13.09.2018 Views

NUUS_K3-Sep 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HOËRSKOOL GEBEURE

Die einde van die derde kwartaal

is in sig. Ons het egter nog ‘n

hele paar opwindende gebeure

wat voorlê.

Ons, as skool, kan die Here loof en

prys vir al die seëninge. Ons leerders

het ongelooflike groei in verskeie

velde getoon. As ek terugdink aan die

prefekvoorleggings en die prefekkamp

in vergeleke met verlede jaar, blyk dit ‘n

ander skool te wees. Die welsprekende

wyse waarop leerders in staat was om

hulle standpunte oor te dra, is werklik

noemenswaardig. Ons het daarin

geslaag om op demokratiese wyse

‘n prefekliggaam te verkies wat die

voortou in 2019 sal neem. Hulle het

verseker my stem. Ons as die Curro

Roodeplaat-familie moet hulle nou ten

volle ondersteun. Die stemproses deur

die prefekte om die leerders wat hul

gaan lei te verkies, is afgehandel. Dit sal

aangekondig word tydens die amptelike

prefekinhuldiging.

Akademies was dit ‘n makliker

kwartaal in teorie weens die feit dat die

kwartaal bestaan het uit minder streng

assesserings. Dit sal weerspieël word in

die rapporte wat aan die einde op die

laaste dag van die kwartaal sal uitgaan.

Neem egter kennis dat dit net van

toepassing op graad 8- tot 11-leerders

is. Die graad 12’s is ‘n heeltemal

ander saak. Die rekordeksamen is

tans besig om afgelê te word en die

leerderterugvoering is positief. Maar,

sien is glo en hulle rapporte sal na die

vakansie uitgedeel word aangesien

hulle tot aan die einde van die

kwartaal eksamen skryf. Lenteskool is

geskeduleer vir die vakansie en leerders

sal deur hulle vraestelle werk. So kan

tekortkominge geïdentifiseer word voor

hulle hul rapporte ontvang. Daarom

moet hierdie poging deur die personeel

benut word.

Baie dankie aan iedereen wat die graad

9-vakkeuse inligtingsaand bygewoon

het. Ons graad 10-leerders vertrek op

hulle jaarlikse Kompaskamp, waar hulle

hulself gaan ontdek en waar hulle ook die

regte pad vorentoe sal bepaal. Vandaar

die naam van die kamp. Gedurende

dieselfde week, sal ons graad 8- en

9-leerders op uitstappies gaan en ons

SEPTEMBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!