01.05.2013 Views

Bult - University of the Free State

Bult - University of the Free State

Bult - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Nuus News

Na maande van oortuiging (lees soebat) kom die e-pos toe: dit is reg vir Dinsdag, so 3 uur. Intussen het ek al

sy afskeid op 13 Februarie met ‘n uitvoering van die Odeion Strykkwartet bygewoon om my te bewapen, as

die onderhoud nie ‘n werklikheid sou word nie. Daardie Dinsdag maak Frederick Fourie, uitgetrede Rektor en

Visekanselier, by sy huis in Dan Pienaar, Bloemfontein, gewilliglik ‘n venster oop op ‘n sy van die mens wat ‘n

verbintenis van 38 jaar met die UV het, deur moeilike tye, maar ook vreugdevolle tye.

Waar begin jou verbintenis met die UV?

Behalwe dat hy in ‘n ‘akademiese huis’ groot geword

het met sy pa die eerste hoof van die Departement

Handel, was hy as musiekmens reeds as skoolkind by

die UV betrokke. Hy en sy broer, Pienaar, het reeds op

skool die universiteitskoor met tjello en viool begelei.

Hoe het jou pad geloop? “Ek het nie geweet wat

ek wou swot nie. Ek wou nie musiek swot nie – ek wou

nie my liefde vir musiek bederf deur dit ‘n werk te maak

nie. Ek het nie geweet of ek argitektuur, B.Com of B.Sc

wou swot nie. Toe swot ek maar B.A. met Wiskunde,

Ekonomie en Filosofi e as hoofvakke. En dit het goed

uitgewerk!”

Daarna het sy loopbaan ‘n pad gevolg via Harvard tot

professor in 1982. Sy bestuursloopbaan begin in 1994,

Frederick Fourie – net mens

Deur Leatitia Pienaar

as departementshoof van Ekonomie. Vanaf 1997 is hy

dekaan, in 1999 viserektor, en vanaf 2003-2008 rektor –

‘n fase in sy loopbaan wat hy in 2008 afgesluit het.

Daar was soveel hoogtepunte in sy

topbestuursloopbaan van tien jaar, dat dit moeilik is

om net sekeres vas te pen. Daarom wil ek weet van die

hoogtepunte wat oor, sê, twintig jaar nog vir hom sal

uitstaan.

“Die Eeufeesvieringe in 2004 sal altyd vir my uitstaan.

Ek was bevoorreg om toe rektor te wees. Dit was ‘n

wonderlike belewenis… die besef van ‘n waarlik ou

universiteit, die eregraadtoekennings, die opening

van die Eeufeeskompleks, die vieringe voor die

Hoofgebou, die afsluiting met die vuurwerkvertoning,

die bekendstelling van die geskiedenisboek. Dit

Photo: Leatitia Pienaar

was wow-oomblikke vir ‘n trotse instelling. Pragtige

momente wat my altyd sal bybly. Dan was daar ook die

herinrigting van die Hoofgebou, die fi siese omgewing

wat so skouspelagtig verander het en ‘n ‘nuwe’ kampus

gelewer het…” Te veel om op te noem.

Maar die laagtepunte, wat jy wil vergeet? “Die

Reitz-goed. Die vandalisme een week en die Reitz-video

‘n week later. Die slegte (en onnodigheid) daarvan,

en die onverdiende skade aan die UV se beeld as ‘n

progressiewe, denkende plek, sal ek nooit uit my gestel

kry nie. En die stiksienigheid van politici en sekere

alumni wat alles probeer behou, maar in die proses

alles kan verloor. Hulle besef nie hulle gaan dalk alles

verloor as hulle ‘tradisies’ net so wil behou nie. Die UV

kan veeltaligheid verloor. Die protesaksies het grense

oorgesteek van wat die UV moet en kan wees. Ons was

so naby daaraan om iets wonderliks reg te kry.

