Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
KWARTAAL 3

NUUSBRIEF 09/18
INHOUDSOPGAWE

01 BOODSKAP UIT DIE KANTOOR pg 04

02 HOËRSKOOL GEBEURE pg 08

03 HOËRSKOOL SPORT pg 12

04 HOËRSKOOL KULTUUR pg 16

05 HOËRSKOOL BELANGRIKE DATUMS pg 18

06 LAERSKOOL TONEEL pg 20

08 LAERSKOOL SPORT pg 24

09 LAERSKOOL KULTUUR pg 28

10 LAERSKOOL BELANGRIKE DATUMS pg 32

11 CURRO CASTLE pg 34

12 BELANGRIKE DATUMS pg 36

13 CURRO CASTLE GALLERY pg 37

14 KONTAKBESONDERHEDE pg 38
BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

“Be a buddy not a bully.”

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 4
01

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 5
BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

Ons spandeer die maand van September met opleiding en gesprekke

met ons personeel en leerders rondom ons “anti bullying”- veldtog.

As aandeelhouers in die opvoeding van ons kinders, is ons trots op

hierdie veldtog. Ek nooi graag elke leerder en ouer uit wat hierdie tipe gedrag

beleef het, getuies was van sulke gedrag, of dalk self sulke gedrag openbaar

en hulp verlang, om met enige onderwyser te gesels.

Curro het tablette en e-leer vir die Intermediêre-, Senior- en VOO-fase

vanaf 2014 met gemengde suksesse geïmplementeer. Die meeste ouers en

leerders het hierdie nuwe tegnologie positief ervaar, alhoewel daar enkele

leerders is wat hardekopie handboeke verkies het. Vanaf 2019, sal Curro ’n

gemengde benadering volg met ’n kombinasie van hardekopie handboeke

en e-boeke. Ouers sal toegelaat word om hardekopie handboeke of steeds

die e-boeke, soos voorheen, aan te skaf. Let daarop dat leerders steeds ’n

elektroniese toestel gaan benodig, aangesien onderwysers steeds inhoud

(werkopdragte, notas ens.) slegs elektronies aan leerders se toestelle gaan

stuur. Daar sal geen harde kopie van enige werkkaart/nota vir enige leerder

gemaak word nie. Ek sal binnekort in ’n aparte skrywe die proses van hier af,

aan ons ouers en leerders verduidelik.

Ek bedank graag elke ouer, leerder en onderwyser vir jul toewyding en

harde werk gedurende die afgelope kwartaal. Ons was werklik geseënd met

uitsonderlike prestasies op alle terreine van ons skoollewe. Die onderskeie

hoofde sal in hul afdeling spesifiek hierna verwys. Ek verleen graag erkenning

aan ons hoërskoolleerders wat ure en ure se harde werk ter voorbereiding

van ons eerste pantomime ingesit het. Dit was werklik ‘n genotvolle aand

waarop ons elkeen baie trots kan wees. Ek is opreg dankbaar vir elke ouer en

leerder wat deelgeneem het aan die fondsinsameling met ons kaskardag. Dit

was weereens ‘n reuse sukses – ek sê bloot, BAIE DANKIE! Ek herinner ook

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 6
BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

graag al ons ouers aan ons gholfdag wat deur ons OAK georganiseer word

en wat op 31 Oktober te Pebble Rock plaasvind. Ondersteun asseblief hierdie

inisiatief!

Kinderveiligheid het die afgelope paar weke die hoofopskrifte in die media

gehaal en ek deel die bekommernis van die gemeenskap oor hoe ons na ons

kinders omsien. Ons kontroleer en monitor ons sekuriteit op ’n gereelde basis

en wil daarom die volgende opnuut onder u aandag bring:

• Rapporteer asseblief enige verdagte gedrag deur enige persoon dadelik

by ontvangs.

• Maak seker dat u kind die skoolterrein veilig ingaan.

