You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
KWARTAAL 4

NUUSBRIEF 11/18
INHOUDSOPGAWE

01 BOODSKAP UIT DIE KANTOOR bl 04

02 HOËRSKOOL GEBEURE bl 08

03 HOËRSKOOL BELANGRIKE DATUMS bl 15

04 LAERSKOOL TONEEL bl 16

05 LAERSKOOL SPORT bl 20

06 LAERSKOOL LEERDERRAAD 2019 bl 22

07 LAERSKOOL KULTUUR bl 24

08 LAERSKOOL BELANGRIKE DATUMS bl 26

09 CURRO CASTLE bl 28

10 BELANGRIKE DATUMS bl 30

11 KONTAKBESONDERHEDE bl 31
BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

“Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat

haar kind gebore moes word. 7 Sy het haar

Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom

in doeke toegedraai en in ‘n krip neergelê,

omdat daar vir hulle geen plek in die herberg

was nie.”

- Luke 2: 6, 7*

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 4
01

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 5
BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

Soos wat die jaar einde se kant toe staan, het ek tyd bestee om te reflekteer

op die jaar wat was... van die begin van die skooljaar en die opening van

ons nuwe hoërskool tot by die heel laaste vraestel wat ons laerskool- en

hoërskoolleerders met die 2018-eksamen verlede Vrydag geskryf het. Daar

was soveel hoogtepunte en soveel lesse geleer en baie om op te verbeter.

Ons het gedurende die afgelope prysuitdelings ons leerders se besondere

prestasies erken en ek wens graag elke leerder wat ’n sertifikaat, trofeë of

spesiale toekenning ontvang het, geluk. Die prestasies van ons leerders op

alle terreine van die skoollewe, is die bewys van die harde werk deur almal

betrokke. Die samewerking tussen ouers, onderwysers/afrigters en leerders

staan sentraal op pad na ons strewe om dié skool van keuse in ons omgewing

te wees.

Ek wens graag die personeel wat ons diens verlaat (sien die onderskeie skole

se gedeeltes) alles van die beste toe. Ek is geweldig dankbaar dat ons na ons

onderhoude senior personeel in bykans al die vakatures kon aanstel en ek is

oortuig dat hulle waarde op alle terreine van ons skoollewe gaan byvoeg.

Om ’n skool, bestaande uit drie skole met verskillende karakters, leerders

en ouers te bestuur, verg ’n besondere groep mense en ek bedank graag

my bestuurspan vir hul onvermoeide werk en moeite – soms vra en verwag

ek veel meer as waarvoor jul aangestel is. Aan die hoofde van ons skole

wat aan die hoof van leierskap van ons skole staan, ’n BAIE groot DANKIE

- Elna (Castle), Alta (laerskool) en Pieter (hoërskool), julle is steunpilare en

ek weet dat jul die welstand van ons personeel en leerders op jul harte dra.

Sanet en Hanli (fasehoofde: laerskool) sowel as Dalene en Dirk (fasehoofde:

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 6
BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

hoërskool), dankie vir die belangrike funksies en rolle wat jul by ons skole

vervul – julle maak ’n reuse verskil. ’n Groot woord van dank aan Jacques van

der Merwe (sportbestuurder), Jacques de Villiers (vervoer) en ons tesourier,

Charmaine Miny wat elkeen ’n onmisbare rol in die gladde verloop van ons

skool speel.

Ek wens u en u geliefdes ’n geseënde feestyd toe sowel as ’n voorspoedige

2019. Mag God u en u gesin ryklik gedurende die vakansie seën en mag Hy

aanhou om ons skool in 2019 te seën.

Ferdi Niemand

* Die Bybel

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 7
NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 8
Hou aan vra HOEKOM?

HOËRSKOOL GEBEURE

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 9
02

NOV-DES 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 10
HOËRSKOOL GEBEURE

Geagte Ouers

Met die graad 12-eksamens slegs ʼn

herinnering en met die ander grade

wat sopas hulle onderskeie eksamens

voltooi het, staan ons met ontsag voor

ons Here en Verlosser. Ons is weereens

aan die einde van die jaar waar ons

almal uitsien na die afsluiting van werk

welgedaan of van werk in die proses

van voltooiing. As ek na my-self kan

verwys... is ek altyd ‘n “werk” in die

proses van voltooiing.

