06.12.2018 Views

NUUS_T4-Nov_Des 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HOËRSKOOL GEBEURE

Geagte Ouers

Met die graad 12-eksamens slegs ʼn

herinnering en met die ander grade

wat sopas hulle onderskeie eksamens

voltooi het, staan ons met ontsag voor

ons Here en Verlosser. Ons is weereens

aan die einde van die jaar waar ons

almal uitsien na die afsluiting van werk

welgedaan of van werk in die proses

van voltooiing. As ek na my-self kan

verwys... is ek altyd ‘n “werk” in die

proses van voltooiing.

Na ‘n stylvolle matriekgroet en die

baanbrekende klokluiseremonie, begin

ons graad 12’s die volgende deel van

hulle reis. Ons wens elkeen van hulle

voorspoed toe. Baie geluk aan elke

ontvanger van ‘n toekenning. Spesiale

gelukwensing aan ons Dux-leerder vir

2018, Chantal van Rooyen.

As u ons sport- en kultuurprysuitdeling

bygewoon het, sou u kon getuig van ons

leerders se veelsydigheid. Die aand was

nie net ‘n viering van uitnemendheid nie,

maar ook van groei en motivering vir ons

komende leerders. Onthou, ons het die

hoogtepunt van ons alliansie gevier.

Ons is reeds ‘n geruime gelede besig

met voorbereiding vir 2019 en ons

is opgewonde om te sien hoe ons

prefekkorps, eienaarskap neem. Hulle

praat nie net nie, maar doen. Ons word

geblameer omdat ons nie tradisies het

soos meer gevestigde skole nie, maar

elke maand besin ons oor wat ons

gedoen het en hoe ons daarop kan

verbeter. Hoe opwindend is dit dat u

kind deel is van die fondasie vir nuwe

tradisies wat besig is om gelê te word.

Die wêreld waarin ons leef, verander

gedurig en dit verskil drasties van dié

wêreld waarin die vorige generasie

grootgeword het. Daarom moet ons,

ons leerders bemagtig ons te groei in ‘n

ewig veranderende oerwoud en om nie

ons foute te herhaal nie.

Dit is met hartseer dat ons van die

volgende personeellede moet afskeid

neem: Me. Sanet van Wyk, wat ons

gelukwens met haar bevordering tot

departementshoof by DSG, me. Maryke

Holtzhauzen met haar aanstelling

as opvoeder in Brunei, me. Luzaan

Broodryk, wat nader aan haar huis ‘n

pos by Maragon aanvaar het en laastens

NOV-DES 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!