• Indien u, u kind voor die einde van die skooldag moet kom afhaal, moet

u asseblief by ontvangs aanmeld. U word nie toegelaat om na u kind se

registerklas te gaan om u kind self daar af te haal nie.

Baie geluk aan ons nuutverkose hoërskoolprefekte. Ons is bevoorreg om jul

as die 2019-leiers, wat ons na nuwe hoogtes sal lei, te hê.

Ek wens graag al ons families en onderwysers alles wat mooi is toe

gedurende die vakansie. Mag God u en u geliefdes ryklik seën! Ons gr.

12-personeel en -leerders gaan in die vakansie met ons lenteskool die laaste

voorbereidings doen met die oog op die komende eindeksamen – sterkte, julle

sal die vrugte gedurende jul laaste skooleksamen pluk!

Ferdi Niemand

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 7
HOËRSKOOL GEBEURE

Hou aan vra HOEKOM?

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 8
02

SEPTEMBER 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 9
HOËRSKOOL GEBEURE

Die einde van die derde kwartaal

is in sig. Ons het egter nog ‘n

hele paar opwindende gebeure

wat voorlê.

Ons, as skool, kan die Here loof en

prys vir al die seëninge. Ons leerders

het ongelooflike groei in verskeie

velde getoon. As ek terugdink aan die

prefekvoorleggings en die prefekkamp

in vergeleke met verlede jaar, blyk dit ‘n

ander skool te wees. Die welsprekende

wyse waarop leerders in staat was om

hulle standpunte oor te dra, is werklik

noemenswaardig. Ons het daarin

geslaag om op demokratiese wyse

‘n prefekliggaam te verkies wat die

voortou in 2019 sal neem. Hulle het

verseker my stem. Ons as die Curro

Roodeplaat-familie moet hulle nou ten

volle ondersteun. Die stemproses deur

die prefekte om die leerders wat hul

gaan lei te verkies, is afgehandel. Dit sal

aangekondig word tydens die amptelike

prefekinhuldiging.

Akademies was dit ‘n makliker

kwartaal in teorie weens die feit dat die

kwartaal bestaan het uit minder streng

assesserings. Dit sal weerspieël word in

die rapporte wat aan die einde op die

laaste dag van die kwartaal sal uitgaan.

Neem egter kennis dat dit net van

toepassing op graad 8- tot 11-leerders

is. Die graad 12’s is ‘n heeltemal

ander saak. Die rekordeksamen is

tans besig om afgelê te word en die

leerderterugvoering is positief. Maar,

sien is glo en hulle rapporte sal na die

vakansie uitgedeel word aangesien

hulle tot aan die einde van die

kwartaal eksamen skryf. Lenteskool is

geskeduleer vir die vakansie en leerders

sal deur hulle vraestelle werk. So kan

tekortkominge geïdentifiseer word voor

hulle hul rapporte ontvang. Daarom

moet hierdie poging deur die personeel

benut word.

Baie dankie aan iedereen wat die graad

9-vakkeuse inligtingsaand bygewoon

het. Ons graad 10-leerders vertrek op

hulle jaarlikse Kompaskamp, waar hulle

hulself gaan ontdek en waar hulle ook die

regte pad vorentoe sal bepaal. Vandaar

die naam van die kamp. Gedurende

dieselfde week, sal ons graad 8- en

9-leerders op uitstappies gaan en ons

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 10
HOËRSKOOL GEBEURE

graad 11-leerders vir werkskadu.

Baie ure en harde werk loop uit in ons

eerste pantomime ooit en ons hoop

dat almal die opvoering van die jaar

sal bywoon. As die sukses van ons

kooroptrede en ons dramagroep se

Breyten en Blake enigsins iets is om

te gaan, beloof die pantomime om ‘n

bulderende sukses en ‘n ware viering

van kultuur, wat groei in statuur aan ons

skool, te wees. Gedurende die Pretoria

Eisteddfod Kunsprysuitdeling is Cailan

Bloys aangewys as die wenner in die

graad 10-kategorie: fotografie. Mieke

Bolhuis is in verskeie kategorieë as

wenner gekroon en ook aangewys as die

algehele wenner van die kunsafdeling

van die Pretoria Eisteddfod.

