier-wees in hierdie wêreld. Christene wat dus

in hierdie dae besluite moet neem oor bly of ry, moet dit geïnspireerd (deur

die Gees gelei) doen. Waar is dit wat die God wat in my woon wil “tabernakel”?

Só ’n geïnspireerde keuse beïnvloed ’n mens se leefstyl. Dit lei tot ’n bewuste

lewe-met-God in hierdie wêreld, ’n lewe in vaste geloofsvertroue dat God sy

verbond hou. Dit word ’n lewe wat vanuit Christus beheer en georden word,

’n liturgiese lewe van blywende Kersfees, afgestem op die heerlikheid van

God, ’n lewe van dankoffers wat die genade en waarheid van ’n persoonlike

verhouding met Jesus Christus weerspieël. DK

• Die Kerkblad • 5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!