Na ‘n stylvolle matriekgroet en die

baanbrekende klokluiseremonie, begin

ons graad 12’s die volgende deel van

hulle reis. Ons wens elkeen van hulle

voorspoed toe. Baie geluk aan elke

ontvanger van ‘n toekenning. Spesiale

gelukwensing aan ons Dux-leerder vir

2018, Chantal van Rooyen.

As u ons sport- en kultuurprysuitdeling

bygewoon het, sou u kon getuig van ons

leerders se veelsydigheid. Die aand was

nie net ‘n viering van uitnemendheid nie,

maar ook van groei en motivering vir ons

komende leerders. Onthou, ons het die

hoogtepunt van ons alliansie gevier.

Ons is reeds ‘n geruime gelede besig

met voorbereiding vir 2019 en ons

is opgewonde om te sien hoe ons

prefekkorps, eienaarskap neem. Hulle

praat nie net nie, maar doen. Ons word

geblameer omdat ons nie tradisies het

soos meer gevestigde skole nie, maar

elke maand besin ons oor wat ons

gedoen het en hoe ons daarop kan

verbeter. Hoe opwindend is dit dat u

kind deel is van die fondasie vir nuwe

tradisies wat besig is om gelê te word.

Die wêreld waarin ons leef, verander

gedurig en dit verskil drasties van dié

wêreld waarin die vorige generasie

grootgeword het. Daarom moet ons,

ons leerders bemagtig ons te groei in ‘n

ewig veranderende oerwoud en om nie

ons foute te herhaal nie.

Dit is met hartseer dat ons van die

volgende personeellede moet afskeid

neem: Me. Sanet van Wyk, wat ons

gelukwens met haar bevordering tot

departementshoof by DSG, me. Maryke

Holtzhauzen met haar aanstelling

as opvoeder in Brunei, me. Luzaan

Broodryk, wat nader aan haar huis ‘n

pos by Maragon aanvaar het en laastens

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 11
HOËRSKOOL GEBEURE

me. Chantelle Claassens, wat haarself

in die privaatsektor gaan begewe. Ieder

en elk van hulle het ‘n hoofrol gespeel

in die lê van die fondasies vir groter en

opwindende dinge wat op die horison

wag. Ons sal altyd dankbaar wees vir

hulle aandeel.

Maar die afskeid gaan ook met ‘n

nuwe begin gepaard. Ons is geseënd,

want God het voorsien en al ons nuwe

aanstellings kan in Januarie 2019 begin.

Hiermee die nuwe aanstellings wat by

ons familie gaan aansluit: Mnr. Dauw

Briedenhann van Menlopark sluit by die

LO-departement aan, me. Lizelle van der

Riet van Silverton Hoërskool sal hande

neem in die Afrikaans-departement,

me. Simone Pillay van New Vision

Secondary School skakel by die Engelsdepartement

in, me. Deidre Koekemoer

van Hoërskool Piet Potgieter sal die

rekeningkunde-departement verryk en

laastens me. Dalene Lotz van Shandong

Polytechnic University in China sal ons

nuwe verbruikerstudie-departement

begin.

Roodeplaat vir die ure se toewyding.

Almal vanaf die terreinpersoneel tot die

fasehoofde mnr. Dirk Steenkamp en me.

Dalene Deetlefs en laaste, maar nie die

minste nie mnr. Ferdi Niemand, die roer

wat ons boot op koers hou. Mag elkeen

n welverdiende rustyd in samesyn met

hulle geliefdes ervaar en met hernude

energie terug keer om die uitdagings van

2019 met passie aan te pak.

My wens vir almal, van die Castle tot

by die hoërskool, is dat God u sal veilig

hou en seën. Ek wens u almal, en vir

Suid-Afrika, ‘n geseënde Kersfees en ‘n

ongelooflike 2019 toe.

Graad 12’s van 2019 – dit is julle jaar!

Upwards and onwards, deur aan te hou

vra: Hoekom?