Sokker vir beide meisies en seuns,

krieket, landloop, bergfiets, skaak,

binnenshuise hokkie en gholf was die

sportaktiwiteite van die kwartaal. Bo en

behalwe dit is verskeie van ons seuns

besig met rugby- en krieketproewe vir

provinsiale kleure en verteenwoordiging.

Dit maak ons ongelooflik trots. Die punte

en refleksies sal in die sportafdeling van

die nuusbrief gekommunikeer word.

Ons het lentedag behoorlik gevier die jaar.

Ons het die dag afgeskop met die plant

van ‘n boom. Met groot opwinding het

die netbal gevolg, waar slegs die seuns

kon doele aanteken. Ons het voorwaar

ongelooflike talent ontdek. Hokkie en

raakrugby, met dieselfde tipe reëls, het

gevolg. Ons het toe aan beweeg na die

Chariots of Fire-wedren en die dag is met

ons lenteliedjie afgesluit. Al die vieringe

het in huisverband plaasgevind. Die

vraag bly egter – WIE HET GEWEN?

Ons matriekafskeid vind die laaste dag

van die kwartaal plaas. Ons wil graag

die hele gemeenskap uitnooi na die

aankomsparade en die rooitapyt om

17:00 by die skool. Kom kyk na die rokke

en motors voor ons matrieks vertrek na

hul geheime venue.

Soos ons die finale pylvak betree, wens

ek elkeen ‘n welverdiende ruskans toe.

Ek hoop u kom uitgerus terug sodat ons

2018 op ‘n hoogtepunt kan afsluit en die

fondasie kan begin lê vir 2019.

Pieter van Wyk

Head: High School

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 11
HOËRSKOOL SPORT

03

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 12
DOGTERSHOKKIE

Kwartaal drie het vir die hokkiedogters ‘n nuwe uitdaging gebring. Ons speel vir die

eerste keer in ‘n binnehuis hokkieliga. Die doel van die liga is om die dogters se

vaardighede te verskerp en hulle fiksheidsvlakke hoog te hou ter voorbereiding vir

volgende jaar se seisoen.

Die eerste wedstryde het op 29 Augustus 2018 by Hatfield Christian School

plaasgevind. Ons het begin met die junior span wat drie wedstryde van 2o min elk

gespeel het.

Die uitslae lyk soos volg:

• Wedstryd 1 – Curro Roodeplaat teen Hazeldean (3-1)

• Wedstryd 2 – Curro Roodeplaat teen Hatfield Christian School (0-3)

• Wedstryd 3 – Curro Roodeplaat teen Crawford College (2-0)

Die seniors het ‘n loslootjie gehad en sal in die opkomende week hul eerste

wedstryde begin speel.

Alhoewel hulle skrikerig was aan die begin, het hulle elke minuut geniet.

Sterkte met die opkomende wedstryde.

SOKKER

Sokker is steeds volstoom by die hoërskool aan die gang. Ons leerders het tot op

hede voldoen aan die verwagtinge wat ons van hul gehad het. Gedurende die seisoen

het ons teen strawwe kompetisie te staan gekom en steeds het ons leerders hul

opponente verras.

Die o/15 en 1ste span het vanaf die laaste nuusbrief te staan gekom teen Hatfield

Christian School en Curro Soshanguve. Die o/15 span het vir Hatfield Christian

School 2 – 1 gewen en teen Curro Soshanguve 2 – 2 gelykop gespeel. Die eerste

span het teen Hatfield Christian School 4 – 3 verloor en teen Curro Soshanguve het

hul 4 – 2 gewen.

