You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
KWARTAAL 4

NUUSBRIEF 10/18
INHOUDSOPGAWE

01 BOODSKAP UIT DIE KANTOOR pg 04

02 HOËRSKOOL GEBEURE pg 09

03 HOËRSKOOL SPORT pg 14

04 HOËRSKOOL BELANGRIKE DATUMS pg 16

05 LAERSKOOL TONEEL pg 19

06 LAERSKOOL SPORT pg 22

07 LAERSKOOL KULTUUR pg 27

08 LAERSKOOL AKADEMIE pg 31

09 LAERSKOOL BELANGRIKE DATUMS pg 32

10 CURRO CASTLE pg 34

11 BELANGRIKE DATUMS pg 36

12 KONTAKBESONDERHEDE pg 37
BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

“Dit is die maand Oktober, die

mooiste mooiste maand!”

C Louis Leipoldt*

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 4
01

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 5
BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

Soos wat ek in die oggend skool toe ry, is dit met verwondering oor

die skoonheid van die sonsopkoms, die bloeisels aan die bome en

God se skepping. Dit is ook dan wat ek met groot waardering en

dankbaarheid opnuut besef hoe bevoorreg ons is dat ons omring word deur

die bosveld hier by Roodeplaat. Dit is my gebed dat u elkeen ’n wonderlike

vierde kwartaal sal hê gevul met pragtige “bloeisels” op pad na die einde van

hierdie jaar toe.

’n Woord van dank aan ons laerskoolpersoneel, leerders en ouers wat ons

kaskardag so ’n reuse sukses gemaak het. Ek het die dag terdeë geniet.

Die vele glimlaggende gesiggies en vreugde onder ons ouers, leerders

en opvoeders, was die hoogtepunt vir my. Die fondse met hierdie projek

gegenereer, sal aangewend word vir ‘n pawiljoendak. Die tennis/netbalbane

is gedurende die vakansie oorgedoen en ek hoop dit dien as aansporing en

motivering vir al ons netbal- en tennisspelers in die maande wat kom. Ons het

ook aan die einde van kwartaal twee, Erfenisdag op ‘n unieke wyse gevier en

ons sal in ons beplanning verseker dat ons 2019- feesvieringe nog groter is.

Ek vestig graag u aandag op die volgende belangrike vergadering:

25 Oktober 2018: Sosiale media-inligtingsessie deur Emma Sadleir –

kundige op sosiale mediareg (moenie hierdie belangrike sessie misloop nie)

31 Oktober 2018: Die Curro Roodeplaat-gholfdag moes ongelukkig tot

Februarie 2019 uitgestel word.

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 6
BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

Ons graad 12-leerders sal Vrydag, 19 Oktober 2018 met hul laaste

saalopening, amptelik aan die einde van hulle akademiese jaar kom. Hierdie

laaste saalbyeenkoms verteenwoordig vir my nie net die einde van ’n

bepaalde hoofstuk nie, maar ook die nuwe begin wat vir ons matrikulante

voorlê. Ek wens graag ons matrikulante alles van die beste met hul finale

eksamen toe.

Ek moedig voorts ook alle leerders aan om hard gedurende die volgende paar

weke te werk om derhalwe goed voorbereid te wees vir die finale eksamens

van 2018.

Ferdi Niemand

*Afrikaanse skrywer en digter

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 7
OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 8
HOËRSKOOL GEBEURE

Hou aan vra HOEKOM?

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 9
02

OKTOBER 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 10
HOËRSKOOL GEBEURE

Met die begin van kwartaal

4, die laaste kwartaal, het

ons as individue bepaalde

verwagtings. Ons verwag ‘n groot oes

en daarom staar ons na die hemele

vir reën. Maar met geloof in gedagte

moet ons die land bewerk tydens dié

finale voorbereidingstyd. Ons het ons

matrikulante wat voorberei vir die

voltooiing van 12 jaar se akademiese

leer. Die graad 11-leerders berei voor en

werk vir ‘n punt wat hulle toegang tot hul

gekose studieveld gaan bied. Die graad

9-leerders benodig die punte om hulle in

staat te stel om die vakkeuses te maak

wat hulle graag wil neem. Die graad 8-

en 10-leerders moet hulle akademiese

prestasies konsolideer.

