13.09.2018 Views

NUUS_K3-Sep 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HOËRSKOOL GEBEURE

graad 11-leerders vir werkskadu.

Baie ure en harde werk loop uit in ons

eerste pantomime ooit en ons hoop

dat almal die opvoering van die jaar

sal bywoon. As die sukses van ons

kooroptrede en ons dramagroep se

Breyten en Blake enigsins iets is om

te gaan, beloof die pantomime om ‘n

bulderende sukses en ‘n ware viering

van kultuur, wat groei in statuur aan ons

skool, te wees. Gedurende die Pretoria

Eisteddfod Kunsprysuitdeling is Cailan

Bloys aangewys as die wenner in die

graad 10-kategorie: fotografie. Mieke

Bolhuis is in verskeie kategorieë as

wenner gekroon en ook aangewys as die

algehele wenner van die kunsafdeling

van die Pretoria Eisteddfod.

Sokker vir beide meisies en seuns,

krieket, landloop, bergfiets, skaak,

binnenshuise hokkie en gholf was die

sportaktiwiteite van die kwartaal. Bo en

behalwe dit is verskeie van ons seuns

besig met rugby- en krieketproewe vir

provinsiale kleure en verteenwoordiging.

Dit maak ons ongelooflik trots. Die punte

en refleksies sal in die sportafdeling van

die nuusbrief gekommunikeer word.

Ons het lentedag behoorlik gevier die jaar.

Ons het die dag afgeskop met die plant

van ‘n boom. Met groot opwinding het

die netbal gevolg, waar slegs die seuns

kon doele aanteken. Ons het voorwaar

ongelooflike talent ontdek. Hokkie en

raakrugby, met dieselfde tipe reëls, het

gevolg. Ons het toe aan beweeg na die

Chariots of Fire-wedren en die dag is met

ons lenteliedjie afgesluit. Al die vieringe

het in huisverband plaasgevind. Die

vraag bly egter – WIE HET GEWEN?

Ons matriekafskeid vind die laaste dag

van die kwartaal plaas. Ons wil graag

die hele gemeenskap uitnooi na die

aankomsparade en die rooitapyt om

17:00 by die skool. Kom kyk na die rokke

en motors voor ons matrieks vertrek na

hul geheime venue.

Soos ons die finale pylvak betree, wens

ek elkeen ‘n welverdiende ruskans toe.

Ek hoop u kom uitgerus terug sodat ons

2018 op ‘n hoogtepunt kan afsluit en die

fondasie kan begin lê vir 2019.

Pieter van Wyk

Head: High School

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!