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 13
SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 14
KRIEKET

Kwartaal drie het vir die krieketseuns ‘n nuwe uitdaging gebring met die nuwe liga

waarin hul deelneem. Ons o/15 span sowel as die eerste span het tot op hede puik

prestasies behaal.

Tans is die o/15 span onoorwonne. Die uitslae vir die wedstryde wat al gespeel was

lyk as volg:

1ste span

Datum Teenstander Uitslae

13 Augustus 2018 Cullinan Wen met 52 lopies

20 Augustus 2018 Erasmus Verloor met 3 paailtjies

27 Augustus 2018 Silverton Wen met 10 paaltjies

3 September 2018 CBC Wen met 9 paailtjies

o/15

Datum Teenstander Venue

16 Augustus 2018 Lyttelton Manor A Wen met 140 lopies

23 Augustus 2018 Soshanguve A Wen met 43 lopies

30 Augustus 2018 FH Odendaal A Wen met 10 paaltjies

Sterkte met die opkomende wedstryde.

GAUTENG-SKAAKKAMPIOENSKAPPE

Saterdag, 18 Augustus het Curro Roodeplaat se o/15- en o/19-span aan die Distrik

1 finaal deelgeneem te laerskool Du Preez van Wyk in Bronkhorstspruit.

Kan jy jouself indink, hoe dit lyk as 50 spanne in een groot saal besig is om skaak te

speel? Die spannende stilte…

Ons o/15-span is aangewys as algehele wenners in die distrik, en ons o/19-span het

derde geëindig.

Die o/15-span is uitgenooi om deel te neem aan die Gauteng-kampioenskappe. Hierdie

uitnodiging is ʼn baie groot eer wat Roodeplaat toegeval het.

Saterdag, 25 Augustus is die Pretoria Skougronde omskep in ʼn skaakspelerparadys.

Die kompetisie het in die pluimbalsaal plaasgevind , maar buite het dit behoorlik

gegons soos spanne hulle strategieë bespreek, beplan en geoefen het.

Na elke ronde moes ons ʼn sterker opponent in die oë kyk. Curro Roodeplaat het in

die 4de rondte ongelukkig vasgeval.

Roodeplaat se o/15-span is nou 1st op die ranglys vir Distrik 1 en het 24ste geëindig

in die Gauteng kampioenskappe.

Welgedaan!

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 15
TSHWANE JEUGKUNSTEFEES:

Baie geluk aan die volgende

leerders wat besonders presteer

het tydens die Tshwane

Jeugkunstefees.

Calain Bloys is as graad

10-itemwenner in die

fotografiekatergorie aangewys.

Mieke Bolhuis is as graad

9-itemwenner aangewys in die

volgende afdelings:

• Skilderkuns

• Tekenkuns

• Keramiek

HOËRSKOOL

KULTUUR

Mieke is dan ook aangewys as

kategoriewenner vir hoërskole in

keramiek en ook aangewys as

algehele wenner, beeldendekunste:

hoërskool.

04

Ons is ongelooflik trots op albei van

julle.

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 16
SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 17
HOËRSKOOL BELANGRIKE DATUMS

05 04

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 18
SEPTEMBER

SONDAG 16/09 Graad 10-Kompaskamp arriveer terug

VRYDAG 21/09 Rapporte graad 8-11 word uitgedeel

Skool sluit (10:00)

Matriekafskeid

WOENS-VRY 03/10-05/10 Graad 12-lenteskool

DINSDAG 09/10 Skool heropen

DONDERDAG 11/10 Bloedskenkdag 08:00-15:00

MAANDAG 15/10 Graad 12-Oueraand (18:00)

DINSDAG 16/10 Gala-aand: Sport en kultuur (19:00)

VRYDAG 19/10 Graad 12: Finale saalbyeenkoms

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 19
LAERSKOOL TONEEL

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 20
“Real success is a journey. We have

to approach it with a long-term mindset

– John Maxwell

06

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 21
LAERSKOOL TONEEL

Met dankbaarheid staan ons die einde van nog ‘n suksesvolle kwartaal.

