You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Alumni

Therese wil nog magic maak

Daar is velerlei aspekte waaraan ‘n mens geken kan word. ‘n Kapenaar het

die aksent. ‘n Boer dra vellies. ‘n Sjef het dalk ‘n meelstreep op die wang,

maar Therese Benade verras met elke rol wat sy speel. Elke projek wat sy

aanpak... Cindé Mostert het met haar gepraat.

Menige Suid-Afrikaner ken haar steeds as Katryn.

‘n Handvol dink sy is Astrid van Villa Rosa. ‘n Ander

groep herroep ‘n karakter van Home Affairs. Vir haar

studentemaats was sy die blommekind en vir die

kinders van die Abraham Kriel-kinderhuis is sy hulle

ander ma. By die huis en in haar hart is Therese

bloot wie sy is. Immer besorg. Eindeloos nuuskierig.

Innemend en belangstellend.

Therese het haar skoolloopbaan in Escourt voltooi

voor sy in 1995 aangesluit het by Kovsies se Dramadepartement.

Daarna het sy ‘n draai of wat oorsee gaan

maak. In ‘n restaurant of twee se kombuis gearbei. Die

rol van ‘n leeftyd losgeslaan. En ‘n bekende gesig in

Suid-Afrikaners se televisiekamer geraak. In haar eie

binnekamer, gesels sy so:

Wat het jou laat besluit om by Kovsies te studeer?

Ek is die jongste van drie kinders en het maar agter die

ander twee aangetrek.

Positiewe dinge wat jy van jou studentedae koester?

Dat ek oral heen kon stap. Die wonderlike tye in die

Wynand Mouton-teater en die kaf se tjips! Kuier by

maats in hulle koshuiskamers. En rondry op my ligblou

poegie... een met sulke spierwit daisies op!

Waaroor het jy op skool gedroom? Om my eie perd

te hê (ek gaan nog eendag!). Om die wêreld te sien.

Om ‘n wetenskaplike te wees. Of, nee, ‘n sielkundige.

Dalk ‘n prokureur. Nee, die eerste vrouepresident. Um,

sukses?

Toe wen drama? Ek het daaroor gedroom, maar

gedink ek is heeltemal te skaam daarvoor. Ek het geen

blootstelling daaraan gehad nie.

Dink jy akademiese opleiding het ‘n plek in

die kunste? Mmm. Ek dink dis belangrik om ‘n

verwysingsraamwerk te hê waarbinne jou eie kreatiwiteit

kan groei en ontwikkel. Ook: sonder kennis van

wat was, hoe weet jy wat moet kom? Goeie tegniek

vervolmaak ook enige kreatiewe proses. Meel sonder ‘n

resep is tog nie klaar koek nie, of hoe?

Hoe het jou akademiese opleiding jóú gebaat in jou

loopbaan? Dit het my die tegniek gegee om op staat

te maak. My geleer hoe om uit my dop te klim en met

vertroue te werk. Dit het my respek gegee om iets wat

al vir so lank beoefen word, met ambisie na te volg. Op

die regte manier, en vir die regte redes.

Wat was die Therese van tien jaar gelede se drome?

Om aktrise te wees. Om op groot filmstelle te kan werk,

te sien en ervaar hoe ‘n mens magic maak.

As jy terugkyk oor die afgelope tien jaar, hoe voel

jy oor wat jy gedoen het? Trots. Met goeie vriende

en familie se ondersteuning, was ek braaf genoeg om

te spring sonder om te wonder of ek kan vlieg. Ek het

baie gesien, gevoel, gehuil, gelag – ek kon eerlikwaar

nie vir ‘n beter lewensreis gevra het nie. Dit was tegelyk

swaar, onverwags, lekker, moeilik en ongelooflik. Ek kan

steeds nie glo hoe wonderlik geseënd ek was en elke

dag is nie: om te kan bestaan met dit wat ek wil doen

en wees.

Wat is jou drome vir die volgende tien jaar? Om met

respek en liefde omring te wees, en met passie te leef...

Om nooit te vergeet hoe dit in die wings voel terwyl jy

wag vir jou beurt om op die verhoog te stap nie!

As jy enigiets kan bydra tot jou alma mater, wat sou

jy graag wou doen? Vir hulle wou fluister om braaf

en verdraagsaam te wees. Om hulle vlerke so wyd as

moontlik te sprei, en die wêreld om hulle aan te durf en

te verken. Om jonk en vry te wees is so kosbaar – net

jammer ‘n mens besef dit gewoonlik te laat! Moenie

bang wees om te waag nie – jy maak jou eie sukses.

Moenie bang wees om te vra en te leer nie.

As jy enigiets behalwe ‘n aktrise kon wees, wat sou

dit wees? Juis daarom is ek een – ek kan maak of ek

enigiets en alles is. Maar in my volgende lewe kom ek

terug as ‘n rock-ster!

Wat laat jou hart vinniger klop? Mooi goed. Wanneer

die mooi man in my lewe onverwags vir my kyk. En

mense wat regtig gelukkig is.

En warm onder die kraag? Mense wat nie dink aan

gevolge en ander se gevoelens nie (en daaraan was

ek self al baie keer skuldig). Mense wat nie moeite

waardeer nie.

As jy een les vir die mensdom kon leer...? Jy’t net

een kans om jy te wees... en om “te wees” teenoor

ander. Respekteer en geniet dit.

Het jy daardie les geleer? Ek doen nog steeds elke

dag. Ek hoop ek hou nooit op nie.

En dan het ons nog nie uitgekom by haar skeppings

in die kombuis. Haar stiptelikheid, werksetiek,

uithouvermoë en die feit dat sy altyd dink sy kan nog

iets leer. Dat die enigste drama queen die een is wat

haar karakters van haar vereis om te speel. En omdat

sy skaam en nederig met elke ou omie en klein kind

praat wat gou wil hoor of “Katryn nou happy is?”

74 Bult 75