19.10.2018 Views

NUUS_T4-Okt 2018

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LAERSKOOL TONEEL

Welkom terug na die Oktober-vakansie! Ek vertrou dat u en u gesin

heerlik gerus het en reg is vir die laaste kwartaal. Die uurglas is vinnig

besig om op die 2018 skooljaar leeg te loop.

Ons jaarlikse kaskar-derby was weereens ‘n groot sukses. Sonder u as ouers se

ondersteuning sou dit nie moontlik gewees het om die rekordbedrag van R150

000 in te samel nie. Hierdie fondse sal aangewend word tot verbetering van ons

skoolterrein en fasiliteite tot voordeel van ons leerders. Die beloofde afdag sal

plaasvind op Maandag, 29 Oktober vir alle graad R-7 leerders. Verdere inligting

rakende die uitstappies sal spoedig met u gekommunikeer word.

Om ons graad 3-leerders te help voorberei vir die Intersenfase gaan hulle begin met

klaswisseling tussen die graad 3 onderwysers. Dit sorg vir groot opgewondenheid

onder die leerders!

Baie geluk aan ons Top 5 akademiese leerders in graad 4-7! Harde werk en

toewyding is beloon.

Alle belangrike datums vir kwartaal 4 sal u in die nuusbrief onder “Belangrike

datums” vind. Let asseblief op die eksamen wat op Maandag, 19 November begin.

U het reeds ‘n eksamenrooster saam met u kind se rapport ontvang maar ons plaas

dit ook in hierdie nuusbrief. Verdere reëlings rondom die eksamen sal teen Vrydag,

2 November aan u gekommunikeer word.

‘n Vriendelike herinnering aan die herregistrasievorms wat by ontvangs ingehandig

moet word indien nie alreeds afgehandel nie. Ek nooi u graag uit om enige

bekommernisse wat u rondom die proses ervaar met my te bespreek.

Baie dankie vir u positiewe ondersteuning teenoor die skool en al die aktiwiteite.

Alta Theunissen

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!