As skool het ons so baie beleef en bereik in hierdie kort, maar bedrywige

derde kwartaal.

Ek bedank al ons deelnemers, afrigters en organiseerders van die eisteddfods,

kultuurweek, landloop, krieket, sokker, hokkie, tennis en ruitersport. Julle het van

hierdie kwartaal ‘n super-kwartaal gemaak! Sonder u as ouers se ondersteuning,

sou al hierdie bedrywighede onmoontlik gewees het. Ek is dankbaar teenoor u

elkeen!

‘n Suksesvolle kultuurweek is afgesluit op ‘n hoogtepunt met ‘n gala-aand waar

leerders geskitter het met hul vele talente. Dankie Roodies vir die oorgawe waarmee

jul die week aangepak het!

Ons boekweek (3-7 September) is afgeskop met ‘n lentepiekniek en boekuitstalling.

Baie dankie ook aan al ons leerders wat boeke geskenk het vir ons biblioteek-inwording!

Baie geluk aan die volgende vyf krieketspelers wat die skool verteenwoordig het

by die o.13 Big Bash-krieketweek te SuperSport park: Divan de Bruyn, Dirk van

der Hoff, Adam Cannata, Amogeleng Tshoagong en Jan-Lourens du Toit. Ons is

sommer baie trots op julle manne!

Maar dit is nie net die leerders wat besonder presteer nie. Mnr Glen Attwell het

ook die Roodie- vaandel trots laat wapper toe hy gekwalifiseer het vir die SAlandloopspan

wat op Saterdag, 8 September aan die nasionale kampioenskappe in

Port Elizabeth deelgeneem het. Trots Curro Roodeplaat!

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 22
Lente is in die lug….en ons eerste ma-en-dogter tee het lente op ‘n gepaste

manier verwelkom. Baie dankie aan elkeen wat van hierdie oggend ‘n besonderse

kuiergeleentheid gemaak het!

Ons jaarlikse fondsinsamelingsprojek – die kaskardag- is nog ‘n hoogtepunt op ons

kalender. Baie dankie aan elke leerder, ouer en opvoeder wat ook hier hul gewig

ingooi om van die projek ‘n reuse sukses te maak. Die totale bedrag ingesamel sal

aan u bekend gemaak word in die eerste nuusbrief van die vierde kwartaal.

Die skool sluit Vrydag, 21 September om 10:00. Alle leerders woon die eerste drie

akademiese periodes by en ontvang dan hul rapporte gedurende registerperiode

(09:30-10:00). Skool heropen weer op Dinsdag, 9 Oktober.

Belangrike datums vir die eerste twee weke van die nuwe kwartaal sal u in hierdie

nuusbrief vind.

Geniet die welverdiende blaaskans wat voorlê. My gebede gaan saam elke gesin

waar u ookal mag reis die vakansie.

Alta Theunissen

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 23
LAERSKOOL SPORT

SOKKERKAMP

Op Vrydag, 31 Augustus het die o.11 en

o.13 sokkerspanne na Camp Discovery vir

hul sokkerkamp vertrek. Met hul aankoms

het die seuns nie baie tyd gehad om hulself

tuis te maak nie, aangesien afrigting byna

onmiddellik begin het. Die voormalige Bafana

Bafana ster en Supersport United legend,

Phil Evans, het die afrigtingspan gelei. Na

‘n besige eerste dag het die seuns afgekoel

en ontspan met hul eie swembadpartytjie.

