19.10.2018 Views

NUUS_T4-Okt 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LAERSKOOL KULTUUR

Ons het kwartaal 3 met ‘n vreugdevolle viering van Suid-Afrika se erfenis en kultuur

afgesluit. Dit was ‘n belewenis om die leerders, ouers en personeel in hul kulturele

drag te sien. Ons kan verseker baie trots op ons pragtige land met al sy diversiteit

wees. Kom ons fokus op dit wat ons land spesiaal maak en vier ons verskille, terwyl

ons ons eenheid as Suid-Afrikaners onthou.

Baie geluk aan al die leerders wat aan die verskeie eisteddfods en kulturele

aktiwiteite gedurende die kwartaal deelgeneem het. Ons het baie goeie resultate

gekry en ons is baie trots op elke leerder. Net ‘n vriendelike herinnering om alle

resultate van enige eisteddfods of kulturele feeste waaraan u kind deelgeneem het

na Juffrou Scarlett, scarlett.d@curro.co.za teen 26 Oktober te stuur.

ESKOM EXPO

Baie geluk aan Haylee Duarte met haar besondere prestasie by die Gauteng-Noord

Eskom Ekspo. Sy verwerf ’n goue medalje vir haar badplakker-ontwerp met die

tema: “How to avoid day zero”. Die badplakker word gebruik as ‘n visuele indikasie

en maatstaf wanneer water in ’n bad getap word. Die plakker het drie indikators:

groen, oranje en rooi. Die plakker dien as ‘n bewusmaking vir optimale watergebruik

wat uiteindelik lei tot effektiewe waterbesparing. Dit is ’n eenvoudige maar

doeltreffende ontwerp wat selfs deur kleuters verstaan en gebruik kan word. Haar

goue medalje het ook vir haar ‘n plek by die Eskom Nasionale Ekspo verwerf.

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!