13.09.2018 Views

NUUS_K3-Sep 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

Ons spandeer die maand van September met opleiding en gesprekke

met ons personeel en leerders rondom ons “anti bullying”- veldtog.

As aandeelhouers in die opvoeding van ons kinders, is ons trots op

hierdie veldtog. Ek nooi graag elke leerder en ouer uit wat hierdie tipe gedrag

beleef het, getuies was van sulke gedrag, of dalk self sulke gedrag openbaar

en hulp verlang, om met enige onderwyser te gesels.

Curro het tablette en e-leer vir die Intermediêre-, Senior- en VOO-fase

vanaf 2014 met gemengde suksesse geïmplementeer. Die meeste ouers en

leerders het hierdie nuwe tegnologie positief ervaar, alhoewel daar enkele

leerders is wat hardekopie handboeke verkies het. Vanaf 2019, sal Curro ’n

gemengde benadering volg met ’n kombinasie van hardekopie handboeke

en e-boeke. Ouers sal toegelaat word om hardekopie handboeke of steeds

die e-boeke, soos voorheen, aan te skaf. Let daarop dat leerders steeds ’n

elektroniese toestel gaan benodig, aangesien onderwysers steeds inhoud

(werkopdragte, notas ens.) slegs elektronies aan leerders se toestelle gaan

stuur. Daar sal geen harde kopie van enige werkkaart/nota vir enige leerder

gemaak word nie. Ek sal binnekort in ’n aparte skrywe die proses van hier af,

aan ons ouers en leerders verduidelik.

Ek bedank graag elke ouer, leerder en onderwyser vir jul toewyding en

harde werk gedurende die afgelope kwartaal. Ons was werklik geseënd met

uitsonderlike prestasies op alle terreine van ons skoollewe. Die onderskeie

hoofde sal in hul afdeling spesifiek hierna verwys. Ek verleen graag erkenning

aan ons hoërskoolleerders wat ure en ure se harde werk ter voorbereiding

van ons eerste pantomime ingesit het. Dit was werklik ‘n genotvolle aand

waarop ons elkeen baie trots kan wees. Ek is opreg dankbaar vir elke ouer en

leerder wat deelgeneem het aan die fondsinsameling met ons kaskardag. Dit

was weereens ‘n reuse sukses – ek sê bloot, BAIE DANKIE! Ek herinner ook

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!