Die tweede dag het dou voor dag al begin

met ‘n spanstrategie-afrigtingsessie. Na

middagete het die seuns hul vrye tyd geniet

met ‘n baie opvoedkundige wildsrit. Die

middagsessie het afgeskop met die o.11 span

wat albei hul wedstryde teen Glenstantia A

en Glenstantia B gewen het. Die middag het

die o.13 span gevolg deur hul wedstryd teen

Prestige College Thornview te wen. Aan die

einde van die tweede dag het al die seuns

alreeds voor ligte uit aan die slaap geraak.

Sondag was daar ‘n finale afrigtingsessie

en ʼn prysuitdeling het daarna plaasgevind.

Tydens die prysuitdeling het Leaveill Ceylon

die MVP-toekenning vir die o.11’s gewen en

Tiisetso Hlokwe het die MVP-toekenning vir

die o.13 ouderdomsgroep gewen.

Baie dankie aan al die seuns wat die kamp

baie suksesvol en onvergeetlik gemaak het

vir almal.

TENNIS

Ons onder 13 seuns-tennisspan is aan

die brand. Hulle het tot dusver vyf uit

vyf wedstryde gewen. Die uitslae vir die

afgelope drie weke is as volg:

Laerskool Pierneef 32 – 23

Laerskool Villieria 41 – 14

Laerskool Voorpos 29 – 26

Ons is ongelooflik trots op julle.

LANDLOOP

Ons het vyf leerders gehad wat by

Hoërskool Eldoraigne deelgeneem het op

18 Augustus 2018. Alhoewel nie een van

hul gekwalifiseer het vir die SA-span nie

is ons nogsteeds baie trots op Kwetsima

Chabalala Gr 2, Armand Vivier Gr 3, Rosou

Rossouw Gr 3, Kristen Barry Gr 4 en Ethan

van Deventer Gr 6.

Curro Roodeplaat het wel ‘n SA-deelnemer

gehad…ons eie Mnr. Glen Attwell. Hy het

3de plek by die kampioenskappe behaal

en deurgedring na die SA kampioenskappe

wat op 8 September in Port Elizabeth

plaasgevind het.

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 24
07

SEPTEMBER 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 25
07

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 26
LAERSKOOL SPORT

RUITERSPORT

Die laerskool se ruiterspan het besonder

goed gevaar hierdie jaar. Hulle is by die

Sanesa prysuitdeling wat Saterdag, 25

Augustus plaasgevind het, aangewys as

wenners van die Gauteng-Noord streek in

hulle liga. Baie geluk aan die span: Haylee

Duarte, Rashelle Duarte, Shakeira Lee-

Davies en Sulize Hillocks.

Haylee ontvang ook ‘n algehele 4de plek

vir die laerskool ruiters 2018, vlak 1-7.

Rashelle ontvang ‘n algehele 1ste plek

vir vlak 0 ruiters, asook die trofee vir die

beste ruiter van die jaar vir vlak 0.

Baie geluk, ons is trots op ons ruiterspan!

HOKKIE

Die hokkieseisoen is goed onderweg. Die

seuns en die meisies oefen baie hard vir

hulle wedstryde elke week en ons kan

die verbetering in hulle spel sien. Al die

spanne oefen op die astro by die hoërskool

en ons is trots om ook ons tuiswedstryde

daar te hou. Die meisieshokkiespanne het

nog twee wedstryde oor teen Laerskool

Bergsig en Laerskool Meyerspark en ons

is baie opgewonde om te sien hoe hulle

gaan speel. Die seunshokkiespanne

het ook twee wedstryde oor teen

Hatfield Christian School en Laerskool

Rooihuiskraal. Ons kan nie wag om hulle

te sien floreer op die veld nie. Sterkte vir

die res van die seisoen en hou aan om so

hard te oefen en te speel.

KRIEKET

Ons is besonders trots op die volgende seuns wat gekies is om deel te neem aan die Titans se

T20 Big Bash vir o.13 spanne: Divan de Bruyn, Dirk van der Hoff, Adam Cannata, Amogeleng

Tshoagong en Jan-Lourens du Toit. Dit is ’n besondere voorreg om krieket op SuperSport

Park te kan speel.

