01.05.2013 Views

Bult - University of the Free State

Bult - University of the Free State

Bult - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Nuus News

Landbou is 50, maar nog ‘n jong kalfi e

Deur Lacea Loader en Stefanie Naborn

Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het in 2008 die

50ste bestaansjaar van die landbouprogram gevier. Dié program

het so gegroei dat ons vandag as een van die leiers in landbouopleiding

in die land beskou word.

Die landboufakulteit is die jongste van sy soort in die

land. Voor die samesmelting van die landboufakulteit,

natuurwetenskappe en bouwetenskappe in 2002 om

een fakulteit te vorm, was landbou ‘n fakulteit op sy eie.

Op ‘n vergadering van die universiteitsraad op 11 April

1949 is besluit dat ‘n fakulteit van landbou ingestel

moet word. Die destydse Minister van Landbou, mnr.

S.P. le Roux, het op 15 November 1955 opdrag aan ‘n

komitee gegee om ondersoek in te stel en aanbevelings

te doen oor die instelling van ‘n landboufakulteit aan

die UV.

“Die vernaamste motivering was dat ‘n landboufakulteit

die sentrale deel van Suid-Afrika moes bedien. Mnr.

Le Roux, wat ook ‘n alumnus was, het hom besonder

beywer vir die totstandkoming van die fakulteit,” sê

prof. Herman van Schalkwyk, dekaan van die Fakulteit

Natuur- en Landbouwetenskappe.

Voor sy uittrede uit die politiek, kon mnr. Le Roux nog

sy ideaal verwesenlik sien toe hy op 21 Maart 1958

die hoeksteenlegging van die nuwe fakulteitsgebou

waargeneem het. By hierdie geleentheid het hy wyse

woorde gespreek wat vandag nog as inspirasie en

rigting aan beide personeel en studente dien: ‘n

Volk wat vir sy Landbou sorg, sorg vir sy toekoms. Dié

woorde pryk op die fontein aan die voorkant van die

gebou.

“Die fakulteit het sy vroeë bestaansjare in die ou

offi siersmenasie by Sunlawns deurgemaak terwyl die

landbougebou in aanbou was. Van die personeel is

begin 1958 aangestel en toe kon die eerste studente

met studies in landbou begin. Met die aanvang van

die eerste klasse was daar slegs sewe ingeskrewe

studente. Die studentetal het na vier jaar honderd

bereik en hierna aanhou groei in voorgraadse en

nagraadse studentetalle,” sê prof. Van Schalkwyk.

Prof. Rabie Saunders was die eerste dekaan en as blyk

van waardering vir sy bydrae tot die daarstelling van die

fakulteit is die fakulteitsbiblioteek na hom vernoem.

Op 19 April 1963 is die indrukwekkende nuwe

fakulteitsgebou amptelik deur die Minister van

Landboutegniese Dienste en Waterwese, mnr. P.M.K.

le Roux, geopen. Dié gebeurtenis was nie alleen ‘n

mylpaal in die geskiedenis van die UV nie, maar ook

in Suid-Afrikaanse landbou. Die gebou, wat bestaan

uit agt blokke van drie tot vier verdiepings, is deur die

Bloemfonteinse argitek Scrysos S. Daneel ontwerp.

Dit is vandag nog ingerig met die mees tegnologies

gevorderde toerusting en die mees moderne geriewe in

die land vir landbouopleiding, sowel as -navorsing.

Met die samesmelting van die landboufakulteit met

natuurwetenskappe en bouwetenskappe, het die nuwe

fakulteit een van die grootste fakulteite aan die UV

geword met 19 departemente, vyf sentrums, ‘n instituut

en ‘n proefplaas. In 2008 het 1 016 voorgraadse

studente in landbouverwante kursusse ingeskryf,

teenoor 969 in 2007 en 897 in 2006.

”Die fakulteit streef vandag steeds daarna om

uitnemende, markgerigte opleiding aan studente te

verskaf, wat hulle gereed maak om hul plek in die besigheidswêreld

vol te staan,” sê prof. Van Schalkwyk.

Heel bo: Hoeksteenlegging van die

Landbougebou op 21 Maart 1958.

Bo: By die loodsing van “50 jaar in landbou”

einde van verlede jaar was, van links: dr. Daan

Opperman, seremoniemeester en direkteur van

Vleissentraal, mnr. Corwyn Botha, Voorsitter:

Landboubesigheidskamer en Besturende

Direkteur van die Kaap Agri Groep, mnr. Hans

van der Merwe, Uitvoerende Hoof: Agri SA, prof.

Herman van Schalkwyk: Dekaan: Fakulteit Natuur-

en Landbouwetenskappe, en mnr. Motsepe

Matlala, President van NAFU.

Heel bo: Die eerste UOVSlandbouverenigingbestuur

en

Universiteit Boerevereniging in

1968.

Bo: Dié beeld aan die westekant

van die Landbougebou toon

‘n man wat sy een hand na ‘n

wolk uitsteek en met die ander

‘n weerligstraal vashou – dit

simboliseer die Departement

Landbouweerkunde.

28 Bult 29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!