Om die leerders in staat te stel om met

hul eksamenvoorbereiding te begin,

sal hulle ‘n eksameninligtingsboekie

ontvang. Die boekie sal inligting bevat

soos, wanneer en waar wie skryf, die

duur van die vraestel en afbakening vir

hul betrokke vakke. Die boekie sal die

leerders in staat stel om vroegtydig met

voorbereiding te begin en nie slegs die

dag voor die aflê van ‘n vak nie. Ons

het ‘n ‘n aansporingsveldtog begin in

wiskunde en wetenskap vir die leerders

wat groei toon. Die top twee graad 8- tot

11-leerders, met die meeste groei, sal

dan daarvolgens beloon word.

Die lewe is egter oor balans en die najaag

van uitnemendheid. Geen leerder moet

slegs studeer nie. Ons het daarom begin

met ‘n voorseisoenoefenprogram. U

sou reeds ‘n dokument ontvang het met

die tye en afrigters verantwoordelik vir

die verskillende sportsoorte. Help ons

asseblief tydens die akademiese tyd om

ons leerders aktief te hou aangesien dit

teenproduktief vir akademiese prestasie

ook is.

Ek is bly om aan te kondig dat ons

geskiedenis gemaak het met ons

matriekafskeidsaankoms by die skool.

Dankie aan elke rolspeler wat ‘n bydra

gelewer het om dit ‘m onvergeetlike

aand te maak. Aan me. Sanet van

Wyk en me. Maryke Holtzhauzen, wat

eienaarskap van die matriekafskeid

geneem het, ‘n spesiale woord van

dank. Na die pantomime, het ons groot

verwagtinge rakende deelname met

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 11
HOËRSKOOL GEBEURE

die oog op ons komende kultuurweek

vanaf 22 Oktober. Dit loop als uit op ons

Kultuurgala-aand. Kom wees deel van

die aand. Die datum word weergegee

in die belangrike datumafdeling in die

nuusbrief. In die verlede tydens ons

Sport- en Kultuurmeriete-aand, was dit

hartseer om te sien hoe min ouers die

aand bywoon. Daarom nooi ek alle ouers

en ontvangers van pryse amptelik uit na

die aand om te deel in die verering wat

ons leerders verdien.

Fast Five-toernooi.

Ons is emosioneel as ons dink aan

ons Valediction en finale graad

12-saalopening, waar ons Bon Voyage

gaan sê aan ons seniors en hulle God

se genade en voorspoed toewens met

hul komende eksamen.

Om af te sluit wil ek graag noem dat die

tyd om ‘n verskil te maak, NOU is.

Baie geluk en dankie aan al die leerders

en personeel wat deel was van die

Nasionale Curro 7’s gedurende die

vakansie. Julle het ons op die veld en op

alle ander gebiede, baie trots gemaak.

Baie geluk aan Boipelo Moloisane wat

aangewys is as o/15-dogtershokkiespeler

van die toernooi. Liam Whitehead is

aangewys as speler van die wedstryd in

die wedstryd teen die WP gedurende die

afgelope Iqhawe Rugbyweek. Sammy-

Lee Nel is aangewys as die Gauteng-

Noord B-afdeling se landloopwenner.

Baie geluk aan ons hokkiemeisies wat

onlangs hulle toernooi voltooi het en ons

netbalmeisies vir hulle deelname aan die

Pieter van Wyk

Hoof: Hoërskool

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 12
OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 13
HOËRSKOOL SPORT

03

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 14
CURRO NASIONALE 7’S TOERNOOI

Vanaf 23 September tot 27 September het 42 van ons leerders deelgeneem aan die

Curro Nasionale 7’s toernooi wat aangebied is by Curro Serengeti. Ons leerders het

die Jakarandastreek verteenwoordig wat uit 14 Curro Skole bestaan. Baie geluk aan

elke leerder wat hier deelgeneem het en Curro Roodeplaat se naam hoog gehou

het.

‘n Spesiale woord van geluk gaan aan Lohan Heyl wat verkies is tot die

Nasionale o/18-seunshokkie Curro-span. Boipelo Moloisane is ook verkies tot

die Nasionale o/18-dogtershokkie Curro-span en is aangewys as die beste o/15-

meisiehokkiespeler van die toernooi.

Ons is werklik baie trots op beide Lohan en Boipelo.

RUGBY

Gedurende die vakansie het Liam Whitehead aan die o/15 Iqhawe Rugbyweek

deelgeneem waar hy die Blou Bulle verteenwoordig het. Ons is trots om te sê

dat Liam uitstekende rugby gespeel het en is selfs as speler van die Wedstryd

aangewys is gedurende die wedstryd tussen die Blou Bulle en die Westelike

Provinsie. Ons is werklik trots op jou Liam!