As jy oor 20 jaar terugkyk, waarvoor sal jy

onthou wil word, as jy alles afstroop? “Ek sal

eerstens graag onthou wil word vir die versterking van

die akademie, vir die sterk uitbou van die navorsing,

en die akademie as loopbaan. Sommige sal altyd die

fi nansiële draaistrategie onthou. Maar dit was bloot

‘n middel – weliswaar ‘n essensiële en dramatiese

een – tot ‘n doel: ‘n akademiese draai na ‘n baie

goeie universiteit met baie goeie onderrig, navorsing,

steundienste en fasiliteite. Die plan het daaroor gegaan

om die UV ‘n hoë-gehalte plek, met hoë-gehalte mense

en ‘n uitstekende kampus, te maak. Navorsing moes

die ruggraat wees, met genoeg robuustheid ingebou.

Ons sien reeds iets daarvan in die sterk groei in

navorsingsuitsette, asook die strategiese akademiese

klusters. Ek sal graag wil sien of die kluster-inisiatief

werk. As dit suksesvol deurgevoer word, kan die UV in

5-10 jaar ‘n wêreldleier in die klusterareas wees.”

Die ander groot projek was oor diversiteit en

transformasie. “Ons het ‘n wonderlike pad geloop met

die uitgebreide veeltaligheidsbeleid, kreatiewe denke

oor billike indiensneming, die intitisionele handves en

die beleid oor diversiteit in koshuise. Daar is ontsettend

baie intellektuele werk ingesit rondom hierdie aspekte

– om nuwe moontlikhede te ontdek, om nie vas te val

in òf-òf denke nie. “Ons het ‘n model vir ware nierassigheid

probeer skep. Die konsep van ‘n sense of

belonging staan sentraal hierin. Ons wou iets anders

doen en nie net reseppies vir transformasie toepas nie.

Die pad is nog onvoltooid.

”So, ek is hartseer dat die werk nog nie afgehandel is

nie. Maar ek besef ook dat groot kulturele veranderinge

tyd neem, selfs dekades. As ek eendag terugkyk, sal

ek nuuskierig wees om te sien of die benadering van

inklusiewe diversiteit en veeltaligheid die toets van die

tyd deurstaan het, en of ‘n institusionele handves dit

soos ‘n grondwet kan onderskraag. Ek hoop nie die

droom van ‘n tuiste vir almal sal verbrokkel nie.”

Nou kom ons by die mens, Frederick Fourie.

Almal weet van sy liefde vir musiek en sy passie vir

motorfi etse – ja, hy ry nog sy motorfi ets. Hy het nadat

hy sy pos ontruim het lang tye in sy tuin deurgebring en

dit as’t ware herskep. “Dit was terapie. Dit is wonderlik

om tuin te maak, veral die kreatiewe deel daarvan.

Sonder vergaderings.”

Frederick sien homself ook as “sendeling” vir ernstige

musiek. Hy wil veral sien hoe die musiek-boodskap

na elke dorp en township in die streek uitgedra word.

Sy belangstellings is eintlik te veel, en moontlik kry hy

nou tyd daarvoor tussen navorsing en konsultasiewerk

deur. Ontwerp is ‘n passie. “Ek vrek oor ‘n mooi gebou

of ‘n mooi motor. Dit was wonderlik en kreatief om by

die herinrigting en ontwerp van geboue op die kampus

betrokke te wees.”

Wat van die pad vorentoe? “Die plan is om

terug te gaan akademie toe. Ek gaan navorsing,

studieleiding en konsultasiewerk doen in byvoorbeeld

mededingingsbeleid – een van my spesialisvelde. Ek is

‘n gewone mens, ‘n akademikus en wil dit doen. Dit sal

lekker wees om weer op ‘n ander vlak ‘n bydrae te lewer

tot die UV – nie as rektor met al die bagasie van die

amp nie, maar bloot as akademikus. Ek wil nie ophou

bou aan die plek nie.”

10 Bult 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!