01.05.2013 Views

Bult - University of the Free State

Bult - University of the Free State

Bult - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Alumni

Veritas word dertig

Huis Veritas, die stadskoshuis vir mans, vier vanjaar sy

bestaan van dertig jaar met ‘n reünie die naweek van

21-23 Augustus 2009.

Die koshuis het op 6 April 1979 “oopgemaak” met 49

eerstejaars. Die amptelike bymekaarkomplek was in

die Hoofgebou (destyds nog nie ingerig as amptelike

hoofgebou van die UV nie), maar die ou Kaf was baie

meer gewild. Hier kon studente kennisgewingborde oor

aktiwiteite dophou. Huisvergaderings is in die Albert

Wessels-ouditorium gehou.

Leon Janse van Rensburg, die heel eerste “jar” om by

Veritas aan te sluit, vertel van “die Huis in die Vlei” buite

Bloemfontein waar vyf argitektuurstudente gewoon het.

“Daar het alles gebeur, van ontheffings tot rampartye.

Dit was uit die dorp uit en van kampus af, so ons kon

daar doen net wat ons wou. As ons wou oorslaap, was

daar altyd plek. Vandag is dit waar Langenhovenpark is

en daar staan ‘n kerk op die plek.”

Veritas is trots op sy prestasies. Net in 2008 alleen is dit

aangewys as Kovsies se bes bestuurde stadshuis, dit

het gesorg vir die beste mans-eerstejaarsgroep en dit

het die beste presteer met sy geldsake. Dit presteer in

sport, kultuur en ander studente-aktiwiteite op kampus

en van die kampus af.

Vir meer inligting oor die reünie, kontak Stefan Lotter by

084 555 8466.

Kovsies versterk argitek-geledere

Op die jaarvergadering van die Mpumalanga Instituut van Argitekte in Nelspruit was Rudolf en Marti Bitzer

van die Departement Argitektuur die gassprekers. Die insiggewende lesings wat hulle aangebied het, het

baie byval gevind. Agttien van die dertig argitekte in Nelspruit is oud-Kovsies. Net Bloemfontein het groter

Kovsie-verteenwoordiging by die Instituut van Argitekte. Die oud-Kovsies sorg dat die standaard van

argitektuur in Mpumalanga van hoogstaande gehalte is. Hier is, van links, Louis Jonker, Marti en Rudolf

Bitzer, en Sanita en Wouter Mocke.

Tagtig was geleentheid vir ‘n reünie

Vyf oud-redaksielede van Volksblad in Bloemfontein wat meer as vyftig jaar gelede

saam gewerk het toe wyle mnr. Hubert Coetzee die redakteur was, het op 6 Januarie

2009 in Johannesburg Jan van Zyl se tagtigste verjaardag gevier. Vier van hulle is

oud-Kovsies. Van Zyl (voor), wat Volksblad se parlementêre verteenwoordiger was,

het as adjunk-direkteurgeneraal van die SAUK afgetree. Agter is van links: dr. At van

Wyk, geskiedskrywer van Pretoria, wat een van Volksblad se eerste Goudveldse

verteenwoordigers was; Berna Maree, oud-vroueredaktrise, wat 17 jaar vir SA

Panorama in Pretoria gewerk het; Herman le Roux, voormalige sport- en assistent-

redakteur, wat twaalf jaar gelede as assistent- en sportredakteur van Beeld afgetree het,

en Kobus Hamman, oud-hoofsub en -nuusredakteur, wat ook by die SAUK tot adjunk-

direkteurgeneraal gevorder het. Bienkie (Barnardo) Wessels, nog ‘n oud-Volksbladder

by die geselligheid, was afwesig toe die foto geneem is. Van Zyl was in 1951 voorsitter van die Kovsies se Studenteraad en

Hamman in 1954. Herman le Roux, ‘n oud-Tukkie, sê hy het darem twee maande lank nágraads aan die UV geswot! En ná sy

goeie verbintenis met die UV se sportlui oor baie jare het hy ook ‘n sagte plekkie in sy hart vir Kovsieland. – Bydrae deur Herman

le Roux, foto: André Liebenberg

Alumni-nuus

66 Bult 67

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!