Pieter van Wyk

Hoof: Hoërskool

Dankie aan elke personeellid aan Curro

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 12
NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 13
HOËRSKOOL BELANGRIKE DATUMS

03 04

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 14
DESEMBER

VRYDAG 07/12 Ontvang rapporte: 09:45-10:00

Skool sluit: 10:00

JANUARIE

WOENS 03/01 Matriekuitslae besikbaar by skool tussen 08:00 - 09:00

DINS 08/01 Graad 8-bekendstellingsdag 08:00-12:00

WOENS 09/01

Skool open

VRYDAG 11/01 Graad 8-kamp te Waterberg Lodge. Vertrek om 08:00

SON 13/01 Curro Roodeplaat gesamentlike kerkdiens te

hoërskoolsaal om 10:00

Graad 8-kamp eindig. Arriveer 14:30 terug by die skool

DINS 15/01 Interhuisswemgala

WOENS 16/01

Assesseringsplanne word uitgestuur

DOND 17/01 Graad 11- en 12-ouerinligtingsaand

VRY 18/01 Interhuisatletiek

DOND 24/01 Graad 8-atoomontploffingskonsert

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 15
NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 16
LAERSKOOL TONEEL

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 17
“The difference between ordinary and

extraordinary is that little extra”

– Jimmy Johnson

04

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 18
LAERSKOOL TONEEL

Eindeksamen is daardie tyd van die jaar

waarna mens uitsien omdat die einde van

die jaar in sig is (en dit afdraende see toe

beteken). Aan die anderkant beteken dit

ook min speeltyd en ure voor die boeke

deurbring. Sterkte aan al ons leerders met

hul finale eksamen vir 2018!

En so nader ons die einde van ‘n besige,

maar suksesvolle 2018 skooljaar…

Baie dankie dat ons regdeur die die

jaar op u knoppie kon druk vir hulp en

ondersteuning, wat ookal die aktiwiteit.

Sonder ouers soos u sou die suksesse nie

moontlik kon wees nie!

Let asseblief daarop dat ons ‘n normale

skooldag op Vrydag, 7 Desember volg.

Leerders moet reeds teen 07:45 by

die skool wees. Ons gaan ‘n amptelike

saalafsluiting hou, gevolg deur n

registerperiode waartydens leerders hul

rapporte sal ontvang. Reëlings vir die

eerste skooldag 2019 asook klasallokasie

sal by die rapporte ingesluit wees. Die

skool sal om 10:00 vir alle leerders sluit.

Ons groet dan ook die volgende

opvoeders en bedank hul vir hul bydrae

tot Curro Roodeplaat: Corlette Fernandez,

Taryn Krige, Amelia Zill en Delanie du Toit.

My gelukwense aan al ons leerders met

onderskeie toekennings op die gebied

van akademie, sport en kultuur. Ons

gelukwense ook aan die nuutverkose

leerderrraad vir 2019. Sien asb. die artikel

elders in hierdie uitgawe.

Baie dankie aan Stephanie Marais wat

ons leerders met ‘n helikopterlanding op

die rugbyveld verras het. Daarna kon die

leerders die binnekant van die helikopter

besigtig. Groot opgewondenheid het

geheers en sommer heelwat leerders wil

nou vlieëniers word!

Belangrike datums vir die eerste twee

weke van kwartaal 1, 2019 sal u ook in

hierdie uitgawe vind.

Let solank daarop dat die skool weer vir

leerders op Woensdag, 9 Januarie 2019

om 07:45 heropen.

Ek wens u en u gesin ‘n geseënde

feesseisoen toe. Mag u die liefde van

ons Hemelse Vader ervaar. Veilig reis en

geniet die vakansie saam met u geliefdes.

Alta Theunissen

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 19
05

NOV-DES 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 20
LAERSKOOL SPORT

HOKKIE

Alhoewel die hokkieseisoen verby is, het ‘n paar van ons onder 12 hokkieseuns

en hokkiemeisies aan die Northerns hokkieproewe gaan deelneem. Die volgende

meisies het in die derde ronde van die hokkieproewe gespeel op Saterdag, 24

November: Mieke Greyling, Larissa Botha, Nikita Sithole en Boiphelo Matlaila.