Ons uitslae vir die seisoen is soos volg:

Skool o.9 o.11 o.13

Eduplex Primary Verloor met 9 paaltjies Verloor met 2 paaltjies Verloor met 8 paaltjies

Southdown College Verloor met 174 lopies Verloor met 8 paaltjies Verloor met 32 lopies

Curro Thatchfield Wen met 84 lopies Wen met 100 lopies Wen met 157 lopies

Jacaranda College Verloor met 9 paaltjies Verloor met 4 paaltjies Geen wedstryd

Die Krans Wen met 7 paaltjies Verloor met 1 lopie Wen met 41 lopies

Laerskool Bergsig Verloor met 10 lopies Wen met 10 paaltjies Wen met 30 lopies

Maragon Moet nog speel Moet nog speel Wen met 29 lopies

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 27
08

SEPTEMBER 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 28
LAERSKOOL KULTUUR

Kultuur het verseker in kwartaal 3 ’n hoogtepunt bereik. Daar was verskeie

geleenthede vir die leerders om aan deel te neem. Kultuurweek het vanaf 20 –

23 Augustus plaasgevind. Daar was verskeie werkswinkels in die middae vir die

leerders om by te woon, onder andere dans en drama. Op Maandag, 20 Augustus

het ons “graffiti in die vierkant” gehad. Die leerders het dit vreeslik baie geniet en

daar was vele pragtige kunswerke vir ons om te admireer. Die wenners van die

“graffiti in die vierkant” was:

• Graad 1-3: Naledi, Maxine, Rumby and Lesedi from Graad 1E

• Graad 4-6: Anrizel, Izette, Reynard and Donovan from Graad 6A

• Graad 7: Myralene, Daniele, Johané and Zandri from Graad 7A.

Baie geluk aan hierdie leerders! Baie dankie aan die betrokke personeel wat die

werkswinkels soveel pret vir die leerders gemaak het. Ons hoop dat ons aantal

deelnemers aan die kultuurweek volgende jaar sommer sal verdubbel en dat meer

hul talente sal ontwikkel!

Die Gala-aand was ook ‘n reuse sukses en ’n genotvolle aand gewees. Verskeie

talente is ten toon gestel - onder andere sing, dans, die speel van instrumente,

toneelspel en selfs ‘n paar grapjasse wat hul deurbraak kom maak het. Dit was

werklik ‘n spesiale aand om te onthou en ons wil net dankie sê aan elke leerder en

ouer vir hul betrokkenheid gedurende kultuurweek.

Gedurende die week van 3 – 7 September het Boekweek plaasgevind, waar

leerders ook boeke vir die skoolbiblioteek kon skenk. Baie dankie vir elkeen

se ondersteuning met hierdie projek. Op 3 September het ons ook ‘n heerlike

lentepiekniek geniet om die seisoenverandering te vier. Die leerders het uitgevat in

hul “civvies” gelyk en het dit baie geniet om hul piekniekmandjies met hul maats te

kon deel.

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 29
LAERSKOOL KULTUUR

MA-EN-DOGTER TEE

Die eerste jaarlikse Ma-en-dogter

tee het plaasgevind op Saterdag,

8 September. Dit was waarlik ’n

feestelike geleentheid. Al die mammas

en dogters was pragtig geklee in hul

lentedrag en party het selfs passende

om geld op skoonheidsprodukte te

bespaar. Baie dankie aan elke persoon

wat bygedra het tot die sukses van

hierdie heerlike oggend! Dankie aan

elke ma en dogter wat die oggend saam

met ons spandeer het. Ons sien uit na

volgende jaar se ma-en-dogter tee!

