01.05.2013 Views

Bult - University of the Free State

Bult - University of the Free State

Bult - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Nuus News

Kovsies se dramadepartement

laat waai

Deur Margaret Linström

“Ja, jong, dit woel hier!” Aan die woord is die trotse hoof van die Departement Drama en

Teaterkuns, prof. Nico Luwes, oor sy departement se onlangse gesonde oes prestasies.

Nie net het die departement ‘n klein plasie se prys in

beurse losgeslaan nie, maar daar was ook meer as ‘n

handvol toekennings. Dan het die departement ook

met ‘n paar van sy produksies na die platteland getoer,

en lê daar nog die deelname aan ‘n paar kunstefeeste

vanjaar voor, om nie te praat van al die produksies wat

in 2009 op die Kovsiekampus op die planke gebring

gaan word nie.

Dit maak ‘n mens uitasem net om dit alles op te noem,

maar as jy kyk na die energieke teaterman voor jou (wat

elke nou en dan opspring om ‘n nommer op die selfoon

te soek of ‘n program te gaan uitdruk of iemand te bel

vir inligting) dan sien jy (spring)lewende bewys van die

gesegde: “Real success is finding your life’s work in the

work that you love.”

Dít beaam die professor onmiddellik as jy hom vra

hoe die departement dit regkry om Kovsies se naam

keer op keer hoog te hou in ‘n bedryf wat bekend is

daarvoor dat dit “cut throat” is. “Almal hier is lief vir hulle

werk en daarmee saam gaan goeie spanwerk.” Byna

al die dosente het ‘n professionele teateragtergrond.

Watter soort bestuurstyl bring hierdie resultate voort?

“Ek loer nie oor hul skouers nie en ek hou hulle nie

artisties terug nie – ek sê, laat waai!”

Vir prof. Nico gaan dit allermins oor homself. Dit gaan

oor die studente en die dosente en die bevordering

van die kunste. Oor sy studente kan hy nie uitgepraat

raak nie. Hy vertel graag van die R150 000 se beurse

wat die departement van die Nasionale Kunsteraad vir

sy eerstejaars ontvang het. “Die afgelope paar jaar het

ons maar tussen R50 000 en R60 000 gekry, en vanjaar

het dit verdubbel.”

Eers as jy hom daarna uitvra, vertel hy dat hy ook by

die Nasionale Kunsteraad ‘n toekenning ontvang het vir

die skryf van die toneelstuk Don’t shoot the messenger,

wat as deel van die Darwin-herdenkingsprogram

ingestudeer word. Die toneelstuk, wat prof. Nico as

“opspraakwekkend” beskryf, se première was in

Maart vanjaar in die Wynand Mouton-teater op die

Bloemfontein-kampus.

Ook is daar die R100 000 wat die departement van die

Nasionale Kunsteraad ontvang het vir die ontwikkeling

van ‘n musiekblyspel vir tieners wat ook op die

Volksblad-kunstefees gaan speel. Dit is juis op dié fees

waar die departement sy skoene meer as vol staan.

Die lede van die departement is deel van die artistieke

komitee, hulle is betrokke by die beplanning, by die

voorsiening van infrastruktuur en die studente help met

die tegniese aspekte van die fees.

Die departement glo ook daaraan om terug te

gee aan die gemeenskap en as deel hiervan word

voorgeskrewe werke by skole opgevoer. Hiervoor is

daar ook fondse van die Nasionale Kunsteraad ontvang

wat regisseur Michelle Luwes vir die opvoer van Reza

de Wet se Mis kon aanwend. Mis is ‘n voorgeskrewe

werk vir graad 12-leerders en die stuk het ‘n week lank

vol sale in die Wynand Mouton-teater op kampus

getrek. Mis was ook in Klerksdorp en Potchefstroom

‘n groot sukses. Vanweë die sukses hiervan het die

departement nog ‘n werk aangepak: Die potlooddief

en die engel van A.S. van Staden, wat voorgeskryf is

vir graad 11-leerders, word vanaf 18 tot 20 Maart in die

Scaena-teater opgevoer.

Prof. Nico sê dié geleenthede word ook gebruik om

reklamemateriaal van die departement aan leerders uit

te deel. “’n Mens weet nooit wanneer jy mense vir die

kunste kan werf nie,” sê hy.

‘n Ander inisiatief van die departement om mense na

die teater te lok is die nuwe Klub Theatron. Nog iets

waarop prof. Nico ooglopend trots is, is die nagraadse

studente. Hy vertel breëbors van een van sy studente,

Kea, wat werk doen by ‘n hospice vir weeskinders op

Hertzogville. Kea gee drama-opleiding aan kinders.

Die opleiding kulmineer in ‘n drama-opvoering deur

die kinders wat handel oor lewensvaardighede en die

voorkoming van MIV/Vigs.

Ook met navorsing wikkel die departement. Prof. Nico

sê daar is tans vyf magisters by die departement

geregistreer, en hulle spog ook met twee doktorale

studente. “Albei die proefskrifte handel oor baie

interresante onderwerpe. Karrabelo Leka Lake kyk na

die tekort aan swart vroulike regisseurs in Suid-Afrika,

terwyl Kingdom Moshounyane devising theatre as

onderwerp het.”

Die departement was gereeld in die nuus met

die sukses wat behaal is met die Sanlam-prys vir

Afrikaanse teater, oftewel SPAT. Die wenprys is die

grootste in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse

teater vir die ontwikkeling van nuwe Afrikaanse

teaterproduksies. Kovsies se dramastudente het in

2005, 2007 en 2008 met die louere weggestap. Vanjaar

gaan die span van Kovsies met die bekroonde skrywer

Jeanne Goosen se Spokie Snygans probeer om vir

‘n vierde keer die ander departemente se stertvere te

pluk.

Prof. Nico se laaste woorde beaam dít wat die meeste

mense reeds lankal vermoed: “Ons kan regtig nie kla

nie. Dit gaan goed met die kunste by Kovsies!”

16 Bult 17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!