TAEKWANDO

Tydens die afgelope skoolvakansie het Madelene Joubert haarself goed van haar

taak gekwyt en ons naam hoog gehou by die jaarlikse NMA ISKA South African

National Open Championships in Stellenbosch. Ons is sommer baie trots op haar en

haar prestasies:

GRAND CHAMPION in Swartbelt Ope

GRAND CHAMPION in Tradisionele / Kreatiewe Vorme

2 x Eerste plekke (Goud)

3 x Tweede plekke (Silwer)

4 x Derde plekke (Brons)

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 15
HOËRSKOOL BELANGRIKE DATUMS

04

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 16
OCTOBER

VRYDAG 19/10 Graad 12 Finale Saalbyeenkoms

Graad 9 Sistemiese toetse: Huistaal

SATERDAG 20/10 Run & Ride: Roodeplaat Natuur Reservaat

MAANDAG 22/10 Begin van Kultuurweek

DONDERDAG 25/10

Graad 9 Sistemiese toetse: Wiskunde

Emma Sadleir: Sosialemedia (Saal)

NOVEMBER

DONDERDAG 01/11

Kultuur Gala Aand

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 17
OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 18
LAERSKOOL TONEEL

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 19
“Keep your face to the sunshine and

you cannot see a shadow”

– Helen Keller

05

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 20
LAERSKOOL TONEEL

Welkom terug na die Oktober-vakansie! Ek vertrou dat u en u gesin

heerlik gerus het en reg is vir die laaste kwartaal. Die uurglas is vinnig

besig om op die 2018 skooljaar leeg te loop.

Ons jaarlikse kaskar-derby was weereens ‘n groot sukses. Sonder u as ouers se

ondersteuning sou dit nie moontlik gewees het om die rekordbedrag van R150

000 in te samel nie. Hierdie fondse sal aangewend word tot verbetering van ons

skoolterrein en fasiliteite tot voordeel van ons leerders. Die beloofde afdag sal

plaasvind op Maandag, 29 Oktober vir alle graad R-7 leerders. Verdere inligting

rakende die uitstappies sal spoedig met u gekommunikeer word.

Om ons graad 3-leerders te help voorberei vir die Intersenfase gaan hulle begin met

klaswisseling tussen die graad 3 onderwysers. Dit sorg vir groot opgewondenheid

onder die leerders!

Baie geluk aan ons Top 5 akademiese leerders in graad 4-7! Harde werk en

toewyding is beloon.

Alle belangrike datums vir kwartaal 4 sal u in die nuusbrief onder “Belangrike

datums” vind. Let asseblief op die eksamen wat op Maandag, 19 November begin.

U het reeds ‘n eksamenrooster saam met u kind se rapport ontvang maar ons plaas

dit ook in hierdie nuusbrief. Verdere reëlings rondom die eksamen sal teen Vrydag,

2 November aan u gekommunikeer word.

‘n Vriendelike herinnering aan die herregistrasievorms wat by ontvangs ingehandig

moet word indien nie alreeds afgehandel nie. Ek nooi u graag uit om enige

bekommernisse wat u rondom die proses ervaar met my te bespreek.

Baie dankie vir u positiewe ondersteuning teenoor die skool en al die aktiwiteite.

Alta Theunissen

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 21
06

OKTOBER 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 22
LAERSKOOL SPORT

NASIONALE CURRO 7’S

TOERNOOI

‘n Paar van ons Curro Roodeplaat leerders

het die Jakaranda streek by die Nasionale

Curro 7’s gedurende die September

vakansie verteenwoordig. Die Nasionale

Curro 7’s het by Curro Hillcrest in Durban

plaasgevind en die leerders het in die

verskeie sportsoorte, soos netbal, hokkie,

rugby en sokker deelgeneem. Die leerders

en sommige van ons personeellede het

vroeg op Sondag, 23 September vertrek

om aan die toernooi deel te neem. Die

leerders moes gedurende die week teen

die ander Curro streke wedstryde speel.

Die uitspeelwedstryde om die wenners te

bepaal het die Woensdag plaasgevind.

Die o.11 A sokkerspan en die o.13A

netbalspan het hul wedstryde in die finaal

gewen en is as die wenners van die

toernooi gekroon. Die o.11A netbalspan

het die bronsmedalje huistoe gevat.

Die hokkie en rugby het ook baie goed

gevaar, maar was ongelukkig nie onder

die top drie spanne nie. Ons is baie trots

op al die leerders wat Curro Roodeplaat

verteenwoordig het!

