17.08.2018 Views

NUUS_K3-Aug 2018

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

leerders gekommunikeer en kleiner

opdragte word ʼn week voor die tyd aan

leerders gegee. Ek wil nie veralgemeen

nie, maar sommige leerders dink dat

om afwesig te wees die dag wanneer

‘n opdrag ingehandig moet word, die

oplossing is. Die 10% wat afgetrek word

per dag, vir elke dag wat die opdrag

laat is, kan daarom gesien word as ‘n

verspilde geleentheid.

Ons is geseën met ons vertoning tydens

die Oppie Tong Af Redenaarsfees. Ek

kan duidelik die positiewe invloed van die

redenaarskompetisies, asook die ATKV

en die Toastmasters, op ons leerders

sien in die wyse wat ons voornemende

prefekte hulle voorleggings gedoen het.

Om ‘n suksesvolle spreker te wees, baan

die pad na sukses. Dis met groot afwagting

wat ons uitsien na die openingsaand

van ons pantomime – die plakkate is

reeds op. Verder neem ons koor en ons

dramagroep, met Breyten en Blake,

deel aan die Tshwane Jeugkunstefees.

Ons het ook ʼn baie suksesvolle dwelm

bewusmaking week agter die blad met

verskeie gas sprekers wat ons leerlinge

gewys het op die gevare.

Verlede Saterdag het ons o/16-

hokkiedogters ons ongelooflik trots

gemaak as die eerste span in Curro

Roodeplaat-geskiedenis wat deurgedring

het tot die finaal van die Noordvaalkompetisie.

Alhoewel Curro met die

louere weggestap het, het ons dogters

as naaswenners uit die stryd getree. Ons

dogters het 0-1 teen Curro Heuwelkruin

verloor. Daar moet egter genoem word

dat ons verlede jaar 9-0 teen hulle verloor

het. BAIE GELUK MEISIES. Beide ons

o/15- sowel as ons 0/17-rugbyseuns het

ongelukkig verloor in die ronde van 16.

Marselle Cronje is verkies tot die Noord-

Gauteng Aksiekrieket se o/23-span. Ons

wens hom alle sterkte toe. Landloop,

krieket, gholf en sokker is nou aan die

orde van die dag en na ‘n suksesvolle

sokkerkamp, word daar groot dinge van

ons seuns verwag.

Ons wens al die graad 12-leerders

en ouers alle sterkte toe met die

voorbereiding vir die rekordeksamen.

Mag God u en u familie ryklik seën.

Hou aan vra HOEKOM?

02

Pieter van Wyk

Hoof: Hoërskool

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!