Die volgende seuns het in die derde ronde van die hokkieproewe op Dinsdag, 27

November gespeel: RJ Mashimbye, Nhlokomo Kunene, Daly Ndlovu, Agcobile

Magwa, Christopher van den Berg, Mohau Ramoshaba en Thamaga Thamaga.

Ons wens al die spelers graag sterkte toe en sien in afwagting uit na die finale

ronde.

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 21
NOV-DES 2018

06

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 22
LEERDERRAAD 2019

Na afloop van ‘n demokratiese verkiesingsproses is die leerderraad 2019 aangekondig.

Baie geluk aan die hoofleiers en leiers!

Seuns

Inacio Marques (Head Boy)

Agcobile Magwa (Deputy Head Boy)

Hayden Basson

Reynard Bezuidenhout

Jason Houy

Gerhard Korf

Kago Letebele

Michael Lovel

Mohau Ramoshaba

Donovan Smith

Amogelang Tshoagong

Ethan van Deventer

Meisies

Mmaskabane Theledi (Head Girl)

Teagan Dean (Deputy Head Girl)

Isobel Boshoff

Haylee Duarte

Mieke Greyling

Khanyi Mahlangu

Boipelo Matlaila

Onneile Matlou

Izette Nel

Ria Sookraj

Tlotlo Tshwagong

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 23
LAERSKOOL KULTUUR

Wat ‘n wonderlike begin vir Kwartaal 4! ‘n Spesiale besoek is aan Curro

Roodeplaat deur Airwork Africa, ‘n helikoptermaatskappy te Wonderboom

gebring. Dit alles was te danke aan Stephanie Marias.

Die leerders het ‘n opvoedkundige toer van die BK117, tweeling-turbine

helikopter, gekry met ‘n opwindende aankoms van die helikopter op ons

skoolgrond. Die leerders en personeel bedank graag die betrokke mense wat

hierdie avontuurlustige geleentheid vir ons leerders gebied het.

KOOROPTREDE TE GABBATA

Wat ‘n voorreg om saam met een van Suid-Afrika se groot Afrikaanse sangers

te kon optree. Dit was ‘n groot oomblik toe Nicholis Louw saam met Curro

Roodeplaat se junior en senior kore die verhoog betree het. Drummer Boy

en Joy to the World is onderskeidelik deur die junior en senior kore saam met

hom uit volle bors gesing. Dit was ook ‘n wonderlike geleentheid vir die senior

koor om hulle eerste verskyning op die verhoog te maak. Daar was groot

opgewondenheid en elke gesig het gestraal. Wel gedaan kore, ons sien uit na

2019 se optredes.

PROPBOX DRAMA

Ons senior Propbox Drama leerders het onlangs aan die Kungwini Eisteddfod

groeps-voordrag deelgeneem. Hulle verwerf 80% hiervoor wat ‘n goue sertifikaat

is. Ons is trots op hulle en wens hulle geluk met die wonderlike prestasie.

Hul groeps-voordrag genaamd “Africa my Africa” het bestaan uit aanhalings van

oud-president Mbeki se toespraak sowel as aanhalings van Dr. Wayne Visser se

gedig “I am an African”.

Hulle kry ook spesiale vermelding vir die manier waarop hul hulself oordra asook

die respekvolle wyse waarmee hul die beoordelaar hanteer.

07

NOV-DES 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 24
NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 25
LAERSKOOL KULTUUR

BIBLIOTEEK

Ons is baie trots om aan te kondig dat ons op 23 November 2018 die amptelike

onthulling van ons skoolbiblioteek gehad het. Ons wil graag hartlike dank

uitspreek teenoor die 2018 Graad 7-ouers vir hul bydraes om dit moontlik te

maak. Die biblioteek is ‘n pragtige lokaal waar die leerders dit sal kan geniet om

te lees, en die Graad 7’s van 2018 te onthou. Dankie ook aan Carine Bolhuis vir

die pragtige kunswerk op die mure. Ons sien daarna uit om die biblioteek nog vir

baie jare te gebruik!