ATLETIEK

Die 2019 atletiekseisoen het reeds op

11 Oktober afgeskop met die jaarlikse

interhuisbyeenkoms. Baie dankie aan

al die deelnemers wat ‘n kultuur van

deelname help skep. Die leerders is

met ‘n kleurfees bederf en het die dag

op ‘n hoë noot afgesluit. Ons ouers het

gewys waar die leerders se talente

vandaan kom deur hul deelname aan die

ouerwedloop. Baie dankie dat u gedeel

het in die atletiekgees! Afrigting het

reeds op Maandag, 15 Oktober 2018 vir

die leerders wat deurgedring het tydens

die interhuis, begin. Die oefeninge sal op

Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf

14:15 – 15:00 plaasvind.

TAEKWANDO

Tydens die afgelope skoolvakansie het

’n paar van ons leerders hulself goed

van hul taak gekwyt en ons naam hoog

gehou by die jaarlikse NMA ISKA South

African National Open Championships in

Stellenbosch. Ons is sommer baie trots op

die volgende leerders en hul prestasies:

• Lukert Joubert (Graad 4):4 x Eerste

plekke (goud), 1 x Tweede plek (silwer)

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 23
OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 24
LAERSKOOL SPORT

(Taekwando vervolg)

• Reynard Bezuidenhout (Graad 6): 2 x

Derde plekke (Brons)

• Armand Viviers (Graad 3): 1 x Eerste

plek (Goud),1 x Derde plek (Brons)

11de en 12de plek.

Sulize en Sticky Toffe ontvang ’n 2de, 8ste

en 12de plek.

Wees op die uitkyk vir ons span volgende

jaar!

RYTERSPORT

Baie geluk aan Haylee Duarte en haar perd

Kingsdale Suncatcher wat gedurende die

vakansie deelgeneem het aan Sanesa

Nasionale Kompetisie. Hierdie is die finale

skole ruitersport kompetisie vir 2019, waar

al die provinsies in Suid-Afrika deelneem.

Sy het besonder goed presteer en ons

is trots op haar. Sy ontvang ’n 3de, 6de,

13de en 15de plek.

Baie geluk aan Rashelle Duarte, Shakeira

Lee-Davey en Sulize Hillocks wat

deelgeneem het aan Sanesa Nuweling

Uitdaging gedurende die vakansie. Dit

is die finale skole ruitersport kompetisie

vir 2019, waar al die provinsies in Suid-

Afrika op vlak 0 deelneem. Ons is trots op

jul prestasies.

Rashelle en haar perd Picasso Rentroia

ontvang ’n 1ste, 2de, 4de, 6de and 16de

plek.

Shakeira en Sticky Toffee ontvang ’n 6de,

HOKKIE

Die hokkieseisoen het tot ‘n einde

gekom. Die hokkiemeisies het hul laaste

wedstryd teen Laerskool Bergsig gespeel

en beide die o.11 en o.13 spanne het

gelykop gespeel. Die o.13 hokkieseuns

het hul laaste wedstryd teen Laerskool

Rooihuiskraal gespeel en het ongelukkig

die wedstryd verloor. Beide o.11 en o.13

seunsspanne het ‘n goeie seisoen gehad

en ons is opgewonde om te sien hoe ons

spelers se hokkietalente ontwikkel. Ons

is baie trots op elke speler wat hulle beste

gegee het deur die seisoen. Baie dankie

aan elke speler, ouer en afrigter vir ‘n

wonderlike hokkieseisoen. Ons kan nie

wag om te sien wat volgende jaar vir ons

hokkieseuns en dogters inhou nie.

TENNIS

Ons o.13 seuns tennisspan het besonders

goed gespeel gedurende die afgelope liga.

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 25
(Tennis vervolg)

Hulle het hul eerste vyf wedstryde gewen

maar ongelukkig die laaste wedstryd teen

Laerskool Boerefort verloor. Harde werk

is beloon en ons seuns het ons baie trots

gemaak!

Ons is baie dankbaar vir die nuwe blad wat

die tennisbane gekry het en sien sommer

uit na die 2019 seisoen. Ons poog om

die tennisspan vir alle ouderdomsgroepe

uit te brei en doen ‘n beroep op alle

belangstellende seuns en meisies om hul

name by Me. Nicole Engelbrecht te gaan

opgee.

