19.10.2018 Views

NUUS_T4-Okt 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LAERSKOOL SPORT

NASIONALE CURRO 7’S

TOERNOOI

‘n Paar van ons Curro Roodeplaat leerders

het die Jakaranda streek by die Nasionale

Curro 7’s gedurende die September

vakansie verteenwoordig. Die Nasionale

Curro 7’s het by Curro Hillcrest in Durban

plaasgevind en die leerders het in die

verskeie sportsoorte, soos netbal, hokkie,

rugby en sokker deelgeneem. Die leerders

en sommige van ons personeellede het

vroeg op Sondag, 23 September vertrek

om aan die toernooi deel te neem. Die

leerders moes gedurende die week teen

die ander Curro streke wedstryde speel.

Die uitspeelwedstryde om die wenners te

bepaal het die Woensdag plaasgevind.

Die o.11 A sokkerspan en die o.13A

netbalspan het hul wedstryde in die finaal

gewen en is as die wenners van die

toernooi gekroon. Die o.11A netbalspan

het die bronsmedalje huistoe gevat.

Die hokkie en rugby het ook baie goed

gevaar, maar was ongelukkig nie onder

die top drie spanne nie. Ons is baie trots

op al die leerders wat Curro Roodeplaat

verteenwoordig het!

ATLETIEK

Die 2019 atletiekseisoen het reeds op

11 Oktober afgeskop met die jaarlikse

interhuisbyeenkoms. Baie dankie aan

al die deelnemers wat ‘n kultuur van

deelname help skep. Die leerders is

met ‘n kleurfees bederf en het die dag

op ‘n hoë noot afgesluit. Ons ouers het

gewys waar die leerders se talente

vandaan kom deur hul deelname aan die

ouerwedloop. Baie dankie dat u gedeel

het in die atletiekgees! Afrigting het

reeds op Maandag, 15 Oktober 2018 vir

die leerders wat deurgedring het tydens

die interhuis, begin. Die oefeninge sal op

Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf

14:15 – 15:00 plaasvind.

TAEKWANDO

Tydens die afgelope skoolvakansie het

’n paar van ons leerders hulself goed

van hul taak gekwyt en ons naam hoog

gehou by die jaarlikse NMA ISKA South

African National Open Championships in

Stellenbosch. Ons is sommer baie trots op

die volgende leerders en hul prestasies:

• Lukert Joubert (Graad 4):4 x Eerste

plekke (goud), 1 x Tweede plek (silwer)

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!