NOV-DES 2018

07

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 26
NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 27
BELANGRIKE DATUMS

KWARTAAL 1 (2019)

8 Januarie Graad 1-leerder en nuwe leerders bekendstellingsdag

(08:00-10:00)

9 Januarie Skool heropen (07:45)

Gesamentlike skoolopening (Laerskool rugbyveld 09:00)

10 Januarie Skool se 9de bestaansjaar

Atletiekoefening (14:15-15:15)

11 Januarie Atletiekbyeenkoms – Laerskool Du Preez van Wyk

13 Januarie Kerkdiens (Hoërskoolsaal 10:00)

14 Januarie Atletiek- en swemoefening (14:15-15:15)

15 Januarie Ouerinligtingsaand (gr R-3) 18:00

Atletiek- en swemoefening (14:15-15:15)

16 Januarie Ouerinligtingsaand (gr 4-7) 18:00

17 Januarie Atletiek- en swemoefening (14:15-15:15)

08

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 28
NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 29
“A toddler can

do more in one

unsupervised minute

than most people can

do all day”

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 30
CURRO CASTLE

Dankie vir ’n wonderlike pret-gevulde Ons het a wonderlike, geseënde Vat-vyf

piekniek saam met julle ouers, ons funksie vir ons groep 5’e gehad. Dankie, Ilse

kleutertjies se oumas en oupas. Dit was en die groep 5 juffrouens vir al julle harde

lieflik om herinneringe te deel en saam te lag

oor dingetjies wat hulle doen, leer en bereik.

werk. Dankie Natasja, vir jou bydrae om van

hierdie dag ’n spesiale herinnering te maak.

Sien die foto’s van die dag wat ons saam

spandeer het.

Ons moet ook totsiens sê vir ‘n spesiale

en besonderse juffrou, juffrou Erna Butler.

Dit was so ’n voorreg om Leeuwfontein Jy het soveel beleggings gemaak in ons

plaasskool uit te nooi na ons Poppekas. kleutertjies se harte en lewens regdeur die

Dankie vir al julle omgee en bydraes om jare van jou onderwys loopbaan. Ons wens

vir die minderbevoorregtes te kan gee. Ons vir jou net die beste toe!

is so trots daarop om deel te wees van ’n

suksesvolle uitreik.

’n Duisend woorde van dankies vir my

personeel vir die jaar. Julle is ’n manjifieke

Ons helikopter verrassing kan nie met

woorde beskryf word nie. Ons weet sommige

van julle moet nog steeds elke middag gaan

kyk waar die helikopter geland het. Dit het ’n

reuse impak gelaat. ’n Spesiale woord van

dank aan Kaptein Steph Marais wat hierdie

wonderlike ervaring vir ons moontlik gemaak

span! Wanneer julle as ouers hier by my

kantoor stop en my komplimenteer oor my

personeel of ons skool, vul julle woorde my

Kerskous tot heel bo.

’n Kind het ’n manier om elke dag in vreugde

te omskep! En hulle het verseker. Ons wens

vir julle net vreugde saam met julle geliefdes

het. Sy was nie bewus daarvan toe die toe oor die Kerstyd. Geniet julle tyd van rus

lemme van die helikopter begin draai, dat ’n en die somervakansie.

09

Wens julle ook ’n

spontane aftel begin het vir die opstyg van wonderlike 2019 toe!

die helikopter nie ....wel daar was ’n paar

aftel kere ...... die finale inspeksie vir opstyg Vriendelike groete,

neem ’n goeie 10 minute of so.

Castle personeel

NOV-DES 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 31
BELANGRIKE DATUMS

7 Desember: Skool sluit @ 10:00

9 Januarie 2019: Skool begin

14 Januarie: Inligtingsaand vir nuwe ouers @ 18:00

10

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 32
KONTAKBESONDERHEDE

Algemene Ontvangs:

087 287 2586

adminr@curro.co.za

Castle Ontvangs:

087 287 2586

adminr@curro.co.za

Laerskool Ontvangs:

087 287 2586

Charmaine.r1@curro.co.za

Hoërskool Ontvangs:

087 086 4544

Joelene.p01@curro.co.za

Sport:

Jacques van der Merwe

jacques.v1@curro.co.za

Bemarking:

087 287 2586

Rose.m6@curro.co.za

11

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 33