RUN AND RIDE

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Run and

Ride op 20 Oktober. Die geleentheid word

weereens by die Roodeplaat se Suidelike

Natuurreservaat gehou. Ons beloof

vermaak vir die hele gesin- kom neem

deel of ondersteun! Almal is welkom so

nooi sommer al jul vriende om ook te kom

deelneem. Daar gaan ‘n veilige kinder–

oppashoekie wees waar ons u kind besig

sal hou sodat u sonder kommer aan die

wedren kan deelneem. Verversings sal

te koop wees en elke inskrywing gaan u

‘n wedlooppakkie ontvang. Inskrywings

kan alreeds by die skool gedoen word

of u het die opsie om in te skryf by die

Natuurreservaat op die dag van die

wedloop, Saterdag 20 Oktober. Moenie

hierdie prettige Saterdag misloop nie!

KASKARDAG

Voor ons ons oë kon knip, het

kaskardag aangebreek. Ons grootste

fondsinsamelingsprojek vir die jaar

was weereens ‘n reuse sukses. Die

doelwitbedrag van R110 000 is by verre

oorskry en ‘n rekordbedrag van R150

000 is ingesamel. Graag wil ons elke

leerder, ouer en personneellid bedank

vir hul bydrae en entoesiasme. Baie

geluk aan 3E2 en 7A1 wat per leerder

die meeste geld ingesamel het! Soos

belowe met die bereiking van die

doelwitbedrag sal die graad R -7 leerders

hul skoolafdag geniet op Maandag, 29

Oktober. U sal ook binnekort inligting

rakende die kaskaruitstappies ontvang.

Die geld ingesamel sal weereens tot

voordeel van ons skool en sy leerders

aangewend word. Ons is sommer baie

trots op ons nuwe ablusieblok en sien uit

na die pawiljoen se afdakke!

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 26
07

OKTOBER 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 27
LAERSKOOL KULTUUR

Ons het kwartaal 3 met ‘n vreugdevolle viering van Suid-Afrika se erfenis en kultuur

afgesluit. Dit was ‘n belewenis om die leerders, ouers en personeel in hul kulturele

drag te sien. Ons kan verseker baie trots op ons pragtige land met al sy diversiteit

wees. Kom ons fokus op dit wat ons land spesiaal maak en vier ons verskille, terwyl

ons ons eenheid as Suid-Afrikaners onthou.

Baie geluk aan al die leerders wat aan die verskeie eisteddfods en kulturele

aktiwiteite gedurende die kwartaal deelgeneem het. Ons het baie goeie resultate

gekry en ons is baie trots op elke leerder. Net ‘n vriendelike herinnering om alle

resultate van enige eisteddfods of kulturele feeste waaraan u kind deelgeneem het

na Juffrou Scarlett, scarlett.d@curro.co.za teen 26 Oktober te stuur.

ESKOM EXPO

Baie geluk aan Haylee Duarte met haar besondere prestasie by die Gauteng-Noord

Eskom Ekspo. Sy verwerf ’n goue medalje vir haar badplakker-ontwerp met die

tema: “How to avoid day zero”. Die badplakker word gebruik as ‘n visuele indikasie

en maatstaf wanneer water in ’n bad getap word. Die plakker het drie indikators:

groen, oranje en rooi. Die plakker dien as ‘n bewusmaking vir optimale watergebruik

wat uiteindelik lei tot effektiewe waterbesparing. Dit is ’n eenvoudige maar

doeltreffende ontwerp wat selfs deur kleuters verstaan en gebruik kan word. Haar

goue medalje het ook vir haar ‘n plek by die Eskom Nasionale Ekspo verwerf.

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 28
OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 29
OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 30
LAERSKOOL AKADEMIE

AKADEMIESE TOP 5

Veels geluk aan die volgende leerders

wat die akademiese Top 5 presteerders

in hul graad vir termyn 3 is.

Graad 4:

Jorja Jacobs (89.54%),

Nika Rakesh (89.10%),

Kirsten Barry (88.58%),

Michayla Fysh (85.52%) en

Cara Smal (84.38%)

Graad 5:

Anton Biehler (93.78%),

Danè Mouton (90.47%),

Leaveill Ceylon (89.71%),

Nadia Grobbelaar (86.73%) en

Mark Fourie (81.91%)

Graad 6:

Ria Sookraj (94.58%),

Teagan Dean (91.19%),

Haylee Duarte (90.88%),

Izette Nel (89.58%) en

Inaçio Marques (86.15%)

Graad 7:

Myralene Fourie (94.16%),

Stefan Biehler (90.11%),

Joane van Wyk (86.44%),

Dirk van der Hoff (85.37%) en

Cara Theron (83.80%)

NASIONALE ROBOTIKA

UITDAGING

Ons wil graag van die geleentheid

gebruik maak om die volgende leerders

hartlik geluk te wens met die groot

prestasie wat hulle behaal het om na die

Nasionale Robotika Uitdaging te TUT

deur te dring. Die deelnemers is Gerhard

Korf, Amo Tshoagong en Jason Houy.

