06.12.2018 Views

NUUS_T4-Nov_Des 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LAERSKOOL TONEEL

Eindeksamen is daardie tyd van die jaar

waarna mens uitsien omdat die einde van

die jaar in sig is (en dit afdraende see toe

beteken). Aan die anderkant beteken dit

ook min speeltyd en ure voor die boeke

deurbring. Sterkte aan al ons leerders met

hul finale eksamen vir 2018!

En so nader ons die einde van ‘n besige,

maar suksesvolle 2018 skooljaar…

Baie dankie dat ons regdeur die die

jaar op u knoppie kon druk vir hulp en

ondersteuning, wat ookal die aktiwiteit.

Sonder ouers soos u sou die suksesse nie

moontlik kon wees nie!

Let asseblief daarop dat ons ‘n normale

skooldag op Vrydag, 7 Desember volg.

Leerders moet reeds teen 07:45 by

die skool wees. Ons gaan ‘n amptelike

saalafsluiting hou, gevolg deur n

registerperiode waartydens leerders hul

rapporte sal ontvang. Reëlings vir die

eerste skooldag 2019 asook klasallokasie

sal by die rapporte ingesluit wees. Die

skool sal om 10:00 vir alle leerders sluit.

Ons groet dan ook die volgende

opvoeders en bedank hul vir hul bydrae

tot Curro Roodeplaat: Corlette Fernandez,

Taryn Krige, Amelia Zill en Delanie du Toit.

My gelukwense aan al ons leerders met

onderskeie toekennings op die gebied

van akademie, sport en kultuur. Ons

gelukwense ook aan die nuutverkose

leerderrraad vir 2019. Sien asb. die artikel

elders in hierdie uitgawe.

Baie dankie aan Stephanie Marais wat

ons leerders met ‘n helikopterlanding op

die rugbyveld verras het. Daarna kon die

leerders die binnekant van die helikopter

besigtig. Groot opgewondenheid het

geheers en sommer heelwat leerders wil

nou vlieëniers word!

Belangrike datums vir die eerste twee

weke van kwartaal 1, 2019 sal u ook in

hierdie uitgawe vind.

Let solank daarop dat die skool weer vir

leerders op Woensdag, 9 Januarie 2019

om 07:45 heropen.

Ek wens u en u gesin ‘n geseënde

feesseisoen toe. Mag u die liefde van

ons Hemelse Vader ervaar. Veilig reis en

geniet die vakansie saam met u geliefdes.

Alta Theunissen

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!