15.01.2013 Views

Nuwe en Ou Dinge - AH Bogaards

Nuwe en Ou Dinge - AH Bogaards

Nuwe en Ou Dinge - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

met die vuur van die oordeel gedoop sal word (Matt. 3:12). En dan praat hy van 'n

dorsvloer. Op die dorsvloer sal die koringkorrel bly lê, maar die kaf sal wegwaai in die

wind. Hulle wat nie geglo het nie sal as kaf verdwyn. Hulle wat nie glo nie, behoort

eintlik ook nie tot die volk nie. In die rampsaligheid is daar net 'n klomp kaf, los van

mekaar. Maar in die hemel is daar gemeenskap met mekaar. In die Kerk word dan ook

die mensheid gered. Hulle wat nie glo nie, sal as kaf uitmekaar waai.

Daarom sê Jesus ook in Matt. 28:19: maak dissipels van al die nasies. En dit gaan

terug op die belofte van God aan Abram in Genesis 12:2. En wat sien ons op Pinkster?

Dan kom God om te woon in sy Kerk. Die Kerk is die woonplek van God. In die Heilige

Gees het die Vader en die Seun na ons toe gekom. Dit noem ons ook die koms van die

Koninkryk. Die Koninkryk van God bly in die Kerk. Pinkster is nog nie die einde nie, maar

Pinkster is wel die begin van die einde. En wat is die wonder op Pinkster? Ieder hoor dit

in sy eie taal. Elke volk moet dit hoor in sy eie taal.

Daarom gaan ons die Evangelie ook nie in Afrikaans of Engels verkondig nie. Ek

verstaan wel Engels, maar Engels kom nie by my hart nie. Jy verstaan die Evangelie die

beste as dit tot jou kom in die taal wat jy by jou moeder geleer het. En hierin sien ons

ook die wonderlike eenheid van die Kerk. Dit is 'n eenheid in verskeidenheid, soos die

blare van 'n boom. Aan 'n boom is nie twee blare eenders nie.

Ten slotte moet ons goed verstaan dat Israel nie as volk vernietig is nie. Alleen hulle

wat nie wil luister nie, sal uit die volk uitgeroei word (Hand. 3:23). En dit bring ons by

die uitmonding van die rivier soos ons dit vind in Openbaring 7. In die verse 1-7 lees ons

van die uitverkorenes uit Israel en in vers 8 word die uitverkorenes uit die volkere

genoem.

En so kom ons by die volgende onderwerp: die Kerk en die Drie-eenheid. Hierdie

Kerk wat uit die verskillende volkere versamel word, bring Paulus in sy brief aan die

Efesiërs in verbinding met die drie-enige God. Die groot gedagte van die brief aan die

Efesiërs is die eenheid van die Kerk. Die Kerk is die volk van God; dit beteken die Kerk is

die volk van die drie-enige God. Die Kerk is die ekklêsia, die kahal (O.T.). Dit beteken

die volk van God wat geroep is, wat uitverkies is. Hoe kan ons in die Kerk glo sonder om

in die uitverkiesing te glo! Die Kerk is geroep deur God en dit roep God nou aan.

Hier in die uitverkiesing sien ons die verbinding met die Vader (Ef. 1:2, 3). Maar ook

is die Kerk verbonde met die Seun. Die Kerk is 'n Christelike Kerk. Sy is die liggaam van

Christus (Ef. 5:23). En ook is daar die verbinding met die Heilige Gees. Die Kerk word

ook genoem die tempel van God in die Gees (Ef. 2:21 en 22). Die heerlikheid van die

Kerk is dat sy vasgebonde is aan die drie-enige God. Dit ook so pragtig tot uitdrukking

gebring in die apostoliese geloofsbelydenis.

Ons kan die Drie-eenheid nie verstaan nie. Wel sien ons in die lewe verskillende

merke van die Drie-eenheid, soos byvoorbeeld die gesin wat bestaan uit vader, moeder

en kind, of 'n boom wat bestaan uit wortel, stam en takke, of die lig met sy verligtende,

genesende en verwarmende werking. Nou is dit die opmerklike dat ons in die heidendom

ook nog die swak spore van die Drie-eenheid kan ontdek. Ook in die heidendom kry ons

die gedagte van 'n god. Maar daar is 'n verwronge godsgeloof. Ook die heidene gaan uit

van die gedagte dat daar 'n godheid was wat alles geskape het. Daar is nog iets van 'n

geloof in god, maar van 'n god wat baie ver weg is. Dan is daar by die heidene ook

geloof in die toordokter. Daar word gedink dat hy oor goddelike kragte beskik. En hy is

nie ver weg nie, maar hy woon onder die volk.

En ten slotte sien ons ook by die heidendom die geloof in voorvadergeeste. Die

voorvadergees is die saambindende krag van die stam. Hier kry ons die drieeenheidsgedagte

in verwronge vorm. Nou sien ons dat verskillende Christene op die

sendingveld soms terugval in die mag van die toordokter en in die voorvaderverering. En

daarom moet ons die Kerk verbind aan die drie-enige God.

Toe Christus op aarde was, het die mag van die bose hom saamgetrek in siekte en

besetenheid, en toe was daar veel towery. Christus het toe getoon dat hy groter mag

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!