Die finale uitslae is nog nie beskikbaar

nie maar die vernuftige span het 110

uit ‘n moontlike 170 punte behaal. Baie

geluk julle!

08

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 31
BELANGRIKE DATUMS

OKTOBER

19 Oktober Swemgala: CBC Mount Edmund

20 Oktober Run & Ride

23 Oktober Graad 3 Sistemiese toetse (Wisk)

24 Oktober Graad 1-konsert

Graad 6 Sistemiese toetse (Wisk)

25 Oktober Emma Sadleir – gevare van sosiale media

26 Oktober Swemgala: Pretoria Chinese Skool

29 Oktober GEEN SKOOL (graad R tot graad 7-leerders)

30 Oktober Musiekdepartement: jaarkonsert

NOVEMBER

2 November Swemgala: Loreto Skool, Queenswood

5 November Meriete-aand: Intersenfase

6 November Meriete-aand: Graad R

7 November Meriete-aand: Graad 2

8 November Meriete-aand: Graad 1 (17:00)

Graad 3 (18:30)

9 November Graad 2-uitstappie: A+ Entertainment

Natuurwetenskap-klub uitstappie: Dinokeng museum

16 November Graad 1-uitstappie: Cradle of humankind

19 November Eksamen begin (Sien eksamenrooster)

DESEMBER

7 Desember Rapporte aan leerders. Skool sluit 10:00

09

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 32
OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 33
“Silence is golden.

Unless you have a

toddler, then it’s just

suspicious”

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 34
CURRO CASTLE

Ons kwartaal het afgeskop met

ons tema ‘Sirkus’ en was dit nou

vol pret en baie vrolik met al die

verskillende kleure hansworse. Ons het

ons Ouma-en Oupadag vir 26 Oktober se

uitnodigings uitgestuur. Onthou asseblief

om vir julle klas se juffrou te laat weet

hoeveel Oupas en Oumas gaan saam

ons talentkonsert kom kyk en ook heerlik

piekniek hou.

wie weet, dalk word een van hul eendag

ook ’n loods.

Groep 5 ouers moet ook asseblief onthou

om die 23ste November uit te boek vir ons

Vat-5-funksie vir ons groep 5 kleutertjies.

Mag hierdie ons kwartaal wees met die

beste herinneringe nog!

Ons nooi ook Leeuwfontein kleuterskool

na ons Poppekas vertoning op 9

November. Hulle is ons uitreik-maatjies

vir 2018. Enige ou, maar skoon skoene,

klere, kombersies en jassies waarmee

julle ’n behoeftige maatjie will help, is

baie welkom. Ons gaan bokse verf, al

die donasies daarin pak en vir hulle gee

wanneer hulle kom kuier.

Vriendelike groete,

Castle personeel

Ons het ook ’n verrassing helikopervertoning

wat op hulle wag. Ons gaan

10

foto’s neem van al ons kleutertjies, want

OKTOBER 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 35
BELANGRIKE DATUMS

20 Oktober: Run-and-ride (inskrywingsvorms by L/S ontvangs)

25 Oktober: Emma Sadleir (Sosiale media en u kind)

26 Oktober: Ouma-en Oupadag

2 November: Snoepie

9 November: Pretdag: Waterglybane en balle-dag

16 November: Bak-en-brou

23 November: Vat-5-funksie

30 November: Curro personeel afsluiting (skool en naskool sluit

@12:00)

7 Desember: Skool sluit @ 10:00

11

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 36
OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 37
KONTAKBESONDERHEDE

Algemene Ontvangs:

087 287 2586

adminr@curro.co.za

Castle Ontvangs:

087 287 2586

adminr@curro.co.za

Laerskool Ontvangs:

087 287 2586

Charmaine.r1@curro.co.za

Hoërskool Ontvangs:

087 086 4544

Joelene.p01@curro.co.za

Sport:

Jacques van der Merwe

jacques.v1@curro.co.za

Bemarking:

087 287 2586

Rose.m6@curro.co.za

12

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 38