uitrustings gehad! Die vrolike lentegees

was verder aangehelp deur pragtige

dekor, smaaklike lenteblom-kolwyntjies

en ander versnapperings. Verskeie

bekende gaste het ons mammas en

dogters vermaak en toegespreek. Ryan

KLIEK HIER

Hammond en Angelique Allison van

Dancing with the Stars SA het almal op

die dansvloer gehad om die cha-cha aan

te leer. Kedidimetse Tswai, kroonwenner

van Mrs Africa Globe in 2017 het oor

innerlike en uiterlike skoonheid gesels

en was ‘n inspirasie om jouself mooi te

versorg. Sarsih Miskin, ‘n skoonheidsen-grimeerkunstenaar

het wenke en

grimeerkunsies gedeel asook slim idees

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 30
Guests of honour

Sarsih Miskin,Kedidimetse Tswai and Ryan Hammond

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 31
BELANGRIKE DATUMS

SEPTEMBER

15 September Mini-hokkie: Curro Roodeplaat

o.9 Krieket: Jacaranda College

20 September Kaskar

21 September Skool sluit (10:00)

KWARTAAL 4

OKTOBER

9 Oktober Skool heropen

11 Oktober Atletiek huissport

12 Oktober Graad 6-kamp

15 Oktober Fotodag: sport en kultuur

17 Oktober Oueraand

19 Oktober Swemgala

20 Oktober Run & Ride

24 Oktober Graad 1-konsert

26 Oktober Swemgala

30 Oktober Musiekdepartement: jaarkonsert

10

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 32
SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 33
“Be kind to everyone

you meet. You do not

know if they have a

toddler at home”

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 34
CURRO CASTLE

Ons het die beste besoek nog

gehad vir die jaar. Baie baie

dankie aan Kaptein JP Marais

en sy hele span wat ons polisie so goed

verteenwoordig het. Julle is voorwaar

wonderlik en ons waardeer al julle moeite

en tyd om vir ons te kom leer en wys hoe

baie julle doen om ons land te dien.

Die Polisiemanne het dit so geniet om

te sien hoe ons kleuters soos polisie- en

brandweermanne aangetrek is. Julle as

ouers is die oulikste en oorspronklikste.

Kyk gerus in ons foto galery hoe baie julle

is.

het ons laat huppel van vreugde!

Ons nooi ook vir Leeuwfontein kleuterskool

uit na ons Poppekas vertoning op 14

September. Hulle is ons uitreik-maatjies

vir 2018. Enige ou, skoon kleertjies of

skoene wat julle wil skenk is welkom. Ons

gaan bokse verf, die klere daarin pak en

dan die einde van die jaar vir hulle aflaai.

Ons waardering lê diep in ons harte vir ’n

kwartaal vol nuwe herinneringe, baie leer,

lag en pret.

Geniet julle vakansie!

Op Vrydag, 24 Augustus het ons lenteblommetjies

gebak. Hier gaan defnitief ’n

paar Michelin-ster-sjefs nog ontwikkel. Dit

het heerlik geruik en net so lekker geproe.

Vriendelike groete,

Castle personeel

Ons Lentedag op 3 September was

11

te mooi. Daar was soveel blommetjiegesiggies,

lieweheersbesies en bye. Julle

SEPTEMBER 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 35
BELANGRIKE DATUMS

14 September: Poppekas

21 September: Skool sluit @ 10:00

09 Oktober: Skool begin

12

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 36
CURRO CASTLE GALLERY

SEPTEMBER 2018

13

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 37
KONTAKBESONDERHEDE

Algemene Ontvangs:

087 287 2586

adminr@curro.co.za

Castle Ontvangs:

087 287 2586

adminr@curro.co.za

Laerskool Ontvangs:

087 287 2586

Charmaine.r1@curro.co.za

Hoërskool Ontvangs:

087 086 4544

Joelene.p01@curro.co.za

Sport:

Jacques van der Merwe

jacques.v1@curro.co.za

Bemarking:

087 287 2586

Rose.m6@curro.co.za

14

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 38
SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 39